Moet ek bele in wild teel ?

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Goeie Dag

Ek is op soek na raad en insette om my te help n besluit maak. Ek het n geleentheid on in wild teel (boerdery) te bele.
Daar is n paar dinge wat knaag hier in my agterkop - hier is hulle -
Is die tyd reg in in te klim - was 2012 nie die tyd om in te klim nie ? Is die "piek" nie bereik nie ?
Pryse is nou hoog - dis nou n verkopers mark. Is daar bokke teen bilikke pryse - en hoe maklik is dit om hulle te bekom ?
Hoe hoog gaan / kan die pryse nog gaan - n Njala bv was R6000 n paar jaar gelede en is nou ongeveer R25 000. Kan die R25 000 per bok R35 000 of self R50 000 word ?

Hier is van die besonderhede van die geleentheid: -

2x 25ha TEELKAMPE VIR U DAAR TE STEL OM MET WILD TE BEGIN BOER.
WAT DIE BOER BIED:
1. DIE GROND.
2. KAMPE BESKIKBAAR VIR TEEL DOELEINDES.
3. SIEN OM NA DIERE SE WELSTAND.
4. BEHEER DIE BOERDERY EN TELERY.
(DIE PLAAS EN KAMPE IS DUS DIE BOER SE INSET IN DIE VENNOOTSKAP)
MY DEEL VEREIS:
1. INSIT VAN DIERE (U kies die spesie) of VOORSIEN VAN KAPITAAL OM WILD TE KOOP.
(DIE OORSPRONKLIKE BOKKE BLY MY EIENDOM.)
VENNOOTSKAP:
GOED DIE VENNOOTSKAP IS OM DIE HELFTE VAN DIE AANTEEL. (50/50)
1. ALLE AANTEEL WORD JAARLIKS VERDEEL OF IN ANDER TEELKAMPE GEPLAAS VIR VERDERE TELING.
(dus sal ons nog ‘n teeltrop he onder die vennootskap as u aanteel steeds hier bly in ‘n aparte teelkamp)
2. ALLE KOSTES AANGAANDE DIE AANTEEL WORD VERDEEL, SOOS BV. VEEARTS KOSTE, HELIKOPTER ENS.
3. ONS DEEL OOK DIE VOERKOSTES OM ALLE BOKKE IN DIE KAMP TE VERSORG. (kostes sal bereken word sodra bokke bepaal word en getalle bepaal word.)
ONS SAL OP ‘N TYDPERF VAN TUSSEN 3 of 5 JAAR MOET BESLUIT VIR DIE VENNOOTSKAP OM SODOENDE GOEIE RESULTATE UIT DIE TELERY TE VERKRY.

Beraamde Onkostes –
Nyalas : 30 ooie + 2 bulle per kamp. Onkostes = R8500/bok/jaar.
Rooibokke : 30 ooie + 1 swartram per kamp. Onkostes = R8500/bok/jaar.
Swartwitpens : 20 koeie + 1 bul per kamp. Onkostes = R11 000/bok/jaar.
Kostes opgebreek - Voer : - lusern = R1400, pille (epol) = R1100, Veearts: - pyl (2x per jaar) = R1500, dokter = R1000, Helikopter : R2500 Vervoer : R1000

Beraamde Oplewering:-
Nyala - 3 lammers in 2jaar.
Rooibok - 1lam per jaar.
Sable - 1 kalf per jaar.

Nou n ander vraag - ek is nie bereid (en het dit ook nie) om R500 000+ in te sit nie.
Sal die model werk as daar op n klein skaal begin word - R150 000 se wild aankoop en so begin ?

Julle insette en raad sal baie waardeur word !

Groete
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by matewis »

Op die vraag of jy dit moet doen of nie, niemand sal jou ongelukkig 'n bulletproof antwoord kan gee nie. Wat ek wel kan sê, is die volgende:

1) Moenie geld leen om in te klim nie, en
2) Indien dit in 'n vennootskap is, moet jy en jou vennoot 'n baie sterk verhouding hê.

Onthou ook dat jy 100% van die kostes dra om diere in te sit, terwyl jy beperkte insette het oor die daaglikse beheer van die diere. Indien die diere binne die eerste 6 maande vrek, wie het die meeste verloor? Die kampe en grond is reg vir die volgende belegger. 'n Vennootskap moet beide aanwas asook verliese 50/50 deel.

Plaas eerder 'n waarde op die kampe en die bestuur van die wild en laat beide vennote 50/50 inkoop in die wild.

Sterkte met die besluit. Ek beklemtoon net weer, as die ding nie werk nie moet jy steeds kan bly staan.

Groete
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Boesman10 »

Het jy enigsins mark navorsing gedoen om uit te vind wie koop die diere en hoeveel diere die mark kan hanteer in verkope. Is daar nie dalk klaar te veel diere beskikbaar nie? Die diere wat jy lys hierbo is eksotiese diere en tot en met hede ken ek nie baie SA jagters wat Nyala's en Sable's en Swart Impala's jag nie. Jou verkoops mark is dus die internationale jagter en ander teelers.

Doen net eers 'n goeie peiling oor wie die bokke gaan koop eendag voor jy besluit.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Chris Swart »

Ek gaan sit solank die ketel aan
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Dankie matewis en Boesman10.

Die spesies wat gelys was is slegs voorbeelde, daar kan (amper) enige spesie gekies word. Die koste per bok per jaar is vir my redelik hoog - ek wil die bedrag per bok ook toets en kyk wat se manne wat gesout is.
Julle het n geldige punt beet - wie gaan die verbruier (koper) wees op die ou einde - en hoe versadig is die mark. Ek het huiswerk wat dit aanbetref.
As ek kyk n rooibokke - wat n algemene spesie is vir jag is, gaan die bokke tussen R2800 en R3500 per bok huidiglik. Persoonlik het ek nog nie van n biltong jagter gehoor wat bereid is om R3500+ vir n rooibok te betaal nie. My mening is die manne soek gewone rooibok ooie om by n swart ram (of split ram) te sit - so hulle dryf die eksotiese mark.
Die inset risiko is hoog - baie hoog - soos jy genoem het matewis, en dit pla my ook.
Soos dit nou staan is daar nie n 50/50 by die inset nie - en dit is iets wat ek sal moet aanraak.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by kwagga »

Wat is die beraamde kapitaal koste wat die grond eienaar insit per teelkamp? Verdiskonteer die bedrag oor die aantal bokke per kamp en dan sal jy 'n goeie idee kry van wat die persentasie wat elke vennoot teoreties behoort by te drae.
Indien jy na duurder wild (meer as R400k per bok) kyk is dit beter om jou eie grond te koop.
Kom oms kyk na 'n 25ha kamp. Omheining gaan sowat R100k/km kos = R200k. Elektrifisering kos sowat R50k/km = R100k. Water en ander infrastruktuur gaan sowat R25k kos.
So jy kyk na ongeveer R325k om die 25ha teelkamp te vestig.
Indien jy 30 bokke aanhou (rooibok of nyala), kos dit jou R10833 per bok. Maw dit kos (10.833/25) 43% van 'n nyala se aankoopkoste om hom in 'n kamp te vestig. So ek sou se dat 50/50 vennootskap nie sleg is nie.
Indien jy 10 sables aanhou kos dit jou R32.5k per bok. Maw dit kos (32.5/600) 5.4% van 'n sable se aankoopkoste om hom in 'n kamp te vestig. In die geval maak 'n 50/50 vennotskap nie sin nie en is dit beter om self jou eie stukkie grond te koop.

As jy nie bereid is om tenminste met R1mil te begin nie gaan jy amper jou tyd mors in my opinie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Carl »

Stem saam met van boonste stellings!

Ek sou net belê in gewone wild - Swartwitpens, Buffel, Roan, Nyala. Wit flank rooibok, "koffie met 'n dash of cream" springbok en daai funnies het 'n baie beperkte mark!
Gaan julle aansluit by telersgenootskap? As individu gaan jy nie die "veiling" pryse kry nie.

Soos met enige belgging, weeg die belegging op teen ander.
* Staats effekte (byna risiko vry)
* Eiendom
* Aandele mark
* Fondse bv Allan Gray, Coronation ens.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Riaan Kriel »

Die ding maak my bang. Ek sal so iets nie oorweeg as ek nie die "vennoot" BAIE goed ken nie. Ek verkies dit maar om my eie ding te doen. Matewis gee goeie raad, nie net oor die werking van die "vennootskap"nie, maar ook om nie geld te leen on so iets te begin nie.

As jy geld wil belê kan jy liewers in die aandelemark ook belê. Jou kans vir sukses is net so goed ;) :)
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Kallie404 »

Wie nie waag nie......wen nie !! Tyd sal leer, maar al wat ek wel kan se is dat in die tyd wat meeste sit en wonder het oor wanneer die " borrel" gaan bars, het baie ouens bitter baie geld gemaak !!
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Dankie kwagga - jou wiskunde maak mooi sin.

Carl - ek oorweeg die res ook, en dis waarom ek die vraag hier kom opsit het - nou kry ek klomp manne se insette - dit wys my ook waar aan ek nie gedink het nie.

Duracell - waar geld betroke is kan enige "vennootskap" vinnig versuur - daar moet n duidelike (ooreen gestemde) doel wees en n waterdigde kontrak.

Kallie404 - jy slaan die spyker op sy kop. in 2003 was Vleissentraal se totale verkope op veilings R62 miljoen, 2012 R864 miljoen....

Dankie vir almal se raad - ek kry nou meer rustigheid oor die rigting wat ek moet neem.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Koos Barnard »

Ek wil by Duracell aansluit. Wees baie versigtig vir venote. Nie eens sogenaamde waterdigte kontrakte kan jou bas red as dinge verkeerd begin loop nie. As jy nie op jou eie kan begin nie, dink ek nie dis wys om 'n venootskap aan te gaan nie.
Mooi loop
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Hugo »

Het jou toekomstige "venoot" die kennis om so tipe boerdery aan te pak?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by 375fanatic »

Ek het n nice hotel te koop vir jou 18% ROI atleast sien jy elke maand jou geld inkom
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Carl »

Kallie404 wrote:Wie nie waag nie......wen nie !! Tyd sal leer, maar al wat ek wel kan se is dat in die tyd wat meeste sit en wonder het oor wanneer die " borrel" gaan bars, het baie ouens bitter baie geld gemaak !!
Kallie, party van daai ouens het bitter baie geld gehad om mee te begin. Ons moet kyk hoeveel ouens het met min ingeklim en soveel geld gemaak. ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Koos - dankie vir jou inset, baie waar wat jy se.

Hugo - daar is wild op die plaas, maar nog nie in kampe om te teel nie.

375fanatic - ha ha - dankie , die rigting raak vir my meer duidelik, my sente gaan maar aandele toe.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Hugo »

Hoekom ek vra, enige iemand kan n plaas koop en wild teel op 200-2000ha.

As dit kom by intensiewe bestuur van wild elke dag moet daar so klein bietjie ervaring en navorsing gedoen word.
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Hugo - jy se dat " enige iemand kan n plaas koop en wild teel op 200-2000ha"
Vir my inligting -
was sou jy se is die verskil tussen net wild teel en intensiewe wilds bestuur ?
wat sou jy se (watse take) is gepaardgaande met intensiewe wilds bestuur ?
Wat is van die besluite wat geneem moet word waar ervaring die wa deur die drif gaan trek ?
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Hugo »

Ek het ongelukkig nie al die antwoorde nie.

Maar op n groot oop plaas hol die wild daar rond en jy hoop hulle is mooi vet en kry groot horings dat jy hulle kan skiet na n rukkie, en dat jy so elke 5 jaar die trop bul/ram moet skiet as jy hom kry dat sy tjommies ook bietjie kan dek. En as jy nie seker is nie dan gooi jy so paar extra ooie/koeie in die mix. As daar water in die krippe is en een dam is vol is die lewe mooi. Blok sout by die water dan boer jy lekker.

Nou in n klein kamp werk dit ietwat anders.

Daars klomp goed wat moet bekyk word:
-Tipe weiding
-Meer jarig of een jarige gras
-Parasiet lading
-Waterpunt/e
-Voer program indien enigsins
-Ontwurming
-Mis ontleding
-Skuif van jong manlike diere op die regte tye
-Lynteling... Ek se eerder niks hierso nie
-Voorkoming van siektes

Die lys hou aan en aan en aan.

Ek is nie boer van die jaar nie maar ek het my huiswerk deeglik gedoen.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Jake1 »

As ek hom nie persoonlik vir baie jare geken het nie sou vertroue in die vennoot my grootste kopseer gewees het voor ek eers begin sommetjies maak.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Dankie Hugo !
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by ROBBIE1 »

Stem saam met Hugo. Dis amper n voltydse werk as jy dit deeglik wil doen. Jy kan nie een maal n week gou uitry en gaan kyk of als reg is nie, dis n wenresep vir verlies, en waar kry jy n betroubare werker wat jou plek gaan volstaan? Dis n groot besluit en baie kapitaal om uit te le.

Persoonlik voel ek ook bly by die spesies wat deur die jare bewys het hulle pryse is konstand, en jou risiko is nie so groot om baie geld gou te verloor nie.
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

Baie Dankie vir almal se insae - ek het wyser geword en julle het regtig gehelp om my denke in die regte rigting te stuur.
Ek gaan die geleenteid om te bele n mis gee.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by evdberg »

As julle 5 spesies moet kies om in te bele (vir die Jag mark) watter spesies sal julle kies ?

Rooibok ?
Kudu ?
Blesbok ?
Eland ?
Springbok ?
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Riaan Kriel »

evdberg wrote:As julle 5 spesies moet kies om in te bele (vir die Jag mark) watter spesies sal julle kies ?

Rooibok ?
Kudu ?
Blesbok ?
Eland ?
Springbok ?
Ek dink dit hang af van jou beskikbare grond. Hier in ons omgewing het jy goeie kombinasie gronde waar bos- en vlaktewild saam op 1 plaas aangehou kan word.

My keuse van 5 sal wees:
Rooibok
Koedoe
Blouwildebees
Eland
Springbok

Gemsbok en Blesbok sal ook nie ver agter op die lysie wees nie ;)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Moet ek bele in wild teel ?

Post by Capt. Yoda »

Gaan kyk bq in die nuwe wild en jag.Die wild wat nou somer begin duur gaan op veilings is Gemsbokke, met die 3 verskiliinde kleure wat ek al gesien het sou ek se dit is die volgende een wat se prys gaan weg hardloop.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply