Re: Rudolph Optics

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by Francois Marais »

RO

Is jy n agent vir die maak teleskope????

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by Rfourie »

Ek het die scopes by Huntex gesien, regtig verbasend, ook seker soos Meopta, een van die groot vervaardigers, wat ek van gehou het was die 4-16x56......kan net werk vir oom jakkalas. In die saal was die optics on par met Z6 ens...
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by raychell »

SMK
Ek hoor wat jy se, Rudolph is Japanees jy koop by hulle en sit enige naam op ons kan Jaracal scopes ook laat maak.Meopta is Oos Europees en verkoop nie onder ander name nie verder is die field of view baie groter by die Meopta soos met alle Europese teleskope.Onthou die 56mm lens het sy ontstaan in europa hulle weet van in die donker skiet.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Rudolph Scopes

Post by Namib »

Rudolph Optics wrote: 'n Mens hoef nie R15 000 te spandeer om 'n kwaliteit taktiese teleskoop aan te skaf nie - die helfde is goed genoeg!
Die "intelligente alternatief"
Waar ek van daan kom begin ons gewoonlik met Naant/more/middag ens.(Dit veral jou eerste post  :-X )

More RO
Met daai stelling of toe trede tot die forum gaan daar beslis nie van oggend n bestelling van 50 scopes op jou tafel le nie. ;)Stel jou self,dan jou produk  bekend en dan verkoop jy.
SMK se in die saal was die optics on par met die Z6  :o :o klink goed.Sal wil graag hoor hoekom jy se daai "intelligente alternatief" is die een?Bv as ek vandag moet kies tussen Meopta en RO is dit Meopta.Hoekom,die manne se kennis en ondervinding op die forum van die produk beteken meer as die stelling"intelligente alternatief".Dan moet net nie die manne se kennis  onder skat nie,gaan groot fout maak.Weet die produk is nuut,maar stel hom dan net eers bekend.

O,ja welkom

Mooiloop  



               


                                         
                     
Last edited by Namib on Tue Apr 26, 2011 12:51 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by tafjak »

Namib
Waar ek van daan kom begin ons gewoonlik met Naant/more/middag ens.(Dit veral jou eerste post  )
............APPELS!

Ja, soos jy s?, nie vereiste nie, maar dit is baie goeie maniere.

Ek wonner reeds waar kan hulle(Rudolph Optics) so scopie vir ons toets?

SMK
Ek het die scopes by Huntex gesien, regtig verbasend, ook seker soos Meopta, een van die groot vervaardigers, wat ek van gehou het was die 4-16x56......kan net werk vir oom jakkalas. In die saal was die optics on par met Z6 ens...
.......................Ja ja, enige scope is "op par" met mekaar in 'n saal(groot, baie groot saal). Ongelukkig jag ons nie in sale nie! En 'n  scope se waarde hou nie op by die lekker kyk nie, nogal meer nodig as dit.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by Geno »

SMK, Daai scopes is nie naastenby Z6 se kwaliteit nie, ek het hulle ook by Huntex gesien.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by raychell »

Geno
Ek het ook so gedink.wou net nie so blatand wees nie
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by Hein M. »

Rudolph Optics wrote: Namib,
Dankie vir die "hot" verwelkoming en jammer dat ek nie my persoonlik bekend gestel het nie - ek verstaan nou hoe die forum werk!
Ek is Rudolph Baard, van Stellenbosch en 'n gretige jagter, plaaseienaar en mede-eienaar van 'n jagwinkel!
Ek het so twee jaar terug op die IWA skou in Duitsland met 'n sekere Japanese Optiese maatskappy kennis gemaak en dit is waar die idee van 'n eie "brand" teleskope vandaan kom!
Terwyl ek die "projek" ondersoek het, het ek agtergekom hoeveel "margin" die vervaardigers neem in die verkoop van teleskope en dat daar 'n groot mark is vir 'n kwaliteit produk wat vir die meeste mense bekostigbaar is!
Uit die aard van die saak (om Raychell te beantwoord) is dit nie 'n goedkoop "exercise" om jou eie "brand" teleskope uit te bring nie, want behalwe om die regte kwaliteit vervaardiger te kry, moet jy 'n minimum van 'n 100 x teleskope per model per kruishaar bestel!
In my geval is dit 400 x teleskope vir die eerste bestelling en dit kan nogal 'n risiko raak as jy nie vertroue in jou produk het dat dit sal verkoop nie!
Ek wou spesifiek 'n kwaliteit Japanese produk gehad het (nie Chinees nie) en ek glo ek het dit gekry!
Daar is huidiglik net 'n 2.5-10x50mm en 4-16x56mm modelle beskikbaar, met beide in die gewone Duplex D1) en Tactical Skeleton (TS) kruishare beskikbaar!
Die teruvoering by die Huntex skou was ongelooflik en die twee modelle verkoop besonders goed en die 4-16x56mm TS kruishaar is die gewildste model!
Die volgende model wat volg is die 6-26x56mm, aangesien daar 'n groot vraag vir so 'n model is by die veldskiet manne!
Ek verstaan al te goed dat die lede van die forum nie "ape" is wanneer dit by teleskope kom nie en die "intillegente alternatief" stelling is maar 'n bietjie bemarking stategie en ek is bly ek het die reaksie gekry wat ek met die stelling beoog het!
Besoek gerus die website by www.rudolphoptics.com
Kaapse Groete, Rudolph
Mnr Baard,

Ek - en ek dink ander forumlede ook - sal baie graag meer van die kwaliteitstandaarde, materiale gebruik, toetse gedoen op produk, ens. wil weet van jou fabrikaat.  Jy hoor deesdae van so baie nuwe teleskope - en volgens die agente en advertensies is almal net duskant die hemel, maar die werklikheid is ver daarvandaan verwyder.  Die pryse van die produkte is 'n goeie idee van die kwaliteit daarvan, maar ook nie altyd nie.

So wat maak jou produk betroubaar?  Ek dink hoe meer detail hoe beter.  Hierdie is 'n puik geleentheid om breedvoerig aan 'n wye verskeidenheid jagters 'n oortuiging te bied.  Dalk iewers op daardie webblad?

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Rudolph Scopes

Post by Sam Kelbrick »

Ek het nou die dag die gleentheid gehad om met 'n Rudolph Optics 4-16x56 TS te skiet. Die kruishaar is lekker fyn, maar bietjie aan die besige kant vir my persoonlike voorkeur.

Die skietresultate was voortreflik. Ek het bietjie rondgespeel met beide verstellings (tot twintig klieks op en af, links en regs) en toe weer op die Zero stellings geskiet en groepeer presies waar ek begin het. Of die teleskoop met 'n Nightforce vergelyk kan word weet ek darem nie, maar teen minder as helfte van die prys, is dit darem ook nie 'n regverdige vergelyking nie. 
Value has a value only if its value is valued
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by raychell »

Rudolph
Die Margins wat so hoog is, ek sien S&O verkoop die Millet vir R6000.00 en jou Rudolf kos R6800.00
Is die Rudolph van soveel beter gehalte? want ek neem aan jy probeer die Margins so laag as moontlik hou.Ek neem aan jy koop direk by die fabriek net soos Millet en dan koop S&O by Millet met jou scope skakel ons dus een skakel in die verkoops ketting uit hoekom dan nog duurder.Het na jou site gekyk,verskaf asb meer inligting oor bv lense wat gebeer met waarborg as jy nie meer verkoop nie ,die lewens lang waarborg is dit jou lewe of wie gaan die scope waarborg?
Moet my nie verkeerd verstaan dit is goed wat saakmaak. Lynx se pryse is in dieselfde klas waar is die kostebesparing of margin dan
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Rudolph Scopes

Post by Freek »

Raychell, die R6000 op die Millets by S&O is ou prys. Nuwe prys = R8000 + Ek kan nie verstaan hoekom nie? Rand dollar het tog nie versleg nie, of verkoop die goed nou so in SA dat S&O nie kan voorbly nie??? Weet nie, seker maar net ek...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Rudolph Scopes

Post by Namib »

Rudolph middag ;)

Goeie plek om jou scope te bemark,prakties(toets van die scope in ons omstandighede) op die forum werk net better as enige iets anders.Kry een van daai scopes by een van ons groot manne wat gereeld in die veld is om hom te toets.Dan sal daai scope homself verkoop,by gese as hy so goed is soos julle se.Kyk maar net wie word die meeste gepla vir raad. Baie van die manne op die forum verskil van mekaar maar gebruik tog die info op die forum om te besluit wat hulle moet koop of nie moet koop.(Taffie/Raychell/Danie243/Tomcat/FM/Biker/Louis102/Louis101/Jaques Botha ens.is n goeie begin.)

Lank en kort is as jy wil weet of jou scope goed is,hier sal jy beslis die antwoord kry.Kry net een by een van die manne uit.Ek glo meer in wat hulle(die manne) se as goed wat in n boek staan. ;) ;)
Sam 22-250:Dankie vir die terug voering.Sien, Rudolph dis waar van ek praat,dis die taal wat ek verstaan.

