Page 1 of 1

sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 8:38 pm
by stoffelpantoffel
Hi almal. Ek het op 'n kol gesien iemand het op die blad gese waar mens kan sneller skoentjies koop. Maar kry nie daai artikel nie. Wil weet of iemand dalk weet waar ek van hul aan hande kan kry?

Dankie.

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 8:58 pm
by Philip J
Stoffel, ek het myne deur 'n vriend by oom Philly in Klerksdorp bestel. Hy pos dit sommer vir jou. Gee hom 'n luitjie by 08drie 6twee5ses 535.
Groetnis
Philip.

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:18 pm
by Johan Nel
Beyers hier op die forum het ook geadverteer.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... es#p361238

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:33 pm
by Gernie
Wat prys so iets?

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:39 pm
by 243Songdaug
Thor engineering bou ook

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:40 pm
by Gernie
Sal bietjie by Thor hoor, het reeds n Thor sneller op my P14.

Re: sneller skoentjies

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:53 pm
by stoffelpantoffel
Dankie manne. Sal virseker die ouens kontak. Phillip ek hou van jou nommer uit leg! Baie kriatief! He he. Gernie ek weet nie wat hul prys nie maar gaan binne kort weet.

Ek het een op my 308 gehaat wat ek sommer self van lood gemaak en vas geplak het. Hyt baie lekker gewerk tot hy op skiet kompetisie af gekom het. Toe besluit ek maar dis dalk beter om die regte goed te kry wat jou nie in steek sal laat nie.

Re: sneller skoentjies

Posted: Fri Feb 06, 2015 7:41 am
by andre007
stoffelpantoffel wrote:Hi almal. Ek het op 'n kol gesien iemand het op die blad gese waar mens kan sneller skoentjies koop. Maar kry nie daai artikel nie. Wil weet of iemand dalk weet waar ek van hul aan hande kan kry?

Dankie.
Thor Engineering hou in voorraad, hulle nr is 012 802 0294, dink hulle was laas R160 stuk as ek reg onthou

Re: sneller skoentjies

Posted: Fri Feb 06, 2015 8:15 am
by Beyers
Johan Nel wrote:Beyers hier op die forum het ook geadverteer.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... es#p361238
MY VERVAARDIGER IS OORLEDE.

Kontak Johan van Rensburg - Cradock nul 8 2 87 een 68 nul nul

Re: sneller skoentjies

Posted: Fri Feb 06, 2015 5:39 pm
by stoffelpantoffel
Hi manne ek het reg gekom met die skoentjies. Johan op cradock sal eers teen volgende maand weer beskikbaar he vir R200 stuk. Thor het beskikbaar teen R217.00 stuk en philly van klerksdorp is goedkoopste teen R 150.00 stuk en sal maandag beskikbaar he. So daars hy. Dankie manne vir jul moeite. So nou weet julle ook wat die pryse is.

Groete stoffel

Re: sneller skoentjies

Posted: Fri Feb 06, 2015 6:35 pm
by Philip J
Bly ek kon help Stoffel. Bly jy nog altyd in Aliwal? Ek het in daai wêreld groot geword, maar aan die Noordekant van die Oranje in die Beskawing! ++>:

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 8:52 am
by stoffelpantoffel
Hi phillip. Ja nee eks nogsteeds hier aan verkeerde kant van oranje. Waar jy groot geword? Ek ken hele paar boere aan die vrystaat se kant.

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 9:41 am
by Philip J
Hi Stoffel. Ek het in Rouxville groot geword. Ook daar matriek geskryf in '94.

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 9:45 am
by andre007
stoffelpantoffel wrote:Hi manne ek het reg gekom met die skoentjies. Johan op cradock sal eers teen volgende maand weer beskikbaar he vir R200 stuk. Thor het beskikbaar teen R217.00 stuk en philly van klerksdorp is goedkoopste teen R 150.00 stuk en sal maandag beskikbaar he. So daars hy. Dankie manne vir jul moeite. So nou weet julle ook wat die pryse is.

Groete stoffel
Stoffel, kan ek saam met jou n bestelling insit dan spaar ons darem op posgeld?

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 2:14 pm
by stoffelpantoffel
PhilipJordaan wrote:Hi Stoffel. Ek het in Rouxville groot geword. Ook daar matriek geskryf in '94.
Sjo ok. Toe was rouxville se skool nog 'n goeie skool. Maar soos die dinge maar agteruit gegaan het van 95 af het meeste van die kinders of Aliwal toe gekom of bloem toe gegaan. Moet se die dorp huisves nogal baie blankes nog. Maar ook nie soos in verlede nie. Daar nogal paar ouens van die rouxville distrik wat saam ons by SA Jagter skiet. Weet nie of jy vir Neels vd merwe ken nie. Hys nogal aktief met die skiet storie. Die ander dink ek is na jou tyd gewees.

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 2:19 pm
by stoffelpantoffel
andre007 wrote:
stoffelpantoffel wrote:Hi manne ek het reg gekom met die skoentjies. Johan op cradock sal eers teen volgende maand weer beskikbaar he vir R200 stuk. Thor het beskikbaar teen R217.00 stuk en philly van klerksdorp is goedkoopste teen R 150.00 stuk en sal maandag beskikbaar he. So daars hy. Dankie manne vir jul moeite. So nou weet julle ook wat die pryse is.

Groete stoffel
Stoffel, kan ek saam met jou n bestelling insit dan spaar ons darem op posgeld?
Hi andre. Is doodreg vir die saam bestel. Hoeveel soek jy? Ek dink om 2 te vat ek sien jou sel nr is op jou post so sal jou se as ek maandag hulle bestel.

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 8:29 pm
by Dries101
Daai skoentjies is regtig great tot dat jy jou geweer uitmekaar wil haal en jy strip daai twee grub screws....dan is uitboor en n dremel jou voorland. So werk maar mooi met hulle

Re: sneller skoentjies

Posted: Sat Feb 07, 2015 9:24 pm
by stoffelpantoffel
Sal so maak dankie Dries.