Alternatief vir 155gr HPBT

Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Alternatief vir 155gr HPBT

Post by C.J. »

Hallo manne,

Ek het met my 30-06 al met die 110gr V max'e rondgespeel maar hulle maak maar bietjie oop verby 200m. Ek hou van die 155gr HPBT van PMP, (namaaksel van Sierra Matchking) hierdie punt het 'n lekker hoe BC. en ek kry 'n 10mm groep met die lading. My probleem is dat die punt nie oopmaak soos 'n hollow point moet maak nie, selfs op die bald is die uitgangswond baie klein by 'n Jakkals, ek het gereken omdat dit 'n match punt is sal hy maklik oopmaak soos met die A-max punte maar dit is nie die geval nie. Die punte hardloop so 2800ft/sek so die spoed is goed genoeg. Ek soek iets in daardie grein met 'n lekker BC wat meer skade aanrig. Waarmee het julle sukses op die .30.

Groete
C.J.
Ps: ek weet die 6mm is die regte ding maar ek is nie lus vir die lang fight met 'n nuwe lesensie nie..
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
herley

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by herley »

C.J

Ek skiet met n 308 en gebruik die Sierra Pro hunters 150gr met so 2900 fps en ek belowe jou hulle maak lekker oop

Bradley
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by JPS »

Die sierra 165gr HPBT maak baie mooi oop, skiet hom by 2790fps

(Nie match punt nie)

Groete
JP
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by Geno »

CJ, probeer iets soos Hornady A-max of SST.....

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by C.J. »

Dankie vir die raad, ek sal bietjie na die pryse kyk. Eugene, ek het ook aan die A max gedink, ek het die SST's probeer maar ek soek iets wat soos 'n Varmint oopmaak, ek is bang vir die Beeste in die agtergrond wat ek dalk nie noodwendig sien nie..
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by C.J. »

Ludwig,

Ek bedoel die V max hou nie sy groepering lekker op langer afstande nie maar hy maak baie mooi op 'n Jakkals. So ek wil bietjie hoer greine vir 'n meer stabiele punt maar dieselfde doodmaak vermoe van die V max.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by C.J. »

Ludwig,

Een van my pelle het vir my gese hy het 150gr A max gelaai vir sy 300 en se dit is 'n dodelike kombinasie vir die Jakkalse, dis net jammer die goed is so skaars, soos jy se. Ek soek iets wat soos daai A max sal maak en 150gr is baie meer stabiel as die kort 110's. My twist is 1:10
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by Janjak »

Hornady se 130gr werk ook lekker.
Dis n spitser met n flat base maar groep mooi in my 308.
Het nognie iets met hulle kon skiet nie maar die gewone Hornadys het gewoonlik n probleem met oopmaak nie.
Nou dat ek daaraan dink...
Ek het n klomp Sierra 150gr HPBT match punte en hulle gaatjie aan die skerp kant is baie meer prominent. Al probleem met hulle is die prys. Jy gaan R200 per pakkie meer betaal as op die PMP's.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by Ponkie »

CJ

Ek skiet Nosler se 150gr Hunting Ballistic Tips in my 308 teen so 2930ft per sekonde en hulle groep nog <1.75'' op 200m en ek kan jou wys wat hulle met 'n springbok se kop maak. Is ook maklik beskikbaar. Ek koop hulle sommer in grootmaat by Safari&Outdoor, dan deel ons dit onder mekaar uit in die distrik dat elke man 'n paar honderd kry.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Alternatief vir 155gr HPBT

Post by C.J. »

Dankie vir die raad, ek het toe op die A max'e besluit. Ponkie, daai nosler's klink ook reg. Ek sal hulle ook 'n probeer gee. Ek dink die 150gr is maar die beste vir goeie groep op langer afstande met genoeg spoed.

C.J
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Post Reply