Page 1 of 1

Rudolph teleskope

Posted: Thu Feb 19, 2015 6:49 pm
by jannie1
ek het vandag verneem die skope word deesdae vervaardig in dieselfde fabriek as nightforce skope
Is dit inderdaad korrek en wat is die verskille?. Sou dit my noop om nie een van die voriges te koop nie

Re: Rudolph teleskope

Posted: Thu Feb 19, 2015 7:05 pm
by Dries101
jannie baie van ons scopes kom uit die selfde fabrieke uit. Dit maak nie n Rudolph n nightforce of vice versa nie. Die goed word volgens n "spec" gebou. Phillps maak Marantz radios. Vw bou Porsche en UNo bou Ferrari. Dis n algemene ding. Dit beteken net dat as Rudolph n produk wil bestel wat verkoop vir R30 000 hulle dit kan doen as hulle dit so spesifiseer.

Re: Rudolph teleskope

Posted: Thu Feb 19, 2015 10:46 pm
by jannie1
ek verstaan dit presies so maar ek het maar gewonder en besluit om te hoor by die manne wat weet
die nuwes lyk my aansienlik duurder toe so dit beteken waarskynlik opgradering

Re: Rudolph teleskope

Posted: Thu Feb 19, 2015 10:48 pm
by Dries101
Ek dink dis meer n geval van die rand wat sy allie gesien het

Re: Rudolph teleskope

Posted: Fri Feb 20, 2015 7:39 am
by Nickvn
Ek het n Rudolph en n NF. Chalk and cheese. Jy kan hulle nie vergelyk nie. Waarde vir geld is die Rudolph nie sleg nie maar as jy kwaliteit soek sal jy moet betaal daarvoor. Die kwaliteit van die lense is duidelik sigbaar.

Re: Rudolph teleskope

Posted: Fri Feb 20, 2015 8:26 am
by Capt. Yoda
Nickvn wrote:Ek het n Rudolph en n NF. Chalk and cheese. Jy kan hulle nie vergelyk nie. Waarde vir geld is die Rudolph nie sleg nie maar as jy kwaliteit soek sal jy moet betaal daarvoor. Die kwaliteit van die lense is duidelik sigbaar.
Ja die Rudolph loop mooi maar NF is NF