6.5x55 s vs .260 Rem

Post Reply
Johanswarts

6.5x55 s vs .260 Rem

Post by Johanswarts »

Terwyl ons nou op die vs topics is met n poor threads, het ek die vraag. Ek soek n geweer wat ek van die rak af kan koop wat die volgende doel moet doen.

1. n Wapen wat ek die heeldag op die range kan sit mee en skiet;
2. n Varmint/plaagbeheer wapen;
3. Waarmee ek ver afstand skote op kleiner wild kan vat (springbokke), sonder om die bokkie kastoe te skiet;
4. Waarmee ek die gemsbok ook op 300m kan skiet;

Ek kyk na twee wapens. Die Sako 85 Varmint en die Tikka T3 Varmint. My hart is op die sweed (6.5x55). Ek is nie mal oor die sintetiese kolf nie so soek eintlik die sako, maar die sako kom slegs in .260 rem en die Tikka in 6.5x55. Aggeneeee.

Ek wil nie graag groter as 6.5mm gaan nie, en my broer het weer die 25.06 Tikka varmint so wil ook nie regtig in die 6mm kategorie gaan nie.

Het enige iemand ervaring met die 260 rem ? Dit moet n uiterse veelsydige kaliber wees as dit op die 308 gebaseer is. Maar is dit n replacement vir die OU Sweed ?

Groete.
Post Reply