Page 1 of 1

Bekendstelling

Posted: Sat Dec 27, 2014 8:32 pm
by LouisF
Hi almal,

My naam is Louis, ek woon in Kimberley.

My ouers boer tussen Douglas en Prieska, en van daar my liefde vir jag en skiet. Onlangs eers begin herlaai en totaal verslaaf.

Ek is verbonde aan 'n plaaslike wapenhandelaar en verkoop ook nie-gelisensieërde items aanlyn.

Ek het die volgende wapens:
Glock 23 Gen 3 .40 S&W
Krico .22 LR
Ruger M77 MKII 7x57 Mauser
Howa .243 Euro Varminter

...en ek het nog nooit n Jakkals geskiet nie. ;D

Groete

Re: Bekendstelling

Posted: Sat Dec 27, 2014 8:34 pm
by tripodmvr
Jy kry baie punte vir die 22 Krico. Sit 'n foto op sodat ons kan vergelyk.

Re: Bekendstelling

Posted: Sat Dec 27, 2014 8:40 pm
by LouisF
Dit is 'n geweertjie wat ek as geskenk gekry het en die hout is bietjie lelik op die oomblik. Hy word eersdaags mooi gemaak en dan sal ek verseker 'n foto laai!

Re: Bekendstelling

Posted: Sun Dec 28, 2014 6:37 am
by tripodmvr
Die Krico's dateer uit die sestigerjare. Jy kan by Krico uitvind watter model hy is en wanneer hy vervaardig is.

Re: Bekendstelling

Posted: Sun Dec 28, 2014 7:01 am
by Heinz Petersen
Welkom Louis.
Dit is sommer lekker om so n bekend stelling te lees. Dit is n meneer van n Koedoe waar jy by staan. Weet jy wat was die lengte van daai horings of moet ons maar raai.
Hoop jy geniet die forum en kan binnekort jou jou eerste jakkals skiet.

Re: Bekendstelling

Posted: Sun Dec 28, 2014 9:24 am
by Boesman10
Welkom Louis. Ek was baie baie jare gelede op kleuterskool in Kimberley en toe verhuis ons Barkley Wes toe waar ek lank skool gegaan het. Is daar weg in 1979 en was nog nooit weer terug Barkley toe nie. My pa het huise gebou vir die myne en dit is daar op die myne se grond waar hy my geleer jag het.

Re: Bekendstelling

Posted: Sun Dec 28, 2014 6:34 pm
by LouisF
Heinz Petersen wrote:Weet jy wat was die lengte van daai horings of moet ons maar raai.
Grootste kudu wat ek nog platgetrek het, het 54" gemeet. In ons wêreld raak hulle mos nie vreeslik groot nie.