300 win mag loop lengte en fps?

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

300 win mag loop lengte en fps?

Post by Benman »

Hallo manne

Ek het met 'n forum lid gesels, ek is  op die Oomblik besig met my lading ontwikkeling vir die swift a frame 180 gn. Dit sal vir my interressant wees om te sien wie skiet met watter lengte loop en wat is die fps wat julle 300 Win mag verkies om te group?

Ek lees graag?

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Wouter Roets »

Benna

Ek sien niemand wil jou antwoord nie so kom ons sit ons gesprek voort. Kyk bietjie in al die herlaaiboeke en amper sonder uitsondering word die 300 Win Mag se herlaaidata gebasseer op 24 duim lope.

My lading in my 300 Win Mag is Barnes TSX 180gr teen 2960ft/sek uit n 24 duim loop met n 1:10 twist. Dit is presies op die node en hy gee n gemiddelde groepering met 3 x 5 skoot sarsies van 15mm op 110m. Dit is met 71gr S385, CCI200 primers en Winchester doppe(ongefirevorm). Ek glo met gefirevormde doppe sal die groepe en ES so bietjie afkom.

Het jy nou al bietjie gespeel met die nodeprogram om te kyk wat se lengte is optimaal?

Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Thu Apr 07, 2011 8:28 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Wouter Roets »

Ludwig en ander

Om julle so bietjie in die prentjie te sit het ek vir Ben gehelp met die nodeprogram. Met sy 26 duim loop kon ons nie die boonste node slaan nie met A frame en Scirocco 180 greiners nie. Die node wat wel geslaan kan word is minder(spoed) as die hoogste node wat met daai kombinasie in n 24 duim geslaan kan word. My voorstel was om met QL en die nodeprogram te gaan speel om te sien waar die optimum sal wees. Ek het nou vanmore so vinnig geloer en 24 duim lyk maar na die beste kompromie met die kombinasie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Wouter Roets »

Luwig

Kyk bietjie daar onder Arnold se post oor 6.5mm en sien hoe interessant dit is. Die node program is nie net daar vir akkuraadheid nie maar mens kan nou voor die tyd n kaliber se optimum looplengte bepaal. Dit is soms veral opmerklik dat kleiner kalibers beter met n langer loop kan presterr as hulle groter boetjies in dieselfde kaliber. Wys jou langer is nie altyd beter nie, Ag Dem!
Kyk nou hoe lekker is dit om hierdie informasie en die twist bepalings te he voordat n persoon met n projek soos daai 338 van jou te begin!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Benman »

Ludwig

Ek stem saam met jou oor die forum en wat 'n man kan leer hier. Ek het nou alreeds baie vir Wouter gepla met my raad vra oor spesefiek my 300 win mag. Wat se maak 300 win mag skiet jy?


Wouter, jammer ek het nog ni ena jou terug gekom nie. Ek het 'n baie groot terugslag gehad dinsdagaand en het nog aan niks verder aandag gegee nie. Ek het self 'n smaak van die misdaad in ons land ervaar... My honde is vergiftig en alby is kort daarna dood, een was 'n St Bernard wat my vroulief se waghond was as ek nie daar was nie, en dan het hulle ook my "kind", Hunter, ook doodgemaak. Hunter was my companion hond wat ek gebruik het op elke jag vandat ek hom gerky het toe hy nege weke oud was... Ek kan nie glo dat iemand jou honde op so wrede manier sal wil laa stref nie. My huis is dus maar bietjie onderstebo op die oomblik...

Ek het ook nog nie weer in my laai kamer gaan werk nie, want my tafel se blad is vol foto's van al my en Hunter se jag uitstappies... Ek gaan seker weer na die week begin werk aan ladings, intussen lees ek graag julle posts.

Ps. daar is fotos van ou hunter op die forum onder jaghonde, by chopper se topic oor Kaptein, sy jaghond.

Vriendelike Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Geno »

Benman,
Jammer om te hoor van jou verlies.
Ekself weet nie wat ek sal maak as Lucy, my Jack Russel die dag moet gaan nie.

Groete en sterkte,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Jagtersdok »

Wout en al die ander manne.
Ek het nou gaan speel met die sommetjies en jip soos altyd is jy "right on the money"
Dit is so lekker om die goed te kan uitwerk en bereken voor jy klomp geld uit gee om geweer te laat bou en dalk nog meer geld moet uitgee om hom reg te kry omdat die aanvanklike speks nie reg was nie. Met daai Kombinasie is die 24" loop absoluut die beste roete om te gaan
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag loop lengte en fps?

Post by Wouter Roets »

Ben

My hart bloei vir jou my ou maat! Dit is verskriklik en ruk n mens tot in die fondasie as so iets met jou gebeur. Die ongelooflike emosies van wanhoop tot by die woude wat mens beleef is amper te erg om te beskryf of te deel! Ons dink aan jou en hoop jy verwerk die troumatiese gebeurtenis.

Groetnis en sterkte!
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply