Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dit is 'n geweertjie wat ek as geskenk gekry het en die hout is bietjie lelik op die oomblik. Hy word eersdaags mooi gemaak en dan sal ek verseker 'n foto laai!
Welkom Louis.
Dit is sommer lekker om so n bekend stelling te lees. Dit is n meneer van n Koedoe waar jy by staan. Weet jy wat was die lengte van daai horings of moet ons maar raai.
Hoop jy geniet die forum en kan binnekort jou jou eerste jakkals skiet.
Welkom Louis. Ek was baie baie jare gelede op kleuterskool in Kimberley en toe verhuis ons Barkley Wes toe waar ek lank skool gegaan het. Is daar weg in 1979 en was nog nooit weer terug Barkley toe nie. My pa het huise gebou vir die myne en dit is daar op die myne se grond waar hy my geleer jag het.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble