Gerieflikmaak van die instrument...
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Gerieflikmaak van die instrument...
Hallo k?rels!
Ek sal graag wil hoor op watter wyse sommige - dalk almal - julle gewere (partners) geriefliker gemaak het vir daardie besonderse, perfekte veldskote wat heel dikwels baie vinnig geskiet word.
Ek praat nou van die seepgladde, probleemvrye voer van rondtes, wangdruk, possisionering van die glas, pasmaak van die kolf, funksionele russe, ens?
Moenie skaam wees om uit te praat nie!

Last edited by Hein M. on Tue May 12, 2009 8:04 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Hein
Jy laat dit klink na 'n veldtie
Ek sal 'n bietjie dink hoe om my makery in woorde sit en laat weet

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Hein
Goeie idee, ek sal veral wil weet van die gladde voer. My CZ243 se slot voer is soos 'n stuk rasper, alles haak.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Eers net 'n paar fotos

Isreali .308 Mauser

.30-06AI

.22-250 Sako
Enkele onsamehangende notas
Ek maak die kam so hoog as wat ek kan sodat jou oog direk in die scope kyk. Die neus van die kolf omtrent 'n kwartduim laer as waar jou wangbeen aan die kolf raak.
Cast off oor die algmeen omtrent 'n kwart duim sodat die wangstuk 'n reguit lyn met die as van die kolf volg (Vir regshandiges)
Die greep maak ek regop soos vir teikenskiet gewere, vir haelgewere is die nek en greep platter omdat dit dan vir vinnig skiet is. 'n Ou wat trap skiet se greep is weer regop omdat dit so goed soos skyfskiet is.
Natuurlik maak 'n snellerskoen 'n goot verskil aan die voel van die sneller
Greep voor breed en plat vir oor die raam skiet
Wundhamer (hoop dis reg gespel) vir "molded to the hand feel"
Kolf so reguit as moontlik om die terugskop reguit na die skouer te bring en te verhoed dat die geweer se loop optel agv skop.
Groetnis

Beyers,
Waarlik 'n oulike familie!? Kan baie duidelik sien jy't hulle funksioneel pasgemaak.? Dit klink asof jy self die kolwe bou?
Ja, die kolfkam en die laag gemonteerde scope vir goeie wangdruk is vir my baie belangrik.
Hein M.

Last edited by Hein M. on Sun May 17, 2009 4:28 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Ek skroef so dan en wan 'n plank aan 'n roer 
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Beyers
Ek sukkel ook partykeer, soos Christo, om 'n patroon stadig - sonder enige rukbeweging - in die kamer te voer. As jy self die patrone konsentries korrek gelaai het wil jy nie graag dit vinnig instamp in die kamer nie. Het jy enige kennis of ervaring wat 'n geweersmid te doen staan om sekere dele te polleer?
Hendrik het in sy loopskoonmaak-gedeelte 'n mengsel genoem wat hierdie aksie gladder maak. Dit help baie, maar dit is nog nie heeltemal reg nie.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Christo/Hein
Le julle probleem nie by die magasyn nie ? Kan wees dat patroon sukkel om uit te gly dan voel dit of die aksie nie lekker werk nie. Anders kan jy die glybane van die slot poleer, is makliker as jy die geweer uitmekaar haal dan.
Le julle probleem nie by die magasyn nie ? Kan wees dat patroon sukkel om uit te gly dan voel dit of die aksie nie lekker werk nie. Anders kan jy die glybane van die slot poleer, is makliker as jy die geweer uitmekaar haal dan.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Yalair,Yalair wrote: Christo/Hein
Le julle probleem nie by die magasyn nie ? Kan wees dat patroon sukkel om uit te gly dan voel dit of die aksie nie lekker werk nie. Anders kan jy die glybane van die slot poleer, is makliker as jy die geweer uitmekaar haal dan.
Ja, dit mag die magasynveer wees. Die patroon kantel soms skeef in die voerproses. Uiters furstrerend. Maar ook net as jy dit stadig voer.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Hein
Kyk na jou voerplaat in magasyn dit klink of hy haak, dit veroorsaak dat patroon kantel. Haal hom uitmekaar en polish daar binne asook die plaat, kyk dat die veer die plaat gelyk opdruk en nie skeef nie, as dit uitgesorteer is behoort jy stadig te kan laai. Kyk ook dat jou brug van magasyn mooi glad is en die patroon nie daar vassteek nie.
Groete
Ben
Kyk na jou voerplaat in magasyn dit klink of hy haak, dit veroorsaak dat patroon kantel. Haal hom uitmekaar en polish daar binne asook die plaat, kyk dat die veer die plaat gelyk opdruk en nie skeef nie, as dit uitgesorteer is behoort jy stadig te kan laai. Kyk ook dat jou brug van magasyn mooi glad is en die patroon nie daar vassteek nie.
Groete
Ben
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Ben,
Baie dankie! Ek sal so maak.
Hein M.
Baie dankie! Ek sal so maak.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Benna
Vertel bietjie meer oor polish asblief.
Christo
Vertel bietjie meer oor polish asblief.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Christo
Het jy nooit jou bootse gepolish nie
. Hang af hoe skurf die area is wat glad gemaak word kan jy baie fyn water skuurpapier, of rubbing compound gebruik selfs brasso kan werk, ma dan moet daar nie baie skurfgeid wees nie maw elbow ghries. Ek het 'n dremel wat ek gebruik, dis 'n baie oulike stukkie gereedskap en as jy baie fyn skuur, sny of polish werk het om te doen kan jy ma een koop.
Het jy nooit jou bootse gepolish nie
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Ek ken hom nie, verduidelik die een ook.Yalair wrote: Ek het 'n dremel wat ek gebruik, dis 'n baie oulike stukkie gereedskap
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Christo
Hiers 'n link na site om te sien hoe hy lyk + al sy magoodies wat jy kan opsit, het myne al 'n paar jaar en was nog nooit spyt nie. Kan grind, sny polish, buff, ens, ens
http://hertenberger.co.za/?p=962

Hiers 'n beter site wat die atatcments vir dremel wys
http://www.dremeleurope.com/dremelocs-za/Category.jsp?ccat_id=522
http://www.dremeleurope.com/dremelocs-za/Category.jsp?ccat_id=522
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Ben
Man nou voel ek simpel. Het so ding maar hier nie geweet dit is sy naam nie. Dog maar dit is 'n stonegrinder of iets.
Ek sal hom probeer. Hy't laas goed gewerk om die kolf uit te skuur om die loop te "vloat"(spelling)
Christo
Man nou voel ek simpel. Het so ding maar hier nie geweet dit is sy naam nie. Dog maar dit is 'n stonegrinder of iets.
Ek sal hom probeer. Hy't laas goed gewerk om die kolf uit te skuur om die loop te "vloat"(spelling)
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Ben,Yalair wrote: Christo
Hiers 'n link na site om te sien hoe hy lyk + al sy magoodies wat jy kan opsit, het myne al 'n paar jaar en was nog nooit spyt nie. Kan grind, sny polish, buff, ens, ens
http://hertenberger.co.za/?p=962
Mensdom. Ek nie geweet daar bestaan so 'n oulike megefter om mee te polish nie! 'n Nuwe w?reld gaan oop. Sal dadelik my voelers in hierdie rigting begin uitsteek.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Die feit dat ek my mond oopmaak wys dat ek iets nie weet nie.
Ek vra net: Is dit wys om aan die aksie te grind / skuur. Word aksies nie korsverhard (casehardened) op die die dravlakke nie? Korsverharding is slegs molekules diep, dus indien jy selfs met fyn papier skuur kan jy die verharding verwyder en gevolglik slytasie versnel. Wat se die gunsmiths?
Last edited by Beyers on Thu May 21, 2009 6:04 am, edited 1 time in total.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Beyers
As ek mag vra. Wat se aksie is dit waarmee jy dit ervaar.
Ek sal graag self wil hoor. My Lyttelton RSA op my 30-06 is ook nog
altyd so.
Ek het ook 'n soortgelyke doepa opgemaak wat baie help.
20% Valve seating additive vir enjins
20% Prolong Oil additive
60% Outomatiese ratkas olie
Maak jou slot goed skoon met Carb cleaner om ou olies af te haal en so poriee oop te was.
Sit die mengsel op die slot en laat staan vir so tydjie. Vee die ergste af en sit in geweer. Werk bietjie die aksie en haal weer uit.
Herhaal dit dan. Die oorblywende olie word opgevang in die geweer se aksie en sy binne oppervlak se growwer poriee
word ook "gestop" met die doepa.
Onthou van die extreme grease op die sluitnokke.
Hoop dit help so bietjie.
Jad3

