n silencer n moet vir jakkies skiet???

User avatar
mag
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Oct 20, 2014 5:04 pm

n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by mag »

Naand mense, Ek wil gou by julle hoor? Is n silencer n moet vir Jakkelse skiet?

Ek het n 222 waarmee ek rond ry maar ek sien almal skiet Jakkelse met silencers! Ek praat ook nou van ini nag hulle in roep met n roeper.

Thanks
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Cobus(Cobb) »

Dagsê! Ek sien niemand wil met jou praat nie!!

Neewat, as jakkAlse in parte gemaak word, pla daai klap in die ore hom nie, maar dit pla jou wel,,,dis net 'n oneindige lawaai as jy heelaand die plaas vol doef doef doef.
as twee inkom, gee die KD jou bietjie "stilte" vir jou 2e skoot...soos ek verstaan kan diere nie KD se klank oorsprong lekker plaas nie.
Dis maar hoe ek maak, bygesê, my 1e jakkals was sonder KD, 308, 168gr PMP....daai jakkals is nou nog dood(As hy nie 'n reinkarnasie van Bool-tipe geword het nie ++>: )

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Dewitt »

Ek stem saam met Cobus, as hul meer as een is gaan dit jou verseker help.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by NicoSmit »

Ek sal nie sonder 'n kd skiet nie jou ore sing vir 'n lang tyd na daai skoot en jy hoor baie keer as 'n jakkals op pad is lank voor jy hom sien
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5135
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Pvdw »

en jy hoor baie keer as 'n jakkals op pad is lank voor jy hom sien
Nico verduidelik asb die vir my. Ek vermoed ek lees dit verkeerd want dit lyk my jou ore is beter as jou oë?? ;)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by NicoSmit »

As 'n jakkals in aantog is luister die kiewiete raak gou mal as hulle op gejaag word so ook ander voels ek het dit al 'n paar keer agter gekom dan nie lank daarna dan tel jy die oë op
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5135
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Pvdw »

Daai werk virseker.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by NicoSmit »

Daar is 'n voêl weet nie wat sy naam is nie maar hy skree soos 'n hoender wat ernstig is op soek na strepsils so hees skree hy maak ook 'n moerse lawaai as hy opgejaag word
User avatar
mag
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Oct 20, 2014 5:04 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by mag »

Danki julle! Ek weet ek moet vir my 2 gewere elk n doom blik opsit, maar mens moet die tipe van goed baie versigtig aanpak.:???: Mens wil nie he die regering moet onnodige vrae vra nie.

Praat jy nie van n dikkop nie?
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by NicoSmit »

Het geen idee wat is dit nie
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Kalahari »

mag wrote:Praat jy nie van n dikkop nie?
NicoSmit wrote:Het geen idee wat is dit nie
Nico, ek dink die korhaan (dikkop) is wat mag van praat.
By my roep ons die voël sommer "brandgat korhaan". Ek mag dalk verkeerd wees, maar jou beskrywing klink na dieselfde voël wat ek aan dink.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Finfan »

Ek persoonlik dink nie die KD gaan n verskil op die jakkals se gehoor maak nie, maar wel aan die man se oordromme agter die roer.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by BLOK »

Finfan wrote:Ek persoonlik dink nie die KD gaan n verskil op die jakkals se gehoor maak nie, maar wel aan die man se oordromme agter die roer.

My gevoel ook, ek het al netsoveel sonder as met n KD geskiet. Ek en PJS het een aand as ek reg kon onthou 14 geskiet op 20ha en dit was met selfs n muzzle brake op. Net die baas se ore het getuit dis al.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Dawie Malan »

Daar is 'n voêl weet nie wat sy naam is nie maar hy skree soos 'n hoender wat ernstig is op soek na strepsils so hees skree hy maak ook 'n moerse lawaai as hy opgejaag word
Swartbors korhaan
User avatar
mag
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Oct 20, 2014 5:04 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by mag »

Dawie Malan wrote:
Daar is 'n voêl weet nie wat sy naam is nie maar hy skree soos 'n hoender wat ernstig is op soek na strepsils so hees skree hy maak ook 'n moerse lawaai as hy opgejaag word
Swartbors korhaan

Nou wat is n "komando voel"?


Baie dankie Blok,

Kyk Die .222 is nie so erg op my ore nie. Maar die 308 is n ander storie. Ekt nie geweet die manne skiet in die aand jakkelse met sulke groot kal nie???
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Kalahari »

Dawie Malan wrote:Swartbors korhaan
Net so Dawie.

Ek dink ek het fout gemaak , die dikkop is as ek reg is , is 'n soort kiewiet, meer naglewend en kry hulle baie aande op die paaie waar dit veiliger is teen roofdiere.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by PJS »

BLOK wrote:
Finfan wrote:Ek persoonlik dink nie die KD gaan n verskil op die jakkals se gehoor maak nie, maar wel aan die man se oordromme agter die roer.

