dooieveld word slagveld

Post Reply
.skaapboer308
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am

dooieveld word slagveld

Post by .skaapboer308 »

Ek boer in die hart van die vrystaat en die jakkalse saai ook groot amok hier. Ek roep nou al vir sowat 2 jaar en het redelik onder hul getalle ingeklim. Daar is egter n stukkie van my grond wat teen n rivier le waar ek nog nooit sukses behaal het nie, inteendeel ek het nog nie eers n jakkals daar gesien nie. Sowat 2 weke terug het dit alles egter verander. Die aand waarvan ek wil vertel was so 10 dae gelede in VOLMAAN!!! Ek het maar n wilde kans gevat en besluit om n draai te gaan ry op die grond met die hoop om iets te sien. EK het 2 oe sowat 80meter voor my opgemerk, maar kon nie uitmaak wat dit is nie. Ek het met die paadjie aangery en kon toe dadelik een van die oe identifiseer as n rooikat. Die kat het doodstil gele en ek het besluit om vinnig om my te lig om die ander een te soek. Groot was my verbasing toe ek 2 ander ogies bo op n kontoer sien en my bekyk. Dit was 2 witrugjakkalse! Ek het die besluit geneem om eers die rooikat te laat lood proe en hy het dadelik die grond getref. Ek het vinnig gedraai na die jakkalse, maar hulle het rustig oor die kontoer weggedraf en in die lang grasse verdwyn. Ek het die grond vir nog 2 aande besoek en het nog n rooikat en 2 jakkalse gedood. Ek slaap baie onrustig, want ek het ooie wat daar naby moet lam!!!
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: dooieveld word slagveld

Post by Jonie »

Skaapboer 308

Ai my hart gaan uit na julle wat sulke nagte moet opsit en julle vee beskerm, ek hoop jy kry almal geskiet en daai skape kry almal tweeluinge.

groete

Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
stan man

Re: dooieveld word slagveld

Post by stan man »

hoe lyk die probleem nou by jou?
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: dooieveld word slagveld

Post by Heinz Petersen »

Skaapboer, ek sit nou presies in die sefde bootjie as jy.
Ek was by Cassie gewees en vir hom vertel dat daar vir die afgelope jaar geen jakkalse meer daar by my is nie. Ek het baie moeite gedoen en baie werksure ingesit om my drade reg te maak en baie nagte, tot vroeg oggend ure op gestaan en uit gegaan om te soek. (ek weet so iets kan nie n werklikheid word nie)
Die begin van Maart ry ek weer een aand n draai, toe ek ogies sien en gedink het dit is seker Bakoortlies. Al wat verander het was die uitdrukking op my gesig toe ek drie jong jakkalsies sien. Hulle moes nou net van die nes af weggejaag gewees het.
So, nou begin my nagmerries weer van voor af.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Post Reply