Page 1 of 1
308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Thu Jun 04, 2015 9:57 am
by philipmoolman
More manne,
Hoop julle het darem al biltong.Miskien kan iemand my dalk help.
Vanoggend het ek 3 ladings gaan toets,ek kon nie my chrony gebruik nie agv tyd.
1.43.0 gr S355 ( 4 skote waarvan 3 so 28mm was ,1e een was laer as ander 3)
2.43.5gr S355 baie bont
3.44.0 gr S355 (3 binne 22mm en saam met 4e 33mm)
Die klein lyk my is vol fiemies.
Ek wil graag weet wat die verskillende snelhede kan wees,ek kry my QL eers Saterdag)
Geniet n koue jagnaweek
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Thu Jun 04, 2015 11:14 am
by tripodmvr
Daar is gans te min inligting om 'n raai te waag. Kyk na "Riglyne vir QL" en jy sal verstaan hoekom ek so sê.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Thu Jun 04, 2015 11:24 am
by philipmoolman
Dankie Tripod,
Sal more my chrony reg opstel
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 9:37 am
by philipmoolman
Vanoggend se stats:
44.3gr S355 150gr Claw (2569,2558,2562 en 2531 vt/s) groot groep
44,6gr S355 150gr Claw (2569,2558,2601 vt/s) beter groep
44,9gr S355 150gr Claw (2593,2570,2621 vt/s) horisontale spread 35mm en vertilaal 12mm
Dink julle ek moet met die diepte speel met die laaste lading
Ek kan nog baie opgaan en volgend my statistieke behoort 46.7gr S355 my n spoed van ongeveer 2700vt/s te gee (my gem V/C = 57.73)
Groete
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 9:43 am
by tripodmvr
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
Philip, gaan loer hier vir die inligting wat benodig word.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 9:51 am
by Eugene
Phillip, ek het op 'n stadium ook S355 probeer in my 308 met baie gemengde resultate. Om die regte nodespoed te kon bereik, moes ek basies van 'n saamgeperste lading gebruik maak.... Vir my werk S335 baie beter en ek kry op amper elke lading 'n ES van onder 15 en groepe van onder 25mm. Is daar 'n spesifieke rede waarom jy S355 wil gebruik?
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 10:50 am
by philipmoolman
Eugene wrote:Phillip, ek het op 'n stadium ook S355 probeer in my 308 met baie gemengde resultate. Om die regte nodespoed te kon bereik, moes ek basies van 'n saamgeperste lading gebruik maak.... Vir my werk S335 baie beter en ek kry op amper elke lading 'n ES van onder 15 en groepe van onder 25mm. Is daar 'n spesifieke rede waarom jy S355 wil gebruik?
Eugene,
Ja,ek kry aanvaarbare resultate met S335,maar my broer het my ook vertel van die S355 'compressed loads' wat goed werk met die 308.My twist is 1 in 12'',dink jy ek sal dalk tot 180gr met S355 regkom en wat is jou ladings ?
Groete
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 11:16 am
by LUAN
S355 werk lekker met die swaarder koeels jy kan liewers hou by S335 vir 150gr en ligter en ook S321.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 12:18 pm
by Eugene
philipmoolman wrote:Eugene wrote:Phillip, ek het op 'n stadium ook S355 probeer in my 308 met baie gemengde resultate. Om die regte nodespoed te kon bereik, moes ek basies van 'n saamgeperste lading gebruik maak.... Vir my werk S335 baie beter en ek kry op amper elke lading 'n ES van onder 15 en groepe van onder 25mm. Is daar 'n spesifieke rede waarom jy S355 wil gebruik?
Eugene,
Ja,ek kry aanvaarbare resultate met S335,maar my broer het my ook vertel van die S355 'compressed loads' wat goed werk met die 308.My twist is 1 in 12'',dink jy ek sal dalk tot 180gr met S355 regkom en wat is jou ladings ?
Groete
Philip
Ek praat onder korreksie, maar ek dink ek het 42,5gr S335 saam met 150gr SGK gebruik. My 24" loop is ook 1-12 twist en wou nie die 180gr koele lekker skiet nie. Swaarste wat ek met goeie akkuraatheid kon skiet, was 165gr.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 12:41 pm
by philipmoolman
Eugene wrote:philipmoolman wrote:Eugene wrote:Phillip, ek het op 'n stadium ook S355 probeer in my 308 met baie gemengde resultate. Om die regte nodespoed te kon bereik, moes ek basies van 'n saamgeperste lading gebruik maak.... Vir my werk S335 baie beter en ek kry op amper elke lading 'n ES van onder 15 en groepe van onder 25mm. Is daar 'n spesifieke rede waarom jy S355 wil gebruik?