My gevoel ook, ek het al netsoveel sonder as met n KD geskiet. Ek en PJS het een aand as ek reg kon onthou 14 geskiet op 20ha en dit was met selfs n muzzle brake op. Net die baas se ore het getuit dis al.
Jy is reg BLOK.

NicoSmit wrote:Daar is 'n voêl weet nie wat sy naam is nie maar hy skree soos 'n hoender wat ernstig is op soek na strepsils so hees skree hy maak ook 'n moerse lawaai as hy opgejaag word
Dikkop, Naguile (afrikaanse een) Kiewiete, en die Korhaan is maar hoe ek ook hoor die jakkalse is oppad. Dit is veral as die grasse lank is hier op 500-600 meter.

Ek weet ek en BLOK hat daai aand n spul geskiet met my .243 met die Tromprem (muzzlebreak) op, MAAR ek dink nog steeds die klank is minder en sal tog n invloed hê op daardie 2 de een wat dalk net buite sig staan. Ek glo jy sal daai een inkry selfs met die harde geraas, maar dit gaan meer tyd en geduld neem. Ek kan dit nie bewys nie, maar ek dink maar hoe ek sou reageer het. Gaan toets dit maar. Laat een van jou vriende op die skietbaan skiet met en sonder n Silincer. Staan dan so 200-300 meter agter die skut. Watter skoot was die hardste? Wonder jy of weet jy watter een was n geweerskoot?
Ek dink ook as jy n diens lewer aan n boer dan behoort jy een te hê. Die aandag van bure, polisie en al die groenes sal minder wees as hulle iets hoor maar onseker is of dit geweerskoot is of nie. Die lig sal jou in die geval eerder weggee as die klank met n silincer.
Is maar my opinie.
Kry maar vir jou een. Ek weet jy sal nie spyt wees as jy een het nie. Veral as jy uit n skietstoel skiet, want dan maak die gewig mos nie saak nie.

Mooiloop
PJ
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by HennieC »

Ek dink 'n KD op 'n geweer vir roof dier beheer is net so belangrik soos die lig op die stoel en die skietstoel op die trok. As jy dit nie het nie kan jy werk met iets anders maar jy gaan bly sukkel tot jy die regte toerusting het. Hierdie is maar net my opinie.
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by SNIPER »

Middag Mac

Ek stem saam met Hennie,as jy profesionele diens wil lewer
aan boere moet jy die beste toerusting gebruik.

Ek gebruik n kneldemper vir die rede om soveel as moontlik jakkalse,rooikatte op een staan plek dood te maak met so min as moonlik geraas en versteuring aan die veld.

Stel jou voor jy roep en 3 jakke kom in gehardloop en jy skiet eerste een met geweer sonder kneldemper,wel jy gaan net
een skiet en dan moet jy ook staan plek verander.

Deur n kneldemper te gebruik vat dit die jakkals langer om my staanplek in die veld vas te stel en dan gee dit my die kans om daai 2de en 3de een op selfde plek te skiet.

Belangrikste Mac is om seker te maak as jy terug kom na daai plaas toe jy weer jakke gaan kry en nie slimmes die laaste keer
agter gelaat het nie.

Groete

Sniper
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Lamtjop »

Dikkop en komando voël is dieselfde ding sovêr ek weet.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by JK »

Dikkop maak so n fluit geluid, 2 of 3 keer agter mekaar. n Koraan maak n moerse geraas, jy kan dit nie mis nie.

As jy n dikkop in die dag hoor, kyk maar in die lug, jy sal aasvoels sien. My werkers se die dikkop soek nog sy skerp bek wat die aasvoel gesteel het, of so iets.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Chevvy SS »

korhaan.jpg
dikkop.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Riaan Kriel »

As daai korhaan opvlieg sukkel hy erg om hoogte te kry, daarom skel hy met 'n GROOT geraas op sy vere. Dit gaan dan so "Kaka vere, kaka vere, kaka vere" ;)
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Chevvy SS »

Ek het my al amper besk*^$t as hy so raas-raas teenaan die bakkie opvlieg.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: n silencer n moet vir jakkies skiet???

Post by Louis102 »

Neewat, knaldempers is baie lekker, maar twyfel of jy meer jakkalse met een gaan skiet, as sonder een. Het meer as 10 met 'n 25-06 sonder 'n knaldemper by Sweiser geskiet (van 1 staanplek). Menig maal stelle geskiet wat saam ingekom het, met gewere wat nie knaldempers op gehad het nie.

Daar is heelwat goeie redes hoekom knaldempers gewild is, maar twyfel of dit jou 'n beter kans gee om meer te skiet.

(ek gebruuk self 'n knapdemper op my 243, maar dis maar om my eie ore te spaar)

Mooiloop
Post Reply