Page 1 of 1
Aimpoint micro H-1
Posted: Mon Dec 08, 2014 9:45 pm
by Kallie404
Hello Manne,
Ek kan n splinternuwe Aimpoint Micro H-1 kry vir n goeie prys. Het iemand hier op die forum enige kennis van die tipe "sights" ?? en op watter tipe geweer werk dit mooi ??
Dankie
Re: Aimpoint micro H-1
Posted: Tue Dec 09, 2014 12:30 am
by Pappabeer
Kallie, ek het nie, maar ek dink Wouter het hulle ondersoek as n opsie op sy .458 Lott.
Re: Aimpoint micro H-1
Posted: Tue Dec 09, 2014 5:48 am
by DWB
Kallie.... hulle sit mos Trijicon RMRs op die dubbels

Re: Aimpoint micro H-1
Posted: Tue Dec 09, 2014 9:29 am
by Giepie
Koos Barnard het so ruk terug 'n artikel oor "red dot" teleskope gedoen en hy was heel beïndruk met hulle werkverigting. Het nie na die spesifieke model gaan kyk nie, maar is bedoel vir korter afstand in die plek van gewone visiere. Ek het 'n Bushnell vir my gekry vir die 375 want dit het nie visiere op nie en wil bietjie die Basa dae gaan ondersteun. Ek het net 'n klein bietjie met dit gespeel en het heel lekker gewerk. Doubles, selfs haelgewere en dan natuurlik die "army" tipe gewere werk blykbaar lekker met dit.
Gesien op "Extreme huntress" het hulle Aimpoint red dots op al die gewere gehad, maar Aimpoint is een van die borge.
Sent from my GT-P6800 using Tapatalk 2
Re: Aimpoint micro H-1
Posted: Tue Dec 09, 2014 6:20 pm
by Kallie404
DWB wrote:Kallie.... hulle sit mos Trijicon RMRs op die dubbels

Sal maar sien vorentoe Deon

. Ek het meer gedink daaraan om die Aimpoint op my 30.30 Lever action te sit omdat mens in elkgeval nie ver skiet met n 30.30 nie.
Re: Aimpoint micro H-1
Posted: Tue Dec 09, 2014 6:40 pm
by DWB
Dit sal perfek daarvoor werk!