Hoe ekonomie werk
Dis Junie in 'n dorpie in die Kleinkaroo.
Dis droog, koud en die dorpie lyk verlate. Dit is 'n moeilike tyd, almal is in die skuld en leef op krediet.
Skielik daag daar 'n ryk toeris op. Hy stap die enigste hotel binne en sit 'n R100 noot op die ontvangstoonbank neer as deposito en gaan met die trappe op om 'n kamer te gaan kies.
Die hotelbaas vat die R100 noot en haas hom na die slagter om sy skuld te gaan betaal.
Die slagter neem die noot en gaan betaal sy skuld by die varkboer
Die boer haas hom om met dieselfde noot sy skuld by sy verskaffer te vereffen.
Die hardloop gou en maak sy rekening skoon by die dorp se prostituut, wat in die moeilike tye selfs haar dienste op krediet aanbied.
Die vrou van die nag haas haar om haar rekening by die hotelbaas te betaal, waar sy gewoonlik 'n kamer huur om haar werk te doen.
Die hotelbaas vat die R100 en plaas dit terug op die toonbank.
Net toe kom die ryk toeris terug, neem die noot omdat hy nie met een van die kamers tevrede is nie, en verlaat die dorp.
Niemand het enigiets verdien nie, maar die hele dorp is nou sonder skuld!
Ekonomie
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: Ekonomie
Bhaaaaa! Dis ongelukkig hoe die ou lewe werk!
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Ekonomie
Hahahaha
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH