Paralax ??

Post Reply
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Paralax ??

Post by Tienie »

Hi
Ek het huidiglik n Tasco 2.5 x 32 long eye relief met QD mounts op my Zastave 375H&H ,my groperings met self gelaaide amunisie wissel tussen 15mm en 25mm op afstand van 100m.Omrede die lae vergroting "n groot deel van die teiken toemaak het ek besluit om my spaar Lynx 3-9x40 ook op QD mounts te sit vir skyfskiet doeleindes""kleiner groperings"' omdat ek beter kan sien.Tot my spyt het die teendeel egter gebeur. Die enigste verskil wat ek kon agterkom is dat die 2.5 x Tasco amper geen (kruis sweef) het as ek op 30 m na n voorwerp kyk en my kop rond beweeg terwyl ek deur die teleskoop kyk nie terwyl die Lynx omtrent 15mm (Sweef) met dieselfde oefening.Is dit my probleem en wat kan ek daaran doen.

Groete
Tienie
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Paralax ??

Post by Hercules Louw »

Tienie, doen dieselfde toets op 100m. Jy gaan dan waarskynlik vind dat die Tasco nou 'n probleem het en die Lynx nie. Meeste teleskope se paralaks is reg op 100yards. Hoe hoër die vergroting is, hoe meer word die paralaks probleem op ander afstande as dit waarop die scope reggestel is. Maak maar net seker dat jou oog in die middel is as jy groepe wil skiet op nader afstande, en draai die vergroting na 3x as jy op 30m skiet.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Paralax ??

Post by Jean Marais »

Om daai probleem te help oorkom, kan jy dalk ook hierna kyk: http://www.accucover.com/list.aspx

Ek het vir my nou daarvan bestel, en glo dit sal met die paralaksprobleem help.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply