Page 1 of 1
Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 12:58 pm
by TOKELOS
Ek het n Lyttleton RSA aksie op my 270.
Watter prys behoort ek te kry sou ek wou verkoop?
Aksie is regtig in n puik toestand maar loop is gedaan en moet vervang word.
Het timney sneller op wat gestel is op 1.8pd
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 1:25 pm
by matewis
As jy aan my verkoop omtrent R1500
Ernstig nou, ek dink jy kan maar stoot met die prys, daai aksies is baie gewild. Met die loop wat op is dalk bietjie minder as markverwant. Ek skat enige iets tussen 7 en 10? (op Guntree gaan jy dalk meer kan kry).
Slim manne moet maar sĂȘ
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 5:30 pm
by Armand Steenkamp
Nee jislaaik kerels.. ek weet nie. Op die meeste R5000-R8000 vir hom as sy loop klaar is...
Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 6:07 pm
by Dries101
Aksie seker tenminste 6 werd plus die sneller wat seker deesdae 2k kos nuut- dink 7k is marverwant- 5k n bargain. Het RSA"s al sien gaan vir 7k sonder sneller en blueprint
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 7:52 pm
by Finfan
Ek sou ook se so tussen R6k tot R7.5k sal jy maklik kry.
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 8:21 pm
by Frikkie Coetzee
Maak Timney n sneller vir die RSA aksie?
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 8:32 pm
by Finfan
Gromit, nee nie sover ek weet nie. Ek het wel vir my die K98 Timney gekoop en na Izak Hatting gevat om op my 30-06 Musgrave Lyttleton RSA te sit. Hy fit hom om op jou RSA!
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 8:34 pm
by Dries101
Gromit jy is reg. thor of Davies. Geen Timney wat ek van weet nie..... Ek lees soos my allie.
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 8:35 pm
by Dries101
Finfan wrote:Gromit, nee nie sover ek weet nie. Ek het wel vir my die K98 Timney gekoop en na Izak Hatting gevat om op my 30-06 Musgrave Lyttleton RSA te sit. Hy fit hom om op jou RSA!
Goed om te weet!
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 9:27 pm
by Giepie
Ek het 'n 270Win Musgrave met Vektor aksie met 'n Timney sneller. So gekry. My 375H&H het 'n soortgelyke aksie met 'n Thor sneller. Hulle voel vir my baie eenders.
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Wed Mar 18, 2015 10:20 pm
by Finfan
Dries101 wrote:Finfan wrote:Gromit, nee nie sover ek weet nie. Ek het wel vir my die K98 Timney gekoop en na Izak Hatting gevat om op my 30-06 Musgrave Lyttleton RSA te sit. Hy fit hom om op jou RSA!
Goed om te weet!
Ek vat die 30-06 vir sy toets lopie met die Timney. As hy lekker werk gaan ek die 308 en 375 ook Timney.
Hoe is die Thor en Daves op die RSA en hoe lig kan mens hom kry?
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Thu Mar 19, 2015 6:18 am
by Dries101
My Thor is van so aard dat ek nie n Timney of Davies sal oorweeg nie. Baie lekker lig ens. Maw ek dink nie daar is nou juis n dag en nag verskil nie. Ek hou vav davies se sneller form
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:24 am
by Riaan Kriel
Dries101 wrote:My Thor is van so aard dat ek nie n Timney of Davies sal oorweeg nie. Baie lekker lig ens. Maw ek dink nie daar is nou juis n dag en nag verskil nie. Ek hou vav davies se sneller form
Hier is 'n foto van 'n Davies wat op my plank is - Tans op so 430g gestel maar hy kan heelwat ligter stel nog.
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Mobile%20Uploads/a8116319-0c97-4dfa-93ac-4a3ae3e23255_zps62bc80c1.jpg
Lyk nie so goed nie maar voel wel great en werk nog beter

Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:49 am
by Supacow
Stem saam. Daai sneller is woeslelik!
Die dik houte kry mos die kos gaar.
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Thu Mar 19, 2015 9:54 am
by Alwin
Duracell wrote:Dries101 wrote:My Thor is van so aard dat ek nie n Timney of Davies sal oorweeg nie. Baie lekker lig ens. Maw ek dink nie daar is nou juis n dag en nag verskil nie. Ek hou vav davies se sneller form
Hier is 'n foto van 'n Davies wat op my plank is - Tans op so 430g gestel maar hy kan heelwat ligter stel nog.
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Mobile%20Uploads/a8116319-0c97-4dfa-93ac-4a3ae3e23255_zps62bc80c1.jpg
Lyk nie so goed nie maar voel wel great en werk nog beter

Daai Davies is 'n fantastiese sneller. Maar ek sukkel om my snellervinger daar in te kry, sonder om bo en onder te raak. Het iemand anders al 'n plan gemaak? Snellerbeul oopbuig of iets? Sal graag wil weet, anders moet ek maar 'n Thor kry.
Re: Lyttleton RSA aksie 270 win:.....
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:33 pm
by NJ_v_N
Ek het in die afgelope maande 2 gekoop een was in puik toestand met picatinny rail en decent scope vir 15k en nog een met n redelike nuwe 28"shillen loop wat "ge-blueprint" was vir 10k. Met die regte koper kry jy dalk 10k maar vir 7k behoort jy hom maklik te verkoop.