Ek het die vooreg gehad om ‘n laaste jag vir die jaar in te werk, en het saam met my twee vriende na ‘n wildsplaas in Dundee gegaan om elk ‘n koedoekoei te gaan skiet. Die boer het te veel ou koeie en het ons ‘n goeie prys aangebied indien ons ou koeie jag. Ek het ook my pa (77) en my seun (7) saamgeneem. Ons het ons tente in ‘n bos opgeslaan want ons wou nie in die jagkamp bly nie. Ons het vroeg die eerste oggend ‘n koedoebulletjie raakgeloop, terwyl ons nog op soek was na die koeie en die versoeking het die oorhand gekry en my maat het die boer gevra of hy maar kan skiet. Die boer was so verbaas oor die astrante bulletjie so lank, so stil staan en vir ons kyk, dat hy sommer “ja” sê, hy sal die bulletjie vir hom gee teen dieselfde R/kg prys as die koeie. En daar loop die skoot met sy .308 en Hornade GMX gekoopte ammo.
Die bul het amper reguit vir ons gestaan en kyk, en die skoot moes reg van voor in die bors in gaan, maar my maat was teen daai tyd vol adrenalien en het die skoot “effens” getrek. Die koedoe het op 162m gestaan en ons het gehoor dat die koeel tref. Hy het omgeswaai en laat spaander in die bos in. Ons het 15min gewag en toe stadig gaan soek vir die bloedspoor. Die eerste bloed wat ons kry was seker 50m agter die plek waar die koedoe die skoot ontvang het, en my moed het in my skoene gesak toe ek die bloed sien … en ruik. Pensmis !
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC07678_zps375181e4.jpg
Gelukkig was die bloedspoor baie en ons was oortuig hy sal nie vêr gaan nie. Maar ons was verkeerd.
Daai bulletjie het blykbaar sterker geword hoe vêrder hy gegaan het, want 90min later gooi hy steeds baie bloed en ons loop steeds op die spoor.
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC07679_zpsaa63aa78.jpg
Ek kry gelukkig so rukkie later ‘n geleentheid en gewaar hom waar hy in ‘n bos wegkruip en kan hom toe daar doodskiet. By die bok gekom, merk ek twee gate aan die bok se linker kant, en my skoot aan die regterkant. Dis toe dat die raaisel van die pensskoot opgelos word. My maat se koeel is baie skuins van voor, net agter die blad in en het seker net 200mm reg onder die vel gegaan, voor dit weer aan dieselfde kant van die lyf weer uit is.
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC07681_zps0dbf906b.jpg
In die proses is twee ribbes gebreek. Ons vermoed die tweede rib het die koeel na buite gedeflekteer toe die koeel dit breek. Die stukke ribbeen het die pens stukkend gemaak, en dis waar die bloed en mis vandaan kom. Die koeel het 'n streep op die vel getrek en die hare afgeskiet, nadat dit weer uit die karkas is (tussen die wit strepe op sy lyf).
My maat het daai bulletjie amper-amper mis geskiet ! Ek het nog nie voorheen ervaar dat die ingang- en uitgangswond, aan dieselfde kant van die lyf, slegs 200mm uitmekaar sit nie.
Koedoebulletjie amper mis geskiet
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Koedoebulletjie amper mis geskiet
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Sjoe gelukkig
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5135
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Spanner dis darm nie lekker as so iets gebeur nie. Gelukkig het julle uitgehou en die vleis is aan die haak.
Afgesien van die bulletjie, kom julle enige van daai ou koeie ook oplaai??
Afgesien van die bulletjie, kom julle enige van daai ou koeie ook oplaai??
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Nee Peet, die weer het lelik goor gedraai, dit het begin reen, en nie op gehou nie. Digte mis het die hele wêreld bedek en die bokke het almal gaan wegkruip, ons het na die bulletjie, net mooi niks gesien nie. Ons het selfs vir 'n paar ure agter op die Landie rondgery en gehoop om iets te sien, en dan te bekrui, maar ons het net lekker nat gereen en koud gekry. Ons het twee aande in nat slaapsakke geslaap ! Ek het net daai een skoot geskiet. Maar dit was steeds lekkerder as om by die werk te wees !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Dieselfde het met my gebeur op 'n Springbok op 50 meter. Troppie kom reg op my afgehardloop en gaan staan so 50 meter weg. Enigste bok wat op eie is staan reguit kop vorentoe na my. Ek le aan en toe draai die bok sy kop en kyk na agter toe. Ek skiet so 3 duim links van center van die bors en die koel is toe uit net agter die ribbes op dieselfde kant. Gelukkig die breedte van die long van voor tot agter raak geskiet en bok het nie ver gegaan nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
SPanner, daai frontal shots is n lelike ding.
Selfde al met my gebeur, frontal, te laag geskiet. in die brisket in en 150mm verder weer uit en toe ook deur die balsak.
Met die opvolg skoot het ek hom met luck hoog in die agter been geskiet en hom gestuit.
Eks bly julle het die bul gekry.
Selfde al met my gebeur, frontal, te laag geskiet. in die brisket in en 150mm verder weer uit en toe ook deur die balsak.
Met die opvolg skoot het ek hom met luck hoog in die agter been geskiet en hom gestuit.
Eks bly julle het die bul gekry.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Spanner, al het alles nie verloop soos jy sou verkies nie, gaan jy tog die een vir nog lank onthou
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Koedoebulletjie amper mis geskiet
Geluk maat, darem bly julle het hom gekry, al moes jy nou my party mis omdat jag belangliker is! 
