Hi almal
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:51 pm
Naand mense
Ek is 'n Bloemfonteiner wat op my gelukkigste is as ek besig is met vuurwapens. Ek skiet al van kleins af en het net nooit die liefde ontgroei nie. My liefde het begin by jag en langafstand skiet en my gebring na IPSC (SAPSA) waaraan ek nou al so 4 jaar deelneem. Ek het bietjie jag en geweerskiet begin afskeep met al die SAPSA kompetisies, maar het vaste voornemens om die situasie nou reg te stel.
Van ongedierte jag weet ek nie nastenby genoeg nie en het meer as 4 jaar laas 'n draai gaan ry. Ek hoop om hier raad te kry en baie te leer by die manne wat die werk verstaan.
Groete
Niel