`n Vriend van my was onlangs genooi om in Argentinië te gaan duiwe skiet. Soos julle seker weet is duifskiet in Argentinië baie groot besigheid (heelwat groter as hier by ons) en die Amerikaners en Europeërs staan tou om hulle geld in die Pampas te gaan spandeer.
Voor ek by die skiet gedeelte kom, net die volgende: daar word spesiaal 5 000 hektaar se sonneblomme geplant vir die duiwe. Dit word nie aan die einde van die seisoen geoes nie maar word dood eenvoudig ingeploeg en die lande word volgende jaar weer oorgeplant. My vriend,wat `n agtergrond in natuurbewaring het, was HOOGS beïndruk met die manier waarop die Argentyne alles bestuur en volgens hom is die hele operasie `n model vir natuurlewe bestuur en bewaring. Die dooie duiwe word sover moontlik opgetel en die wat nieopgetel word nie, word kos vir roofdiere soos jakkalse en wolwe. Meer belangrik, die area se roofvoëls baat ook baie by die voedselbron en daar is groot navorsing aan die gang in die area juis hieroor.
My vriend was daar vir vyf dae en in die tyd het hy `n gemiddeld van `n duisend skote PER DAG op duiwe geskiet. Hy was een van `n geselskap van 14 skuts waarvan meeste ander heelwat meer skote as hy geskiet het. Soos wat hy kon sien het die groot aantalduiwe wat geskiet waselke dag bykans geen effek gehad op die getalle nie en te oordeel aan die foto’s wat hy my gewys het glo ek hom.
Die haelgewere wat gebruik is was almal in 20-boor. Die 12-boor werk natuurlik uitstekend maar die terugskop met daardie volume skiet word net te erg en die 20 is die beter keuse tensy jy soos King Kong gebou is. Die skuts is welkom om hulle eie gewere te bring vir die skiet (ammo koop jy daar) maar my vriend het sommer die lodge se guns gebruik. Die Argentyne is egter baie adamant oor wat hulle die kliënte mee laat skiet en deur die jare heen het hulle goed agter gekom wat werkmet sulke volumes ammunisie en wat nie. Die keuses was een van drie, al drie in 20-boor: Beretta Silver Pigeon, Browning Over/Unders (nuwe produksie) en Benelli semi-auto’s. Die manne by die lodge reken dis die enigste drie gewere wat hou, en selfs hierdie drie hou nie langer as twee jaar of so nie dan word hulle vervang met nuwes. Gaan maak maar die somme: `n duisend skote (Amerikaanse 24-gram ladings-warm gelaai) plus per dag vir amper elke dag oor twee jaar lank. Daai guns hou nie op werk vir daardie tyd nie, en reken saam nog die ouens wat nie weet hoe om `n dubbel ordentlik oop en toe te maak nie, wat ook nog ekstra stres op die aksie sit.
Alles by die blyplek was 5-ster met wonderlike forelwaters, fantastiese kos en alles wat mens kan verwag van so uitstappie. Elke skut kry ook twee handlangers: een om dooie voëls op te tel en die ander om te laai.Klink na pret!
NS:my pel se ammo rekening na `n week se skiet was net oor die R 10 000…
Duifskiet in Suid-Amerika
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
- Skywalker
- Full Member

- Posts: 130
- Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Jo dis nou n lekker lees gewees. Dankie vir die deel.
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer
Self Defence
Beretta 90-Two 9mm
Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer
Self Defence
Beretta 90-Two 9mm
Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Dit klink ongelooflik! Baie lekker gelees! Ek het al videos gesien van duifjagte in ARG, maar nie besef dit is so groot besigheid daar nie.
Jammer as ek die post hi-jack met my vraag...
Kan ek bietjie meer besonderhede hieroor vra? Ek was nie bewus dat daar 'n regte of verkeerde manier is nie en sal graag meer wil weet en reg wil leer!Johan van Wyk wrote:... en reken saam nog die ouens wat nie weet hoe om `n dubbel ordentlik oop en toe te maak nie, wat ook nog ekstra stres op die aksie sit.…
Jammer as ek die post hi-jack met my vraag...
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Johan
Dankie vir die deel.
Ek wou onwillekeurig begin ruk toe ek by 1000 skote kom, maar sien toe jou pel is nie so sterk nie. Dit is ongelooflik en wys jou wat gedoen kan word met die regte ingsteldheid en 'n regering wat toerisme bevorder.