Eugene,
Ja,ek kry aanvaarbare resultate met S335,maar my broer het my ook vertel van die S355 'compressed loads' wat goed werk met die 308.My twist is 1 in 12'',dink jy ek sal dalk tot 180gr met S355 regkom en wat is jou ladings ?
Groete
Philip
Ek praat onder korreksie, maar ek dink ek het 42,5gr S335 saam met 150gr SGK gebruik. My 24" loop is ook 1-12 twist en wou nie die 180gr koele lekker skiet nie. Swaarste wat ek met goeie akkuraatheid kon skiet, was 165gr.
Eugene,
Ek het n pasmaak geweer,21'' loop vir die bos,ek gaan gaan 165gr probeer(dink jy ek sal regkom?)
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 12:52 pm
by PWV
Philipmoolman, Tripod bied aan om jou te help, maar dan moet jy volledige inligting verskaf.
Click op onderstaande draad en kyk watter inligting hy benodig:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 12#p159631
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 05, 2015 1:18 pm
by Eugene
Phillip, om te meet is om te weet! Toets hulle! In my geweer het die 165gr SGK baie lekker gewerk. Ek het alles van duiker tot eland met my 308 met 165gr SGK geskiet en tussen in seker 50 BWB'e. Groepe was 1/2 moa op 100m en 200m gewees. Soos oom PW sê, as jy al die inligting het, kan oom Marius vir jou op QL help met 'n node spoed en begin lading.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Mon Jun 22, 2015 2:57 pm
by belinda1966
PWV,
Ek is bewus daarvan en waardeer almal se hulp ,maar tyd is altyd n faktor.
Groete
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Mon Jun 22, 2015 5:01 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Philip.
Ai maat. Doen jouself die moeite en neem 15 minute van jou kosbare tyd en lees die draad wat die drie manskappe hierbo geplaas het. Twee van hulle ken ek persoonlik en die ander een het nog nie vir iemand hier gelieg nie.
Ek belowe jou dat indien jy die regte inligting deurgee, Marius jou sal help. Hy het immers aangebied. Dit gaan jou drie skote kos om die nodige inligting te kry.
Nie twee mense se wapens is ooit dieselfde nie en met daai 21 duim loop van jou raai ons almal maar net.
Jy mors jou eie tyd en geld om die ding halfgebak aan te pak.
" Inset waarborg sukses"
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Wed Jun 24, 2015 12:54 pm
by belinda1966
Gawie(13mm) wrote:Dagsê Philip.
Ai maat. Doen jouself die moeite en neem 15 minute van jou kosbare tyd en lees die draad wat die drie manskappe hierbo geplaas het. Twee van hulle ken ek persoonlik en die ander een het nog nie vir iemand hier gelieg nie.
Ek belowe jou dat indien jy die regte inligting deurgee, Marius jou sal help. Hy het immers aangebied. Dit gaan jou drie skote kos om die nodige inligting te kry.
Nie twee mense se wapens is ooit dieselfde nie en met daai 21 duim loop van jou raai ons almal maar net.
Jy mors jou eie tyd en geld om die ding halfgebak aan te pak.
" Inset waarborg sukses"
Hel ou Gawie,
Ek het niemand n leuenaar gemaak nie en ek bevraagteken geensins hulle kennis nie en soos jy kan sien is ek dankbaar vir al die hulp wat hulle aanbied.Verder is ek ook deeglik bewus van alle detail wat benodig word om n akkurate QL lading te bepaal.
Groetnis
Philip
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:45 pm
by Gawie(13mm)
Philip, ek vra omverskoning indien jy my skrywe hierbo jou aanstoot gegee het. Dit was nie my intensie nie, maar jou soeke na antwoorde met gebrekkige inligting en jou stelling dat tyd 'n faktor is het my laat wonder hoe ons die baba in die waskom kan hou sonder om hom saam met die water uit te gooi.
Indien jy reggekom sal dit gaaf wees indien jy jou nuut gevonde kennis met ons sal deel.
Groetnis.
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Fri Jun 26, 2015 2:00 pm
by Rysmier
Phillip, oor Gawie se verwysing na lieg - Eugene is 'n prokerower (aka liegsmous) die dat Gawie die "smiley" na die stelling sit.
Mooi dag,
CCC
Re: 308 ZG47 Buksie soek hulp asb
Posted: Sat Jun 27, 2015 12:48 pm
by belinda1966
Geen probleem ouens.
Ek wil weet of dit moeilik is om bv.n Rhino punt te meet en te 'create' op QL.
QL is maar nog nuut vir my.
Groete
Philip