Wie ken Kurpers ??

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Wie ken Kurpers ??

Post by Frederik »

So bietjie geskiedenis eers my Pa het die plot gekoop in 1989 langs die Mogol rivier 10 km noord van die Hans Strijdom dam naby Ellisras die riete was nog altyd 'n probleem met die water vloei wat nie konstant is nie. So ons moes nog altyd die riete oop kap as ons daar wou vang. Daar was nog altyd baie vis en verskriklik baie klein vissies maar dinge het vernader oor die jare en die vis is nog baie maar ons kry nou al hoe meer spesies wat ons nooit daar gevang het nie.

Spesies wat ons altyd gevang het:
Rooiborskurper
Vleikurper
Kanariekurper
Baber

Spesies wat sover ek weet bygekom het:
Bloukurper
Largemouth Bass
Klipbaber :(
Gillemientjies

Dit is hoekom ek besluit het om die paar fotos te neem van verskillende spesies kurpers wat ons vang en hoop iemand kan ons dalk help met die regte benaming as ek nie dalk verkeerd is nie.

A - http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/kurper1_zps620cda66.jpg

B - http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/058_zpsa8a97257.jpg

C - http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/061_zps75020840.jpg

D - http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/kurper_zps61b3bdd8.jpg

E - http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Kurper2_zps0e38993a.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/040_zpsda2b35f2.jpg
Die riete wat ons oopgekap het so dit is virgin viswater waar niemand nog ooit visgevang het baie lekker van die plot by ons.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/043_zps278beaf4.jpg
Die groot vangs.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/059_zpsd3082c85.jpg
Ons noem die gillemientjie is dit sy regte naam ek weet dit is nie kurper nie.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/073_zpscefa806f.jpg
My PB Bass en dit nog op wurms en op plek waar Bass nooit was nie dit is die eerste keer dat ons Bass daar vang alhoewel hulle mooi vis uit die dam uit trek van 3kg so hoor ek.
Last edited by Frederik on Fri Jan 02, 2015 8:02 am, edited 1 time in total.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wie ken Kurpers ??

Post by Pvdw »

Heelbo is verseker rooibors kurper en ek vermoed nr2 is vleikurper.

Die ghilimientjie is jy doodreg. Engels is dit Three spot barb. Ons het hulle letterlik 1000ge gevang op die plaas in Marble Hall
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Wie ken Kurpers ??

Post by Riaan Kriel »

Ons het vanaf die vroeë 1980's tot middel 1990's gereeld in die Ellisras-omgewing gejag en gekuier op vriende se plaas. Die plaas was so ongeveer 56km Noord vanaf Ellisras en 10km vanaf die "Stokpoort-grenspos" as ek reg onthou. Die plaas was begrens deur die Mogol-rivier en hulle het die lemoenbome direk uit die rivier besproei. Later is daar 'n spilpunt opgesit en is waatlemoene en spanspekke so verbou en ook natgespuit uit die rivier.

As kinders het ons baie in die rivier gespeel, visgevang en geswem. Dit was tot die eienaar ons in die rivier kry en amper iets wou oorkom. Hy het met ons na die hoogwaterbrug gery op die kant van plaas en van bo af gewys hoe 2 krokkodille in die water van die Mogolrivier lê. Volgens hom was daar ook seekoeie, ons het net die spore gesien maar nooit 'n seekoei daar nie. 'n Paar dae later het my pa daar 'n 2,2m krokkodil geskiet waar ons geswem het. Die is na oom Horst Sheffield (Taxidermist daarnaby) geneem om op te stop.

Dit was die laaste wat ons daar geswem het en deur die riete gaan rondploeter het.

Moral of my story: Dus wees maar versigtig as julle die riete daar uitkap in die water en enige plek dieper as kniediepte in daardie water van die Mogolrivier ingaan.
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Wie ken Kurpers ??

Post by NicoO »

Gooi n Fluke vir daai bassies dan gan jou PB vinnig op :laugh:
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
Post Reply