Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by bush hat »

Middag manne,
Ek sal graag by julle wat meer hiervan wil weet:
- Is die siekte nadelig vir die mens sou jy 'n BWB jag wat 'n draer is ?
- Is daar uiterlike, maklik waarneembare tekens by BWB wat snotneus-siekte draers is, sodat 'n mens vooraf kan vasstel voor jy so BWB jag ?

Groetnis
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Smirre »

Middag
By beeste hang die bees se kop en ore en daar loop vloeistof by sy neus uit
Sover ek weet is BWB imuun teen die siekte en hulle vrek nie daarvan
Jy kry 'n skaap weergawe ook.


Smirre
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Capt. Yoda »

In die begin glo ek nie jy sal dit somer kan sien as jy n dier jag nie maar in n gevorderde stadium staan die dier gewoonlik met sy bek wyd oop om asem te haal agv al die sluim en etter in die neus, en jy behoort n klomp speeksel te sien.In die bek en neus sal daar taamlik seertjies/blasies wees maar dit sal jy eers sien as hy klaar gejag is.

Ek is nie seker oor hoe nadelig dit vir die mens is nie so sal maar nie n raai kans vat nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Hugo »

Volgens my het elke bwb snotsiekte, hy dra hom, hy kry hom nie, hy vrek nie van hom nie en hy wys ook geen simptome nie.

In 12 jaar het ek nog geen een gesien wat tekens wys nie, het wel al paar bees verloor agv snotsiekte.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Smirre »

O ja
Dit is met die tye wanneer hulle kalf wat die siekte die meeste voorkom.....so +- nou
Iets met die Plasenta te doen

Smirre
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Capt. Yoda »

Het die stuk nou raak gegoogle maar hulle se ook nie hoe dit n mens sal impak as jy die vleis eet nie maar nog interesant.Sal baie interesant wees as iemand weet wat gebeur as n mens van so bees met SS se vleis eet
Die storie van snotsiekte klink amper soos n kleuterskool in die midel van winter


http://www.proteaanimalclinic.co.za/snotsiekte.htm

1. INLEIDING
Snotsiekte (Eng: Bovine malignant catarrhal fever) is 'n akute virussiekte van beeste gekenmerk deur etterige neus- en oogafskeiding en oogletsels. Min diere in 'n groep word aangetas, maar die siekte is noodlottig in feitlik alle gevalle. Die oorsaak van die siekte geassosieer met Wildebeeste is 'n Herpesvirus, maar die organisme betrokke by die oordrag vanaf skape is nog onbekend.

2. EPIDEMIOLOGIE
In Afrika word Snotsiekte hoofsaaklik deur Blouwildebeeste oorgedra, maar Swartwildebeeste kan ook as bron dien in uitsonderlike gevalle. Elders in die wêreld tree skape op as bron van infeksie terwyl gevalle in Afrika selde met skape verbind word. Die siekte kom sonder uitsondering in beeste voor en nog geen gevalle is onder wildsbokke aangeteken nie.

Wildebeeskalwers van 2-3 maande oud skei groot hoeveelhede van die virus uit in hul neus- en oogafskeidings en dit is dus gedurende hierdie periode waartydens gevalle onder beeste in die omgewing voorkom. Daar vind nie oordrag van die virus tussen beeste plaas nie, maar dragtige koeie mag hul kalwers aansteek. Hierdie kalwers vrek gewoonlik voor die ouderdom van ses weke. Normaalweg verskyn simptome 2-4 weke na kontak met die virus, maar dit mag so lank as 7 maande neem voordat 'n dier siek word.

3. SIMPTOME
Aanvanklik toon aangetaste diere 'n waterige of slymerige oog- en neusafskeiding wat gou verander in groot hoeveelhede etterige afskeiding. Die neusspieël word droog, ontwikkel seertjies en die etterige afskeiding vorm 'n harde kors wat aan die neusopeninge vassit.

