Page 1 of 1

ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Wed May 27, 2015 3:24 am
by naghond
Graag wil ek verneem watter klanke deur forumlede gebruik word om rooikatte/groukatte te locate en watter klanke die beste resultate al opgelwer het.Sal help as manne soos Taffie,Louis en Jason net ongeveer 5 - 10 klanke elk hier kan weergee.Enige insette deur forumlede sal egter ook baie waardevol wees.
Naghond

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Wed May 27, 2015 8:23 am
by tafjak
Naghond

Daar is 2 tipes klanke vir katte om hulle nader te lok. As ek soek ma katte sal ek springhaas klanke gebruik. As ek die kat reeds sien, sal ek hasies gebruik. Ook hulle afwissel om kat nog nader te lok.

mooiloop

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Wed May 27, 2015 8:53 am
by Riaan Kriel
Die manne hier rond wat al rooikatte geskiet het, het ook dieselfde as oom Taffie gesê. Die enigste rooikat wat ek geskiet het, en dit was maar nog 'n kleintjie, het op Jackrabbit en jackrabbit distress ingekom, dalk het hy ook maar net nuuskierig gewees ;) Hulle kom maar STAAAADIIIIIIGGG in.

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Wed May 27, 2015 6:03 pm
by johans
groukatte is maar dom en kom maklik in op enige klein koskank.wees maar net versigtig ek dink hulle is bedreig(al is hulle so volop)

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Wed May 27, 2015 9:59 pm
by theedge
Maat ek het al n paarkeer Luscious Lips met sukses gebruik

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Thu May 28, 2015 6:33 am
by Danie01
Prinses voëltjie en haas klanke, kiss of death.

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Thu May 28, 2015 4:28 pm
by Basson
Het al heelwat sukses met Javelina en Vlakhaas Pikant gehad.

Re: ROOIKAT/GROUKAT PROOIKLANKE

Posted: Fri May 29, 2015 4:00 pm
by platjak
Ek het sukses op Erdman klanke ook gehad as jy dalk wil afwissel. Erdman-Juv & Erdman Paljas kombinasie.