Page 1 of 1

Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 9:08 am
by NJ_v_N
Die link is vir n baie interessante maatskappy wat vorrlaaiers bou.

http://www.swinglock.net/416lrt.html

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 10:40 am
by Pvdw
Paar van my vriende skiet kompeterend langafstand voorlaaier. Hulle warm op op so 300m. Skuif dan na middel afstand op 600m en as die manne nou mooi geolie is val die koele op 900m.

Beste van als is dat hulle met gaatjies visiere skiet.

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 10:59 am
by Smitstertjies
Pvdw wrote:Paar van my vriende skiet kompeterend langafstand voorlaaier. Hulle warm op op so 300m. Skuif dan na middel afstand op 600m en as die manne nou mooi geolie is val die koele op 900m.

Beste van als is dat hulle met gaatjies visiere skiet.
Hoe groot is die target , n huis? >:D

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 11:06 am
by Pvdw
;D ;D Ek was nog nooit by as hulle skiet nie. Weet net 1 van hulle het laasjaar by die SA kampioenskap 'n volgroote staal ram 3 uit 3 x. Op 500m raakgeskiet op iemand se "uitdaging"

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 1:47 pm
by swc-tr
Smitstertjies wrote:
Hoe groot is die target , n huis? >:D
Ek is nie 'n swartkruitskut nie, hulle skiet egter saam met ons Bisley manne, op dieselfde teikens.
Die langafstand (7,8&900m) teiken se mikpunt (swart kol) se deursnee is 1118mm, maar die kol is 508mm en die v-kol is 254mm groot.

Ek sal nie voor die manne staan op 900m nie!! :):

Terloops, vir die laaste 4 agtereenvolgende swartkruit langafstand wereldkampioenskappe, is SA die wenners. ;)
Van hulle is ook wereldrekord houers!!!

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 1:54 pm
by Smitstertjies
swc-tr wrote:
Smitstertjies wrote:
Hoe groot is die target , n huis? >:D
Ek is nie 'n swartkruitskut nie, hulle skiet egter saam met ons Bisley manne, op dieselfde teikens.
Die 900m teiken se mikpunt (swart kol) se deursnee is 1118mm, maar die kol is 508mm en die v-kol is 254mm groot.

Ek sal nie voor die manne staan op 900m nie!! :):

Terloops, vir die laaste 4 agtereenvolgende swartkruit langafstand wereldkampioenskappe, is SA die wenners. ;)
Ek het julle Bisley manne se vernuf al beskou en moet erken, dit is ver bo my vuurmaakplek. As die swartkruit manne dit ook so doen dan skud ek net my kop in ongeloof. Dis regtig iets besonders om die manne so te sien skiet.

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 3:13 pm
by Finfan
Watse BC koeels praat mens hier van?

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 4:31 pm
by joe rocket
Hulle maak hulle eie koeels uit lood. Dit word dan in n papiertjie toegevou en geskiet. Daar is manne wat oor 900m voltalle skiet. Hulle mag ook nie windmeters tydens kompetiesies gebruik nie. Moet die vlae lees.

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Thu Mar 26, 2015 6:39 pm
by Finfan
"These rifles can shoot bullets from the 300 gr Barnes TSX with an advertised B.C. of .298 up to the 450 gr Rocky Mountain Match Hunting bullet with a calculated B.C. ( at 2700 fps ) of .880.
The 325 gr Rocky Mountain long range flat base bullet shown with the target below has a very high calculated B.C. of .559 at 2600 fps. 350 gr, 375 gr and 400 gr high B.C. bullets are also available as well as other types and weights". http://www.swinglock.net/416SLTover.html

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Mon Mar 30, 2015 9:10 am
by Ferdi Bam
Hi Almal,

Vra net vir Mars67 op die Forum om julle te veduidelik hoe dit gedoen word. Sommer met sy Pedersoli-Gibbs 451cal.

Groete

Ferdi Bam

Re: Langafstand Voorlaaier - Ja jy het reg gelees

Posted: Tue Mar 31, 2015 10:13 am
by KSV
Oom Frik hier op die forum my gese op 1000 of 900 yards sal hy 10/10 'n asdrom deksel raaksiet.