Diere toon verhoogde speekselvloei en haal dikwels deur 'n oop bek asem vanweë die korste wat die neusopening blokkeer. Die bekslymvlies is baie rooi met seertjies aan die binnekant van die lippe, die tandkussing, die verhemelte en die onderkant van die tong

Die bindvlies van die oë is baie rooi en ontsteek en die horingvlies vertoon dof. Die ontsteking in die horingvlies ontwikkel van die buitekant af na binne toe (Fig.2). Ander minder algemene simptome is 'n bloederige diarree, ontsteking van die vel tussen die kloue, vergrote limfknope en senuweesimptome, veral in terminale gevalle: Spiertrillings, hipersensitiwiteit, nistagmus (oogtrilling) en stuiptrekkings.

4. POST MORTEM
Groot hoeveelhede etter word in die neusholtes aangetref; soms is daar afsterwing van die weefsels in die neusholtes. Seertjies kom voor in die bekslymvlies, slukderm, grootpens, melkpens en soms in die dun- en dikderm (Fig. 3 en 4). Puntbloedings word gesien in die lugpyp en soms is daar tekens van longontsteking aanwesig. Die lewer is dikwels vergroot en op snitvlak deurtrek van ligte areas. Die limfknope is vergroot, baie rooi en waterig.

Soms word bloedings en seertjies in die blaaswand gevind. Die niere mag geswolle wees met verskeie wit spikkels daarin (Fig. 5). Soms is daar groot areas van bloeding en infarksie (dele waarvan die bloedvoorsiening afgesluit is) te sien in die nierweefsel, veral indien dit deurgesny word. Die breinvliese mag baie rooi wees wat dui op breinvliesontsteking.

5. DIAGNOSE
Die virus kan in weefsel of bloed opgespoor word deur dit te kweek of daarvoor te toets met die moderne DNA-toetse. Dit is verkieslik dat bloed voordoods in heparien getrek word, op ys gehou word en so gou moontlik na die laboratorium gestuur word. Weefsel (veral brein, limfknope, milt en die oog) van 'n dooie dier kan ook in formalien ingestuur word vir histopatologie.
6. BEHEER/VOORKOMING

Op hierdie stadium bestaan daar geen entstof ter voorkoming van Snotsiekte nie en is die enigste voorkomende maatreël om beeste weg te hou van Blouwildebeeste gedurende laasgenoemde se kalfseisoen. Beeste moet ten minste 500 m, maar verkieslik 1000 m van die Blouwildebeeste af gehou word.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by ROBBIE1 »

Barry ek sal biki vanaand my boeke vat ma ek dink jie dis nadelig vir mens nie. Ek sal more vir jou terugvoer gee.

Iets wat ek wel weet is dat almal hulle blind staar teen die Bwb, maar nie weet van Kudu of Blesbok wat self oom draers van snotsiek is!!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Hugo »

Ek dink die oorspronklike vraag was oor die vleis van n blouwildebees en nie gewone bees nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by James Wilson »

Bush hat, ek was by so n handvol regsaksies betrokke, rakende snotsiekte en verliese.

As ek die litratuur reg onthou, is BWB slegs n gasheer van die siekte, en nie n slagoffer nie. Ook het die siekte nie n invloed op die mens nie. Daar word algemeen aanvaar dat elke bwb trop snotsiekte het.
Het onlangs weer met n trop te doen gekry wat al 18 jaar op die boer se plaas loop saam met sy melkbeeste. Nou vir die eerste keer het die boer nou verliese aan sy beeste agv snotsiekte. Die bwb is onlangs gedart en geskuif na n kleiner aanteel kamp. Die vermoede is, dat die stres wat die aksie tot gevolg gehad het, die siekte "getrigger" het.

Die beste vordering wat die medici in die laaste tyd kon doen, is om deur toetse te kan wys van watter ander dier die siekte oorgedra is. Sover ek weet is dit: skaap, swb blesbok en bwb.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Capt. Yoda »

Sou julle se dat elke dier wat as gas op tree nie sal doodgaan van die siekte nie? Soos Hugo en James nou gese het SWB, Blesbok, skaap kan ook n gasheer wees vir die siekte en enigste manier om te weet is om die dier te toets. Ek ken net SS in bees so het glad nie n idee hoe hy in ander diere werk nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Hugo »

Hy vrek nooit Kaptein, hy maak net ander laat vrek.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Frikkie Coetzee »

James Wilson wrote:Bush hat, ek was by so n handvol regsaksies betrokke, rakende snotsiekte en verliese.

