Duifskiet in Suid-Amerika
Posted: Fri Jan 23, 2015 11:56 am
`n Vriend van my was onlangs genooi om in Argentinië te gaan duiwe skiet. Soos julle seker weet is duifskiet in Argentinië baie groot besigheid (heelwat groter as hier by ons) en die Amerikaners en Europeërs staan tou om hulle geld in die Pampas te gaan spandeer.
Voor ek by die skiet gedeelte kom, net die volgende: daar word spesiaal 5 000 hektaar se sonneblomme geplant vir die duiwe. Dit word nie aan die einde van die seisoen geoes nie maar word dood eenvoudig ingeploeg en die lande word volgende jaar weer oorgeplant. My vriend,wat `n agtergrond in natuurbewaring het, was HOOGS beïndruk met die manier waarop die Argentyne alles bestuur en volgens hom is die hele operasie `n model vir natuurlewe bestuur en bewaring. Die dooie duiwe word sover moontlik opgetel en die wat nieopgetel word nie, word kos vir roofdiere soos jakkalse en wolwe. Meer belangrik, die area se roofvoëls baat ook baie by die voedselbron en daar is groot navorsing aan die gang in die area juis hieroor.
My vriend was daar vir vyf dae en in die tyd het hy `n gemiddeld van `n duisend skote PER DAG op duiwe geskiet. Hy was een van `n geselskap van 14 skuts waarvan meeste ander heelwat meer skote as hy geskiet het. Soos wat hy kon sien het die groot aantalduiwe wat geskiet waselke dag bykans geen effek gehad op die getalle nie en te oordeel aan die foto’s wat hy my gewys het glo ek hom.
Die haelgewere wat gebruik is was almal in 20-boor. Die 12-boor werk natuurlik uitstekend maar die terugskop met daardie volume skiet word net te erg en die 20 is die beter keuse tensy jy soos King Kong gebou is. Die skuts is welkom om hulle eie gewere te bring vir die skiet (ammo koop jy daar) maar my vriend het sommer die lodge se guns gebruik. Die Argentyne is egter baie adamant oor wat hulle die kliënte mee laat skiet en deur die jare heen het hulle goed agter gekom wat werkmet sulke volumes ammunisie en wat nie. Die keuses was een van drie, al drie in 20-boor: Beretta Silver Pigeon, Browning Over/Unders (nuwe produksie) en Benelli semi-auto’s. Die manne by die lodge reken dis die enigste drie gewere wat hou, en selfs hierdie drie hou nie langer as twee jaar of so nie dan word hulle vervang met nuwes. Gaan maak maar die somme: `n duisend skote (Amerikaanse 24-gram ladings-warm gelaai) plus per dag vir amper elke dag oor twee jaar lank. Daai guns hou nie op werk vir daardie tyd nie, en reken saam nog die ouens wat nie weet hoe om `n dubbel ordentlik oop en toe te maak nie, wat ook nog ekstra stres op die aksie sit.
Alles by die blyplek was 5-ster met wonderlike forelwaters, fantastiese kos en alles wat mens kan verwag van so uitstappie. Elke skut kry ook twee handlangers: een om dooie voëls op te tel en die ander om te laai.Klink na pret!
NS:my pel se ammo rekening na `n week se skiet was net oor die R 10 000…