Welkom weer eens.

Groete
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by MEERKAT »

Hallo Rudolph

Eerstens welkom op die forum.
Ongelukkig is dit menslik om versigtig te wees vir nuwe produkte, met 'n ledetal van 1000 + kan jou projek net baat vind by 'n positiewe verslag rakende jou scopes.

Op die forum is baie bekwame jagters en kompetisie skieters wat meer as bereid sal wees om vir die forumlede en rudolphoptics 'n verslag saam te stel rakende die scopes se werkvermoee en spesifikasies.
Is daar 'n moontlikheid dat 2 of 3 scopes beskikbaar gestel kan word vir so 'n oefenlopie? 

Op hierdie staduim is daar 'n groot behoefte aan 'n bekostigbare scope wat goed kan vergelyk lens en spesifikasie gewys met die sogenaamde duurder scopes.

Groetnis en sterkte met jou projek
MEERKAT
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by Francois Marais »

Rudolph

Baie welkom oppi forum, hoop jy like......

Wil ook by Meerkat aansluit en se, jy is nu oppi regte plek om daai scopes van jou te bemark, en as jy bietjie lees sal jy sien hoe ons dit al bespreek het hier oppi forum, n goeie bekostigbare scope. As jou scope dit kan wees glo ek jy gaan BAIE GOEIE aftrek kry....alle voorspoed met jou projek.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Scopes

Post by raychell »

Francois
Ek dink jy moet 'n nuwe topic begin en al die Rudolph posts in ,dit gaan maklikker wees om die topic te volg ons het weer 'n ander een gehighjack
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Rudolph Scopes

Post by Sam Kelbrick »

Ek stem saam met Raynie. 'n Rudolph Optics onderwerp sal beslis 'n bietjie reaksie uitlok.
Value has a value only if its value is valued
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Rudolph Optics

Post by jaracal »

gesplit soos die ouens gevra het
Groete
Heinrich
Last edited by jaracal on Tue Apr 26, 2011 6:17 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Rudolph Optics

Post by Sam Kelbrick »

Lekker jag.  ;)
Value has a value only if its value is valued
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Rudolph Optics

Post by Armand Steenkamp »

Rudolph.
Daar is rerig n plek vir jou produk.Ek is een van die manne wat nou maar eers wil begin met papierskiet en jakkals jag en ek kan nie bekostig om    R10 000 vir n scope te betaal nie.As jou produk van goeie gehalte is en betroubaar glo ek dat dou manne jou sal ondersteun.

Oom Francois Marais skiet meer as meeste ouens op die forum en ek dink hy moet een van die scopes toets.
Dan moet daar ook n man wees wat baie jakkals jag soos Tafjak.
Ook iemand wat baie papier skiet soos 243songdaug

Nou kan jy uit verskye skiet omstandighede sien wat die manne dink.
Is maar net n voorstel.

Groete Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Optics

Post by raychell »

Rudolph
Dankie vir terugvoer en hoop jy het jou jag geniet
Vertel asb meer oor waarborg en kwaliteit gewys waarmee vergelyk jou teleskoop?
Die 95% plus light transmission is dit per lens of per lens oppervlak ?
Groete Raynie
PS meskien moet ons JARACAL vrae om die teleskoop te toets?
Ek sal more rondbel vir LYNX pryse.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Rudolph Optics

Post by Namib »

More Rudolph

Nag jag :Taffie /Wolf /Gerhard/Meerkat/Jacques Botha/Raychell
Dag jag/oes en nag jag: FM
Papier :Piet Breedt/Danie243/243Songdaug


Geniet die jag

Groete
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Rudolph Optics

Post by raychell »

Hi Namib
Van daai nag jagters maak hul lewe daaruit en ek dink nie hulle sal sommer kanse wil vat nie Jaracal skiet baie en ek dink hy mag dalk net die man wees.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Rudolph Optics

Post by Namib »

Hi Raychell

Raynie,jy is 100% reg en moet se ek sal ook nie daai kaans vat nie.Is maar net name wat ek aan gedink het,aan gesien jy klaar die Grootman se naam genoem het.



Groete
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Rudolph Optics

Post by Francois Marais »

Namib/Raynie

Ek is in SWA/Nam, begin hoeka Junie met so 2000 Springbokkies, weet nie of ek sal qualify nie....... :o :o :o Sal like.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Rudolph Optics

Post by Hein M. »

Rudolph

Daar sal nie beter toetser as Francois wees nie.  Jy kan jou beste model vir hom Nam toe pos en dan kan ons sommer die reviews hier op die forum lees.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply