Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Frikjordaan »

Sien nou die dag in Upington 2014 Mitsubishi Demo Clubcap bakkies te koop.
Verkoopsman sê dit is goeie betroubare werksbakkies veral die 2.5 Diesel
maar dat hulle slegs ongewild is weens hul vorm.

hier in Karasburg het ek nog nooit een gesien nie.

Die vraag is as dit so 'n goeie betroubare bakkie is met min elektronika hoekom sien mens so min op die pad.

Sal graag 'n opinie wil hoor van manne wat die voertuie ken.
Baie dankie
Frik
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by henning »

Frik ek het net goeie ondervinding met Mitsubishi en wonder self hoekom daar so min op die pad is. Ek vermoed dat die ander bekende maake is net te diep in ons suid Afrikaanse kultuur in gegrawe.

Hopelik sal van die ander manne met meer kennis insette lewer.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by LUAN »

Ek kan ook nie verstaan dat hulle nie meer gewild geword het nie. Die colt was glo mooier en dis daaroor dat die Triton nooit so aftrek gekry het. Die Triton se vorm lyk dalk nie so mooi maar gaan sit op die passasiers sitplek dan sal jy verstaan hoekom hy so ontwerp is. Gaan kyk hoeveel keer het Mitsubishi die Dakar gewen dit se iets. In Israel ry die spesiale magte Mitsubishi nie Toyota nie. Dis maar hier in Afrika wat die mense so toyota bevange is. Eks baie gelukkig met my Triton hys betroubaar en doen als wat n hilux kan doen. As ek nuut moes koop ja dan sal ek n hilux vat want jy verloor minder as jy wil verkoop maar tweedehands kry jy net soveel bakkie vir baie minder. Daardie 3.2did is in die pajero ook en is een van die beste diesel enjins nog.
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Burger »

Mitsubishi is betroubaar genoeg om Dakar 12 keer te gewen het waarvan 7 keer in n ry tussen 2001 tot 2007. Hulle het toe maar ontrek uit die Dakar daarna, ek neem aan hulle het hulle punt bewys.

My Triton 2.5did Clubcab het nou 208 000km op met geen probleme. Dieselfde injectors, dieselpomp, ratkas, diff en engin en hy trek vandag beter as toe ek hom in 2011 gekoop het. Ek weet hy sal nie gesteel word of ge hijack word soos die gewilde Toyota produk nie. Google bietjie "moose test hilux", daar wys dit dat hy veiliger op die pad is as Hilux wat padhou vermoe betref.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by alecjohnson »

Mense, ek het 'n colt rodeo 2.8TDi gehad, en dis 'n F()##3N lekker bakkie!
Ek het dit vir 2.5 jaar gehad en toe verkoop vir 'n Isuzu KB 300 LX. Die rede was brandstof verbruik.

Ek het normaalweg 90-100km/h gery en gemiddeld was 7.2km/l
as ek dit gestoot het na 120km/h was my brandstof 6km/l en ek moes eenmaal hospital toe jaag en spoed was so 160-180km/h en daar was my brandstof verbruik 5.3km/l

Dit het my gemoor, net my trippie op kgalagadi toe verlede jaar (presies 'n jaar terug) het my R7335 gekos net aan brandstof.

Ek het op 150 000 Km besluit om injectors te vervang. Iemand het gese dit sal help met brandstof verbruik. Na dit vervang was teen 90-100km/h het ek 6.5km/l gekry en 2 maande later verkoop en my pa se suzie oorgeneem en hy het nuwe model gekoop.



As ek die geld gehad het vir soveel brandstof het ek nounog die colt gery!

Ek weet dat hulle top problem kry, en as jou tpo blaas vervang jy hom met 'n AMC top. Ek het egter altyd prober om die uitlaat gas temperatuur onder 650 grade C te hou en die top temperatuur onder 110 grade. Die keer wat ek so gejaag het, het die top temp net bo 240 grade gedraai. gelukkig geen probleme nie.

Al problem wat ek gehad het was my difflock se kontroleboks het geblaas en dit was R1500 om reg te maak.

Ai hoe mis ek my ou bakkie nou :'(
523163_512617778755711_21962093_n.jpg
293065_512618165422339_2054286189_n.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by VdWalt »

Volgende jaar kom die nuwe Triton uit en hy is mooi. Ek het nou my Pajero Sport 4x4 auto 2.5 (Triton wat toe gebou is) en trek nou
op 10k km op die klok in 5 maande en is nog nie 'n dag spyt nie. Seker maar gou vir my om iets oor hulle te sê. Ek beplan
om volgende jaar Kgalagadi toe te gaan. Dan sal ek meer oor die kar se 4x4 vermoeens kan sê. Het al paar keer grond pad
gery en geniet hom sover baie. Ek kry 8-9km per lt in die stad en 10-11km op die oop pad @ 120km per uur.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Shaker
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Shaker »

My Colt V6 het amper 450000Km op...
Al probleme was die radiator en die sleutel se elektronika (kannie presies onthou wat dit was nie)

Wil hom ry tot 500000 en sal hom dalk dan laat gaan :)
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Hennie Dreyer »

Wil nie produkte afkraak of vergelyk nie......maar Mitsubishi eienaars is soos daai groot geboude ouens....het eintlik niks om te bewys nie want jy weet jy is beter.
Ek laaik my Mitsubishi kwaai!!!!!
Hennie
.308 CZ 550 Lux
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by dehacked »

Het self pajero gehad. Baie lekker gery veral grond en langs see maar brandstof verbruik het my laat verkoop.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Chevvy SS »

Sien nou die dag in Upington 2014 Mitsubishi Demo Clubcap bakkies te koop.


Die vraag is as dit so 'n goeie betroubare bakkie is met min elektronika hoekom sien mens so min op die pad.

Sal graag 'n opinie wil hoor van manne wat die voertuie ken.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Capt. Yoda »

Chevvy SS wrote:Sien nou die dag in Upington 2014 Mitsubishi Demo Clubcap bakkies te koop.


Die vraag is as dit so 'n goeie betroubare bakkie is met min elektronika hoekom sien mens so min op die pad.

Sal graag 'n opinie wil hoor van manne wat die voertuie ken.

Hy val vinniger as n Hilux met 3 wiele, daai skurwe grond paaie om Upington is seker die rede dat hy te koop staan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by cassie_calvinia »

ek het lank ' colt club cab V6 gery.
nooit problem gehad nie.
e, padhou vermoe was baie goed op grondpaaie(baie beter as de ranger wat ek gehad het)
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by PWV »

Onthou net: Die voertuie wat aan die Dakar deelneem en dié wat ons by 'n handelaar koop, verskil hemelsbreed - al wat dieselfde mag wees, is die naam!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Supacow »

Dankie Oom PW.
Ek wou ook die vingerkie swaai. Dit is n nuttelose vergelyking. Uno is n Ferrari
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Burger »

Capt. Oblivious wrote:
Chevvy SS wrote:Sien nou die dag in Upington 2014 Mitsubishi Demo Clubcap bakkies te koop.


Die vraag is as dit so 'n goeie betroubare bakkie is met min elektronika hoekom sien mens so min op die pad.

Sal graag 'n opinie wil hoor van manne wat die voertuie ken.

Hy val vinniger as n Hilux met 3 wiele, daai skurwe grond paaie om Upington is seker die rede dat hy te koop staan

https://www.youtube.com/watch?v=LCzPEBclQ9k

Hoe se Kaptein
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by JohanvanZyl »

Ek het 'n goeie vriend wat in die Kaap betrokke is by Avis se verhurings. Hulle doen langtermyn verhurings en veral bakkies. Hulle het 200 bakkies in die vloot. Meer as 100 toyota Hilux en so 20 Tritons. Hy se die manne wat al met die Tritons gery het sal spesifiek vra om hulle weer te huur.Kry ook goeie diens uit hulle uit en regtig min probleme. Die manne raak verlief op die trokkies. MAAR niemand wil hulle koop nie. Hulle sukkel om hulle te verkoop as die kilos te hoog raak. Dis hoekom daar so baie toyotas in die vloot is. Die tweedehandse waarde is net soveel beter. So my gevoel is dat daar niks fout is met hulle nie. Koop hom en ry hom tot hy 'n hoenderhok is, want as jy gaan verkoop verloor jy allie pad.
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Rudiejacobs »

Het vir jare vir hulle gewerk, baie betroubaar!
Ja die pajero In die dakar en die pajero wat jy koop is presies die selfde onderstel, ratkas en ewenaars. Die engine is net sterker en die gekoopte een het nou al die fancys in wat die dakar een nie het nie. Vir gewig redes.
Verder geen verskil.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Boersonderroer »

Ek dink die grootste rede vir minder verkope is dat Mercedes hom versprei. Duitse handelaar = betaal dat Jy hop. Ek laat my Triton by Ford diens teen 'n kwart van die koste. Hy ry soos 'n kar op die teerpad en handle glad nie sleg op die grond nie, veral as Jy bietjie gewig op sy gat gooi. Enigste probleem Wat ek sover gehad is was om shocks te vervang. Kry amper 11km per liter. Party Mense hou nie van die look nie ,maar ek dink weer alle Toyota's lyk soos 'n ou tannie se sondagkerk-hoed, smaak verskil maar.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Plant
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Plant »

My 2007 3.2 dubbel cab het nou so 200 000 kilos op, was eers die gesins voertuig en nou is dit my werks bakkie (90 000 van die kilos in 2.5 jaar).
Nou ek is n Toyota ou groot gemaak, en seker so laat staan MAAR toe ek van n kar na n dubbel kajuit oorslaan was die scenario dat die Toyota en die Triton met presies dieselfde kilos en specs amper 60K duurder was. Toe vat ek die Triton en was nog nie een dag spyt nie. Ek diens hom sommer self en dit kos my dus net die filters en olie se koste - ry bitter baie grondpad, en dan slegtes ook nog.
Daar is 2 goed wat ek wel moet se (my ondervinding) - hy is nogal gevoelig vir wat se tekkies jy op hom sit. Het Duelers op gehad en gery soos n droom op alle oppervlaktes, toe ek hom meer vir werk gebruik het ek Yokahama Geolanders opgesit - nou op veral nat pad is die outjie bietjie wild.
Mercedes het nie meer die agentskap nie, imperial motor groep het die nou (hulle voer die parte ens in) en nou wag mens lank as jy iets nodig het. Het n Kudu gesalaan so jaar en half terug, en eht vir van die onderdele lank gewag.

Verder, great bakkie, en diesel verbruik is maar dieselfde as al my eerlike pelle sin wat Hilux en kesuz 4X4's ry.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Friedland »

Ek ry n Triton en love daai bakkie to bits. Ek het ook al in my lewe Toyota, Ford en Nissan gery. Die Mitsubishi is great.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Supacow »

Braailand

Jy moet nog n Isuzu try

Hulle deliver
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Burger »

Het jy nog jou Isuzu KB, 19voertjek model Supacow? Ystertjies daardie ou Isuzus
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by ruaanb »

Supacow wrote:Braailand

Jy moet nog n Isuzu try

Hulle deliver
'n man so na my hart ;D
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Mitsubisihi bakkies: Is dit 'n goeie betroubarie bakkie

Post by Supacow »

Burger

Rook en Kook gallop nog mooi. Eintlik trippel hy.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Post Reply