Gaan meer vir my oor die gereedskap wat op vorige posts genoem word. Ek vind dat bv 'n .303 aksie "sag" is dus boor mens maklik vir scope mounts, maar dat mauser aksies "hard" is en selfs met die pons van jou gaatjies die verharde pons se punt bars. Ek vermoed dus dat sommige aksies verhard word met casenite of iets dergliks om slytasie teen te werk. As mens gaan karring aan die die dravlakke, veral as jy skuur, kan jy die verharding verwyder en die leeftyd van die aksie verkort.
Die metode wat jy verduidelik is saggies en teer in vergelyking met skuur en grind met 'n dremmel of iets dergliks
Ek dink die beste om gladde voer te bewerkstellig (Met skuur en grind) is om die roer na 'n goeie gunsmith te vat.
Dis maar in my domgeid dat ek die dinge dink.

Sal wegbly van grind af maar poleer sal nie die verharding sommer seermaak nie, ek bedoel ook eerder om die glybane te poleer, net soos jy se maak jou mond oop as jy nie weet nie, en asb help reg as jy weet. soos ek voorheen gese het begin eers by die magasyn, is gewoonlik die patroon wat hier vashaak en dan voel die aksie nie lekker nie.
Sal wegbly van grind af maar poleer sal nie die verharding sommer seermaak nie, ek bedoel ook eerder om die glybane te poleer, net soos jy se maak jou mond oop as jy nie weet nie, en asb help reg as jy weet. soos ek voorheen gese het begin eers by die magasyn, is gewoonlik die patroon wat hier vashaak en dan voel die aksie nie lekker nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
So van die os op die jas.?
Is julle gewere se "gewone" snellers aangepas of word daar oor die algemeen spesiale tipes snellers ge?nstalleer? (soos bv. die timney-tipe).? Dit is nou natuurlik om die snellerdruk ligter te maak.? Beyers het ook verwys na die spesiale snellerbeuel vir 'n beter voel van die sneller?
Ek het iewers in die forum gelees dat 'n snellerdruk van tussen 1.5 en 2.00kg wenslik is vir 'n jagter - om veilig te speel.
Hein M.
Is julle gewere se "gewone" snellers aangepas of word daar oor die algemeen spesiale tipes snellers ge?nstalleer? (soos bv. die timney-tipe).? Dit is nou natuurlik om die snellerdruk ligter te maak.? Beyers het ook verwys na die spesiale snellerbeuel vir 'n beter voel van die sneller?
Ek het iewers in die forum gelees dat 'n snellerdruk van tussen 1.5 en 2.00kg wenslik is vir 'n jagter - om veilig te speel.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
My graaf het met 'n verstelbare sneller gekom. Ek het nie skaal om die druk meet nie, maar hou van 'n ligter druk, binne perke natuurlik. Die belangrike is dat daar nie kruip of iets dergliks sal wees nie maw die sneller moet skoon breek, niks voortrek nie. 'n Snellerskoen skroef mens oor die sneller om die oppervlak groter te maak en die voel van die sneller beter te maak.
Timney en Klotz snellers gee vir mens die opsies om die sneller te kan stel. Mens moenie dink oor die sneller wanneer jy hom druk nie, hy moet net werk. Dit het baie temake met daai konsetrasie wat erens op 'n ander pos genoem word.
Ek dink thor maak ook verstelbare snellers.
Laat weet watter dink julle is die beste.
Timney en Klotz snellers gee vir mens die opsies om die sneller te kan stel. Mens moenie dink oor die sneller wanneer jy hom druk nie, hy moet net werk. Dit het baie temake met daai konsetrasie wat erens op 'n ander pos genoem word.
Ek dink thor maak ook verstelbare snellers.
Laat weet watter dink julle is die beste.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gerieflikmaak van die instrument...
Beyers,
So die snellerskoen is iets wat jy ekstra kan koop en oor 'n gewone sneller kan skroef? Ek neem aan dit het sy oorsprong by die benchrest-ouens? Is daar verskillende fabrikate en wat vind jy die beste / gemaklikste?