Ek dink egter 'n groenie sal seker in sy Tofu burger walg as hy/sy hoor hoeveel voëls gedood word. Ek weet die manne wat dit gedoen het op die Springbokvlakte het groot teenkanting gekry - en dit het vleis verskaf aan die agtergeblewes.
Lyk my daai gewere is die Land Cruisers van die haelgeweer wêreld.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Die duifgetalle waar my vriend geskiet het is absoluut ongelooflik. Daar is kos tot morstens toe as gevolg van die sonneblom en daar is ook meer as genoeg broeiplek, so die kombinasie is ideaal. Ons het ietwat van `n soortgelyke situasie rondom plekke soos Johannesburg en Pretoria maar hier is steeds nie naastenby soveel duiwe as wat die Argentyne het nie.
Carl, my ou reken hy het `n gekneuste wang gehad vir `n week na hy terug was. Op die video wat hy my gewys het kan jy duidelik sien dat party van die ouens letterlik so vining skiet as wat die "secretario" (dis wat hulle jou helper daar noem) vars patrone kan indruk. Jy staan op een plek en skiet en die ejectors werk oortyd sodis maklik om die doppe na die tyd op te tel. Ek verstaan heeltemal hoe party ouens deur tot 2 000 patrone `n dag kan brand. Daar is op enige gegewe oomblik `n paar honderd duiwe in die lug om jou.
Eugene, volgens die slim ouens moet mens `n dubbel (veral `n S/S en OU's wat op die ou B25 ontwerp van Browning gebaseer is) so saggies as moontlik oop- en toemaak. Die rede is dat jy onnodig stress op die "hinge pin" (die skanierpen waarom die lope beweeg as jy hulle knak en weer toemaak) sit. Dis veral `n kwessie met die toemaak en saam met swaar gelaaide ammo skiet iets oor tyd iewers los vinniger as wat dit nodig is.
Baie van die hedendaagse OU's (soos die 686-reeks Berettas) sluit weerskante aan die binnekant van die aksie en met hierdie ontwerpe is toe wetter minder van `n probleem, maar ek sal nog steeds enige ou wat oormatige geweld gebruik om een van my roere te laai se oor met liefde vir hom mors afdraai. Daar is ook ander ontwerpe wat sogenaamd "self-openers" is. Meeste Purdeys is so. Wat hier gebeur as jy die hefboom oor druk is dat die aksie op eie stoom oopvlieg en die ejectors die doppe uitskop. Dis nogal `n sexy ding! Hulle is weer moeilik om toe te maak omdat jy die veer meganisme wat die "self-opening" gedeelte veroorsaak moet span op die toemaak slag.
In kort is die beste maar net om te sorg dat daar genoeg smeermiddel om die skanierpen is en om dinge met so min geweld as moontlik oop en toe te kry.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Geweld - jy kan 'n koevoet so in 'n donkie se agterent afbreek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Dankie Johan, nou verstaan ek! Ek sal oplet daarna. Ek het 'n ouerige Brno s/s 12br met ejectors en wil maar mooi werk met die geweer....
Aim small, miss small
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Het so program op TV gesien. Die boomryke area waar die duiwe nesmaak en oornag word beskerm. Hulle vlieg nogal 'n redelike ent na die lande toe.
Dankie vir wenk oor geweer oop en toe maak. Met kleiskiet vang 'n mens die doppe en dit behels dan 'n gematigde oopmaak van die geweer.
Dankie vir wenk oor geweer oop en toe maak. Met kleiskiet vang 'n mens die doppe en dit behels dan 'n gematigde oopmaak van die geweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 726
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Viva 20Br!
Om 'n breeknek toe te maak - met die loop na die grond gerig skuins voor jou, hou die toon van die kolf in jou sy, bring die lope tot die geweer amper toe is en druk dan net ferm dat dit toeknip.
Om 'n breeknek toe te maak - met die loop na die grond gerig skuins voor jou, hou die toon van die kolf in jou sy, bring die lope tot die geweer amper toe is en druk dan net ferm dat dit toeknip.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Duifskiet in Suid-Amerika
Bucket list item bygevoeg, magtag dit klink mos nou eerste klas !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner