dooieveld word slagveld
Posted: Mon Oct 20, 2014 8:43 am
Ek boer in die hart van die vrystaat en die jakkalse saai ook groot amok hier. Ek roep nou al vir sowat 2 jaar en het redelik onder hul getalle ingeklim. Daar is egter n stukkie van my grond wat teen n rivier le waar ek nog nooit sukses behaal het nie, inteendeel ek het nog nie eers n jakkals daar gesien nie. Sowat 2 weke terug het dit alles egter verander. Die aand waarvan ek wil vertel was so 10 dae gelede in VOLMAAN!!! Ek het maar n wilde kans gevat en besluit om n draai te gaan ry op die grond met die hoop om iets te sien. EK het 2 oe sowat 80meter voor my opgemerk, maar kon nie uitmaak wat dit is nie. Ek het met die paadjie aangery en kon toe dadelik een van die oe identifiseer as n rooikat. Die kat het doodstil gele en ek het besluit om vinnig om my te lig om die ander een te soek. Groot was my verbasing toe ek 2 ander ogies bo op n kontoer sien en my bekyk. Dit was 2 witrugjakkalse! Ek het die besluit geneem om eers die rooikat te laat lood proe en hy het dadelik die grond getref. Ek het vinnig gedraai na die jakkalse, maar hulle het rustig oor die kontoer weggedraf en in die lang grasse verdwyn. Ek het die grond vir nog 2 aande besoek en het nog n rooikat en 2 jakkalse gedood. Ek slaap baie onrustig, want ek het ooie wat daar naby moet lam!!!