Dry-fire - Beretta 12 gauge

Post Reply
swartgevaar
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Aug 05, 2014 11:44 am

Dry-fire - Beretta 12 gauge

Post by swartgevaar »

Hi Manne,

Ek self skiet 'n Beretta SP1. Ek het twee vrae vir die manne wat weet:

1. Ek het die naweek by die club met iemand gesels wat SA-Sporting skiet. Die persoon is 'n groot beretta aanhanger en skiet met hul top sporting geweer. Volgens hom kan mens maar 'n Beretta dry-fire soveel jy wil sonder snaps. Hy doen dit gereeld. Is dit waar dat moderne haelgewere dit kan vat?

2. Tweede vraag: Ek sien gereeld persone wat hulle wapens met "force" toemaak as hy geknak is. Indien enige, watse skade kan dit aanrig aan 'n over-under haelgeweer se parte as mens dit te hard toemaak?

Ek hoor graag van julle...

Groete,
++>:
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Dry-fire - Beretta 12 gauge

Post by Bosmeerkat »

Ek het 'n Beretta SP1 en DT11. My DT het me snapcaps in die boks gekom. Weet nie hoekom Beretta dit sal doen as hulle nie voel dit is nodig nie. Mors van geld.

Rim-fire dry firing is nie goed nie en met senterslag moderne gewere ook nie problematies nie, Pistole kan hammering op hammer/striker vat oor tyd.

Die goed is goedkoop genoeg so gebruik dit eerder teenoor die kansvat op so duur stukkie toerusting. Skade is dalk nie vinnig sigbaar nie maar metaal vat hammer oor tyd.

'n praktiese ferm toemaak is wat goeie gebruik is. Die harde toemaak kan weereens nie goed wees oor die lange duur nie.

Op bogaande hang dit seker maar af watse metaal slaan teen watse metaal.

'n slagpen op 'n sagte slagdop of koper dop werk verseker beter as 'n demper as harde staal op harde staal. selfde met metaal dele wat op mekaar slaan met harde toemaak.

Repetisie is wat sal skade maak oor tyd.

Hoekom soos 'n willewragtig werk as jy koel en kalm kan lyk :-)

My 2c
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Dry-fire - Beretta 12 gauge

Post by obasch »

Gaan kyk na hierdie video clip van Mike Yardley:

http://www.positiveshooting.com/NewB525.html

Net na die 1 minuut merk op die clip maak hy die geweer toe, kyk mooi daarna, so behoort 'n O/U toegemaak te word.
Wat die snap capps aanbetref - gebruik dit gerus, maar moenie stress as jy dit nie byderhand het nie, vir daardie enkele kere kan jy maar dry fire. Dit sal in elk geval ook nie skade doen as jy die geweer net so met oorgehaalde hane los nie.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Dry-fire - Beretta 12 gauge

Post by Beretta »

Jy het seker een van die beste gewere wat daar is. Dry fire as jy moet maar nie die hele tyd nie. As jy die geweer toe slaan dan kry ek sommer sooi brand. Maak altyd seker die lope is skoon voor jy weer laai. So n bietjie olie op die skaniere as ek dit so kan noem werk baie goeg.
Beretta
Post Reply