Page 1 of 1

Knaldempers toegelaat

Posted: Tue May 10, 2011 7:23 pm
by Monrique (SJ)
Naandse manne en dames

Ek wil graag namens n vriend by julle manne uitvind of onse mense van die RSA n knaldemper mag saamvat Namibie toe om mee te jag? Indien wel is daar enige dokumentasie wat nodig is wat dan die wapen moet vergesel?

Groetnis

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Tue May 10, 2011 8:18 pm
by 243Songdaug
SJ

Moet hom net nie by die geweer pak nie, nie in dieselfde tas of sak nie.  Die klomp op die grens het ons al lekker strooi gegee - so tans ry die kd's saammet die slagmesse en ander goed oor die grens.

Hulle wou papiere gehad het vir die KD's maar hulle kon ons nie se watter forms dit presies is nie - ek dink hulle het maar net van die blou vorms met buffelkoppe op gehad het.

Groete
Songdaug

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Tue May 10, 2011 8:39 pm
by Monrique (SJ)
Thanks mater, kan man hom maar tussen die klere pak?  Sal hom se.

Groetnis

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Tue May 10, 2011 9:22 pm
by tripodmvr
Klink my die toolbox is beter - lyk soos tailpipe vir exhaust. In jou klere kan dit vir vibrator raakgesien word.

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Tue May 10, 2011 10:31 pm
by Francois Briedenhann
Oom jaco ek was vanand by oom ma oom was nie daar nie. Wou graag weet waneer oom vir my kan herlaai anders gaan ek nie die winter verder kan jag nie!! 

Groete FB

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Wed May 11, 2011 10:02 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir die reply's manne ek waardeer dit!!

Groetnis

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Thu May 12, 2011 12:09 am
by 243Songdaug
Naand ou Francois.

Kom draai Donderdagaand, dan praat ons - ek sal weer volgende week 'n geleentheid he vir punte en goed van Bloem af.

Groete
Jaco

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Thu May 12, 2011 7:33 am
by Francois Briedenhann
More oom jaco. 

Ok ek sal biekie kom draai swaai daar by oom. Dankie.

Groete

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Sat May 14, 2011 10:28 am
by tokkels
tripodmvr wrote: Klink my die toolbox is beter - lyk soos tailpipe vir exhaust. In jou klere kan dit vir vibrator raakgesien word.
Nou waarvoor wil julle manne 'n vibrator saamvat op jag..... mmmmm... ;D

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Sat May 14, 2011 2:38 pm
by Francois Marais
SJ

Hier by ons is iks nodig vir n KD nie, jy kan hom he en niemand kan jou iets maak nie......

Jaco

As dit hier by ons oppi grens was moes jy hom gese het hy moet die wetgewing vir jou wys......

Mooi loop
Francois

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Sat May 14, 2011 5:55 pm
by Monrique (SJ)
Oom Leeu

Baie dankie ek sal dit so oor dra aan my mater.

Groetnis

Re: Knaldempers toegelaat

Posted: Mon May 16, 2011 9:34 pm
by Boesman
Francois is doodreg. Dreig hom met 'Complaints and discipline'.