Springbok en blesbok groot jag

Post Reply
Rbouwer
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jan 27, 2015 10:55 pm

Springbok en blesbok groot jag

Post by Rbouwer »

Hi almal

Ek was so lank laas op die forum Ek moes weer register.. Ek hoop julle manne kan help.

Ons gaan skiet elke jaar baie bles en springbokke in De Wets Dorp Vrystaat..

Ongelukkig wil die boer die jaar NIE laat skiet nie. Hulle wil teel en veiling toe..

Weet julle van n goeie plaas/outfitter wat binne 7 uure se ry van Johannesburg af is..?

Ons is 4 jagters en wil +\~ 50 - 60 bokke skiet.. Ons is opsoek na springbok, blesbok, swat bees

Ek Sal dit baie wardeer as iemand kan help?

Groete
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by win270 »

Sjoe, julle manne gaan nogal groot. Vertel gerus kortliks wie julle almal is, wat jul jagervaringe alles behels en ek is seker hier is manne wat sal kan adviseer. Stel julself dus bekend en dan gesels almal lekker saam.

Wanneer is jul registrasie gekanselleer? Hoekom het dit gebeur?
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by GreyGhostGear »

Rbouwer wrote:Hi almal

Ek was so lank laas op die forum Ek moes weer register.. Ek hoop julle manne kan help.

Ons gaan skiet elke jaar baie bles en springbokke in De Wets Dorp Vrystaat..

Ongelukkig wil die boer die jaar NIE laat skiet nie. Hulle wil teel en veiling toe..

Weet julle van n goeie plaas/outfitter wat binne 7 uure se ry van Johannesburg af is..?

Ons is 4 jagters en wil +\~ 50 - 60 bokke skiet.. Ons is opsoek na springbok, blesbok, swat bees

Ek Sal dit baie wardeer as iemand kan help?

Groete
Is Murraysburg/Aberdeen distrik nog binne range?
Rbouwer
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jan 27, 2015 10:55 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Rbouwer »

Hi Julle

Geen probleem:

Ja, dit is n reuse jag tussen ons 4 jag buddies, dis ek (jag al 10 jaar met bietjie boog en baie baie geweer) in die bosveld skiet ek met n griffin 30.06 wat JJ Wapens ge bou het. In die oop veld skiet ek met n awesome 25.06 custom built truvelo.. Hy loop soos stroop.
Marius n baie goeie pel van my is HUGE in die ver skiet ding in, hy het n custom bisley geweer waar hulle dinge op n km skiet saam van die springbok skiet ouens. Dis nogals iets om te beleef.. hy skiet die oop veld bokkies met n highly spec 243 wat ook vir hom ge bou was.. Die ander twee pelle skiet al die laaste 3 trips saam ons, maar hulle skiet minder en is tans besig om hulle "sniper gunne" ook te laat bou..

Ons het laas jaar 73 bokkies ge skiet in 4 dae op de wets dorp, amper halfte van al die bokkies was op bestelling vir vriende/familie en kliente.. Die res laat ons verwerk vir ons eie huis / gesin gebruik.

Ons skiet altyd in Mei / Junie en die boer het laas week gebel en gese asb manne, die jaar wil hy eerder van sy wild laat vang en verkoop, blykbaar kry die boere n beter prys so. Die balans wil hy laat teel. Ons jag al die laaste 5 jaar elke jaar by Deon op De Wets Dorp.

Dis natuurlik heeldag bakkie skiet, anders sal n ou nooit by die getalle uit kom nie. Ons skiet hoof saaklik kop skote met natuurlik nek skote. Op van die verder skote en veral as die wind waai dan skiet ons blad skote. Gewoonlik skiet ons nek/kop skote tot op 300m as dit wind stil is en daar na blad skote.

Ek hoop iemand kan ons na n great plaas/outfitter verwys.

wil graag pics laai van laas jaar se jag maar is nie seker hoe om dit te doen nie..

Groete
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by win270 »

Gaan na "Full Editor", dan "Browse" jy wat jy wil laai en dan "Attach" jy. Foto's se groottes (in kb) kan nie te groot wees nie. Hou dus maar die "file size" aan die klein kant. Miskien kan iemand op die forum aandui wat die maksimum toelaatbare limiet hiervoor is.

Groete
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by TOKELOS »

Rbouwer, daar is baie jagplek (blesbok/springbok) in en om Dewetsdorp. Ek het ongelukkig nie meer kontakte daar nie maar vra vir Deon of hy jou nie na ander boere kan verwys nie. Ek is seker hy sal kan help as hy net wil.
Rbouwer
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jan 27, 2015 10:55 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Rbouwer »

@ Tokelos

Ek het gehoopp Deon sou kon, maar Deon is nie op die plaas voltyds nie. Hy het n masiewe besigheid en is baie keer uit die land..

Dis hulle familie plaas, en net ons en sy kliente jag daar.. Hulle kon ons nie verwys na iemand wat sal kan help met die hoeveelheid bokke wat ons wil skiet nie in n kort tyd perk..

Dis meer challenging as wat jy dink om n plek te kry wat bereid is dat ons daar kom skiet..

Kan ek vir iemand die pics watsapp en dan laai hulle dit..? my foon/rekenaar wil nie saam speel nie..

Groete
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Willie »

Rbouwer wrote: Dis hulle familie plaas, en net ons en sy kliente jag daar.. Hulle kon ons nie verwys na iemand wat sal kan help met die hoeveelheid bokke wat ons wil skiet nie in n kort tyd perk..

Dis meer challenging as wat jy dink om n plek te kry wat bereid is dat ons daar kom skiet..
Ons het selfde probleem om 40 springbokke te kry hier in die groter Kaap provinsie. Om 'n paar te kry gaan nog maar sodra die manne die klas syfers hoor dan hakkel en stotter hulle.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Sako75 »

Ek begin al meer dink mens moet die wild op die wildsveilings gaan koop om te jag, want al die wild gaan nou mos eers soontoe, en dan die boer die vangkostes spaar deur die bokke te jag.

Ek weet net nie hoe kry mens die somme gemaak nie. Rooibokooie se prys op die veiling is R2,500 maar nadat ek 'n minimum van 40 laat vang het (wildvangers kom nie uit vir minder as dit nie) by my en op die veiling gesit het en verkoop het vir R2,500 steek ek steeds R800 per bok in my sak na al die transaksiekostes?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by win270 »

Jy sal dus meer profyt maak as jy direk laat jag en dan nog inkomste uit akkommodasie en ander dienste op die plaas ook kry. Is ek reg?
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Boesman10 »

Willie wrote:Ons het selfde probleem om 40 springbokke te kry hier in die groter Kaap provinsie. Om 'n paar te kry gaan nog maar sodra die manne die klas syfers hoor dan hakkel en stotter hulle.
@Willie - Hoeveel jagters is julle en oor hoeveel dae wil julle skiet? Stel julle belang in W&S of jag julle eerder met die bakkie? Wanneer will julle gaan jag?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Boesman10 »

Rbouwer wrote: Ons is 4 jagters en wil +\~ 50 - 60 bokke skiet.. Ons is opsoek na springbok, blesbok, swat bees
Groete
Wat is julle opdeling van die wild bv hoeveel van elke spesie is julle agter? Ook - sal julle bietjie verder ry na Middelburg in die Oos Kaap se kant toe? Kontak my op master@wetdog.co.za en dan kan ons miskien iets uitwerk.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Willie »

Boesman10 wrote:
Willie wrote:Ons het selfde probleem om 40 springbokke te kry hier in die groter Kaap provinsie. Om 'n paar te kry gaan nog maar sodra die manne die klas syfers hoor dan hakkel en stotter hulle.
@Willie - Hoeveel jagters is julle en oor hoeveel dae wil julle skiet? Stel julle belang in W&S of jag julle eerder met die bakkie? Wanneer will julle gaan jag?
Ons is drie jagters en sou graag vir drie (maks 4) dae wil jag. W&S dink ek gaan maar sukkel om soveel bokke te kry in so kort tydjie. Ons sou graag in middel Junie wou gaan rondom die vakansiedag op die 16de.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by win270 »

Sommer so bietjie tong in die kies - julle sal verseker soveel bokke op die veilings raakloop, lyk dit my.

Nietemin, hoop julle kom reg en is suksesvol.

Groetnis
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Springbok en blesbok groot jag

Post by Boesman10 »

@Willie - stuur vir my jou epos adres na master@wetdog.co.za toe dan gesels ons.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Post Reply