Page 1 of 1
Vortex HSLR
Posted: Mon Nov 24, 2014 9:30 pm
by vbd
Het enige iemand ervaring met hierdie spesifieke reeks al gehad? Ek stel veral belang in die 4-16x44 model met die bdc2 kruis. Hoe vergelyk hy met die PST reeks ens?
Luister graag.
Re: Vortex HSLR
Posted: Mon Nov 24, 2014 9:56 pm
by ruaanb
N vriend van my broer het twee gekoop een vir sy 243 en een vir sy 30.06. Hy is baie happy met hulle. Kyk ook na die Viper PA BDC 6.5-20×50 wat nou op special is by Safari.
Re: Vortex HSLR
Posted: Mon Nov 24, 2014 10:38 pm
by birklec
Naand vbd!
Ek het 1 van daai op my 300wsm. Ek het ook die 6.5-20x44 op my 308 en moet se die 6.5-20 is vir my helderder.Ek is bietjie teleurgesteld in die hslr.
Re: Vortex HSLR
Posted: Tue Nov 25, 2014 7:02 am
by Frikkie Coetzee
Ek het beide die PA en die HST modelle. Baie tevrede.
Een van my PA's was duideliker as die ander .....tot ek hom reg gefokus het
Re: Vortex HSLR
Posted: Tue Nov 25, 2014 7:57 am
by Skywalker
birklec wrote:Naand vbd!
Ek het 1 van daai op my 300wsm. Ek het ook die 6.5-20x44 op my 308 en moet se die 6.5-20 is vir my helderder.Ek is bietjie teleurgesteld in die hslr.
More manne
Ek het die 4-16x50 op my 308 juis vir die ver skiet en ek is regtig baie gelukkig met hom. birklec gee ons jou ervaring asb wil graag hoor hoekom jy nie tevrede is nie.
Re: Vortex HSLR
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:38 am
by Frikkie Coetzee
Ek moet eerlik wees. Die die s wat ek ontvang het van Whylo as verspreider was uitstekend.
Ek het nou 4 vortex scopes en n verkyker. Ek kan werklik net met lof praat van myne
Re: Vortex HSLR
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:55 am
by Rudie
Ek het nou so week terug die HST 6-24X50 op die 308 gesit en is baie happy met hom. Sy cliks is baie postief en sy beeld vergelyk goed met die Burris scopes wat ek op die ander gewere het.
Al verskil tussen die HST en die HSLR is die turret vir elevasie stel in 1/2 MOA click en windage in 1/4 MOA.
Re: Vortex HSLR
Posted: Tue Nov 25, 2014 10:20 pm
by vbd
Dankie vir julle terugvoer. Ek het reeds die 6-24x50 PST op my 243 en ek is elke keer verbaas wanneer ek die geweer gebruik! Die beeld en die turrets is net 'n plesier. My vraag is basies of die HSLR beeld gewys sal kersvashou by die PST? Ek weet die turrets sal reg wees. O ja ek wil hom op my 30-06 sit vir skiet tot op so 300m.
Re: Vortex HSLR
Posted: Wed Feb 11, 2015 7:54 am
by stoffelpantoffel
vbd wrote:Dankie vir julle terugvoer. Ek het reeds die 6-24x50 PST op my 243 en ek is elke keer verbaas wanneer ek die geweer gebruik! Die beeld en die turrets is net 'n plesier. My vraag is basies of die HSLR beeld gewys sal kersvashou by die PST? Ek weet die turrets sal reg wees. O ja ek wil hom op my 30-06 sit vir skiet tot op so 300m.
Hi vbd. Eks seker die HSLR virseker kersvas kan hou by PST. Die ding is, hslr is 'n frist focal plane wat hom duurer maak as 2nd focal. Maar jy kry die PST in byde 1st en 2nd focal plane. Verskil is net die prys en op 2nd focal word jou kruisdraad dikker en dinner as jy jou vergroting stel. Die 1st focal se kruis drade bly selfde grote en dit maak dat jy jou merkies op kruisdrade op verskillende vergrotings kan gebruik en die "hold over" gaan dieselfde bly wat beteken jy kan ook jou kruisdrade gebruik vir afstand skat op alle vergrotings. By 2nd focal kan jy by 4-16 op net grootste vergroting afstand skat en by 6-24 op 18x vergroting.
Almal van die viper reeks behoort selfde duidelikheid te he. Omrede hul selfde lense hoort te he. Mens moet maar net jou fokus agter by scope op jou eie oog instel.
Ek het 6-24x50 HS op 308 en 6-24x50 HST op 6mmSLR en eks baie tevrede met alby. Clicks gewys stel altwee presies. Hst stel net vir my baie glader as Hs. Verder is hul baie lekker scopes.
Re: Vortex HSLR
Posted: Wed Feb 11, 2015 11:25 am
by Kalahari
stoffelpantoffel wrote:Verskil is net die prys en op 2nd focal word jou kruisdraad dikker en dinner as jy jou vergroting stel.
Stoffel, as ek dit reg het moet hierdie stelling van jou net omdraai, die eerste fokaal se kruishaar verander die dikte van soos jy op of af stel aan die vergroting. Ek sukkel self met eerste fokaal kuishare, en verkies 2de fokaal, daarom dat ek redelik seker is hieroor.
(ek moes nou mooi dink oor die dik en dun spellings

)
Voorspoed.
Re: Vortex HSLR
Posted: Wed Feb 11, 2015 8:55 pm
by stoffelpantoffel
Kalahari wrote:stoffelpantoffel wrote:Verskil is net die prys en op 2nd focal word jou kruisdraad dikker en dinner as jy jou vergroting stel.
Stoffel, as ek dit reg het moet hierdie stelling van jou net omdraai, die eerste fokaal se kruishaar verander die dikte van soos jy op of af stel aan die vergroting. Ek sukkel self met eerste fokaal kuishare, en verkies 2de fokaal, daarom dat ek redelik seker is hieroor.
(ek moes nou mooi dink oor die dik en dun spellings

)
Voorspoed.
Hi kalahari. Skies dan het ek my bearings verloor. Raak maar altyd deurmekaar met die 1ste en 2de fokaal. Maar jul verstaan hopelik waarna ek oppad was met die storie.
Ludwig. Jys reg maar daar FFP en 2nd FP met 4-16. Maar by 6-24 HSLR is hul net FFP. By 6-24 HST kry jy 2nd FP.
Hoe ook al. Hul kyk almal mooi. En dis seker maar al wat ek moes gese het voor ek begin twak praat het.

he he.
Groete
Stoffel.
Re: Vortex HSLR
Posted: Wed Feb 11, 2015 10:10 pm
by Kalahari
stoffelpantoffel wrote:Hi kalahari. Skies dan het ek my bearings verloor. Raak maar altyd deurmekaar met die 1ste en 2de fokaal. Maar jul verstaan hopelik waarna ek oppad was met die storie.
Nie nodig vir askies nie Stoffel, almal maak soms foute. Jou lyn was glashelder

. Ek oorweeg agv finansies om die 6 - 24 viper pst te koop....... my droom scope sal nog kom.
Re: Vortex HSLR
Posted: Thu Feb 12, 2015 8:54 pm
by stoffelpantoffel
Kalahari wrote:stoffelpantoffel wrote:Hi kalahari. Skies dan het ek my bearings verloor. Raak maar altyd deurmekaar met die 1ste en 2de fokaal. Maar jul verstaan hopelik waarna ek oppad was met die storie.
Nie nodig vir askies nie Stoffel, almal maak soms foute. Jou lyn was glashelder

. Ek oorweeg agv finansies om die 6 - 24 viper pst te koop....... my droom scope sal nog kom.
Hi kalahari
Dis maar my storie ook. En PST is baie lekker scope. Jy kan maar gerus die HST wat nou nuut is vir 'n toets rit vat. Ek het myne nou so 3 maande en ek belowe jou hys baie lekker scope. Sy verstel knoppe stel baie glad en presies en dan het hy nog die VMR 1 kruis draad wat maak dat elke keer as jy deur hom kyk so opgewondenheid kry wat jy nie vir ander kan beskryf nie en dit maar net met 'n glimlag bewys.
Maar as jy soek na verligte kruis draad is pst maar jou baba.
Groete
Stoffel