As ek die litratuur reg onthou, is BWB slegs n gasheer van die siekte, en nie n slagoffer nie. Ook het die siekte nie n invloed op die mens nie. Daar word algemeen aanvaar dat elke bwb trop snotsiekte het.
Het onlangs weer met n trop te doen gekry wat al 18 jaar op die boer se plaas loop saam met sy melkbeeste. Nou vir die eerste keer het die boer nou verliese aan sy beeste agv snotsiekte. Die bwb is onlangs gedart en geskuif na n kleiner aanteel kamp. Die vermoede is, dat die stres wat die aksie tot gevolg gehad het, die siekte "getrigger" het.

Die beste vordering wat die medici in die laaste tyd kon doen, is om deur toetse te kan wys van watter ander dier die siekte oorgedra is. Sover ek weet is dit: skaap, swb blesbok en bwb.
James

Jy is reg. sodra n BWB onder stress verkeer dra hy daai siekte or aan bees. Droogte toestande ook

Frikkie
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by bush hat »

Manne, baie dankie. Jul inligting is inseggewend en waardevol. Ek het voorheen van die stress element verneem !
Verbasend dat daar geen entstof ter voorkoming of klaarblyklik vir behandeling van SS is nie ?

'n Verdere vraag wat iemand my vra....As 'n daar nou aan twee kante van jou plaas met BWB, ens geboer word en jy sou bv met beeste boer....hoe sal mens vasstel watter wildsboer jy moet nader sou van jou beeste aan SS vrek ?

Dankie almal !
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by NicoSmit »

Dit gaan 'n moeilike een wees daai .Weet net dat goeie buurmanskap verby gaan wees
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by ROBBIE1 »

Barry eks nou nie die slimste man op die forum nie, maar ekt gaan navors en dit wat ek gekry het is as volg:

1. Snotsiekte is nie n siekte waar die karkas afgekeur word nie, dit mag afgekeur word as die simptome opsigtekik is bv snot oormatig uit neus, slym in bek, swelling van limfkliere ens, nie weens gesondheid redes nie, maar meer vir estetiese redes.
2. Snotsiek word gedra deur Bwb, Swb, Blesbok, Kudu en Rhb. Die draer toon nie tekens nie, en word die siekte versprei deur insekte bv vliee wat dit van die draer bekom en dan aan die bees oordra.
3. Daar is hofsake, waarvan Hein (kalabaspan) se pa een geval is, waar die saak uitgegooi is deur die hof omdat bewys is dat kudus wat op die beesboer se eie plaas loop, die virus het en dit waarskynlik aan sy bees kom oordra.

Een van die boere wat ek baie by jag, oom Francois Swart, boer met stoet bonsmara beeste. Die bulle wat etlike duisende rande werd is, loop in n buffer strook tussen die teerpad en die wildskampe waar daar o.a goue wildebeeste en gewone blouwildebeeste in is. Hy het nog nooit n ongeval gehad in al die jare nie.

Ek dink nie jy hoef te veel te stres oor die vleis van die diere nie Barry, dis onskadelik vir menslike gebruik volgens alle huidige mediese kennis.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by Smirre »

Die bewyslas rus op jou
Daar is bewerings dat die virus tot 2km ver deur die Lug(vliee) verslrei word.

As daar teerpaaie en grondpaaie naby jou is gaan jy sukkel

Ek baie duur beeste al verloor en jou hande is afgekap

Smirre
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by James Wilson »

Bush hat, dit is nou waar ek betrokke geraak het. Die man wat eis teen die wildsboer moet bewys dat dit sy bwb is. Wie beweer moet bewys. Selfs al kan dit bewys word beteken dit nognie die wildsboer is aanspreeklik nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Snotneus siekte by Blou Wildebeeste

Post by bush hat »

Baie dankie sover vir almal se bydraes.
Baie bly om te verneem dat dit nie iets slegs vir die mens inhou wat sulke vleis eet nie !

Ja die bewysreg in terme van wie se wild vir 'n beesboer se dooie dier verantwoordelik is, kan sekerlik 'n vriendskap oor die draad 'n groot knou toedien.....vir jare en geslagte ! Amper soos lyndraad geskille reken ek ....!
Post Reply