lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

Hallo almal. Ek is nuut op die forum en soek bietjie inligting as iemand dalk kan help met n ladig vir my .270Win. Ek laai tans 50.8gr s365 en behaal so 2836 v/sek met n 140gr hornady sst punt.  Darem nie te aardig nie maar ek wil kyk om die spoed dalk bietjie op te stoot as ek kan. Ek het geen probleem met akkuraatheid of groepering nie.

Ek soek herlaaidata vir s361 met dieselfde gewig punt as huidiglik as iemand dalk kan help wat al probeer het of net n verwysing na iemand wat dalk kan help.Ek het redelik resultate en ondervinding met 140gr sst punte. Uitstekende punt en gewig vir .270Win. Ek jag hoofsaaklik in die karoo en die terrein waar ek skiet is ranteveld so afstand skiet is aan die orde van die dag en bietjie meer spoed kan net help.

my zero is                                25m
                          +36mm op  100m
zero dan weer op                    226m
val                      - 245mm op  300m
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Geno »

Hallo Pitsmit,
Welkom op die forum.
Wat is jou TPL, loop lengte en dopkapasiteit H2o?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

hallo geno my tpl is 83.44mm en my dop kapasiteit het ek nog nie bepaal nie maar ek gebruik pmp doppe. hoe bepaal jy die dop kapasiteit as ek mag vra? loop lengte is 24 duim. jag met n brno de lux 1981 model
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Geno »

Vat 'n gevuurvormde dop, weeg hom. Maak hom vol water en weeg hom weer, trek die twee bymekaar af dan het jy die gewig van die water= kapasiteit.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

dankie gaan so maak. wat is die H2o is dit jou lead to boar
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Geno »

nee, dis water.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

ignoreer daai een sien nou eers dit is die water kapasiteit gaan so maak en jou dan weer kontak met inligting dankie sover
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Pit
Ek is 270 man.

Hoe lank is jou loop. met 24" loop is max spoed so 3050ft/sek
Jy kan jaag omtrent 2910ft/sek dan behoort hy weer redelik styf te gooi
Last edited by Jagtersdok on Fri Apr 01, 2011 1:41 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

dagse jagtersdok

ek het n 24" loop. met watse poeier en lading behaal jy daardie spoed en is dit dan n 140gr punt?  ek het agter gekom dat my kamer so bietjie korter is as bv n sako s'n so ek kan nie heeltemal uitkom by die ladings van die sako ouens nie so ek is net bang vir n kompres lading.  ek dink nie ek is al by dit nie maar as ek oor 50.8gr s365 laai bly my spoed dieselfde tot by 51.1gr. ek het nog nie oor dit gelaai nie ek dink dan is ek by n kompres lading.  ek wil graag met s361 begin speel so as jy raad vir 140gr punte en s361 sal ek dit waardeer


groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Geno »

Daai is juis hoekom jy jou dopkapasiteit moet meet.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

dankie geno ek gaan dit oor die naweek doen en jou terugvoering gee dalk is ek op my maks lading met s365 en daar is dan dalk nie meer salf aan te smeer nie. dalk kry ek net daai bietjie meer spoed met die s361 huidiglik skiet ek lekker sonder probleme maar soos ek gese het aan die begin van my posts dit sal lekker wees om nog bietjie spoed by te sit by my 140gr want dit kan net help van rant tot rant en ek is nie n 130gr fan meer nie maak te veel skade met al daai spoed.

dankie vir jou raad sover waardeer dit.  dis .270 of niks.

lekker dag daaikant

pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Met S365 kry jy met 53.5gr nog nie compressed load nie.

Daai stats is met S365 140gr punte ja
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

dankie jagtersdok ek het met n ou by somchem gepraat en hy het my afgeraai om oor 51.5gr te laai hy se dit sal gevaarlik wees ek skiet met n brno de lux geweer mod 81 so hoe gaan die druk my pla. hy het vir my gese n brno het n baie "stywe" loop omdat hulle so akkuraat vervaardig was daai tyd en dat ek dalk probleme kan optel met drukking
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Pit

Ja die manne daar is redelik kundig.

Die beste ding is vat jou geweer. Begin laai onder skiet oor chronograaf en gaan op met die load tot jy by die maks SPOED uitkom. Dit is jou maks

Daar is nie so ding soos 'n stywe loop nie, slegs stywe kamers met kort vryboor.

Compressed loads beteken dop volume wat te klein is vir die die hoeveelheid kryt, Nou maak dit die nek vol en forseer(compress)  jy die kryt as jy die koeel seat.

Die specs wat ek jou gegee het is bereken op die standaard SAMI specs. Dit is waarom dit nodig is om die dop volume te he van gevuurvormde dop, want dit sal wys hoe styf jou kamer werklik is. Volgens jou 2836ft/ sek met 50.8gr S365 is jou kamer effens groter as as SAMI specs want jys veronderstel om so 2869ft/sec te kry

Die druk wat jy huidiglik kry is 48320 PSI die max vir 270 Win is 65000 PSI. Met jou geweer se data wat jy nou gegee het moet jy 55.5gr S365 gooi om max pressure te oorskry.

Die data wat ek jou nou gee is op berekeninge so MOENIE dit netso gebruik nie.

Gaan laai werk die loads op en om VEILIG te wees moenie 3050 ft/sek oorskry nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Net vir interressantheid. Om te spring van 2970ft/sec na 3059ft/sec moet jy about 2gr spring  om daai 80ft/sek op te maak
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Christo »

Jagtersdok wrote: Net vir interressantheid. Om te spring van 2970ft/sec na 3059ft/sec moet jy about 2gr spring  om daai 80ft/sek op te maak
Iets wat ek nou die dag opgelet het was die hoeveelheid meer kruit nodig om daai laaste ekstra vt/sek uit te kry. Gaan kyk toe op Ballistiese tabel en sien dat ek net 1" drop minder het op 300m met my 243 en 55gr's maar dat ek so iets soos 200vt/sek inboet. Maak nie sin dat ek moet opdruk tot daar net vir 1" op 300m nie. Gezero op 250 3710vt/sek versus 4100 is nie eens 1" verskil, nou net weer gekyk.

Jagtersdok en Wouter,

tot waar gaan 'n man voor dit nie meer regtig saak maak nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Christo

Man ja daar is 'n baie fyn lyn tussen regdoen en oordoen soos jy nou die vraag stel.

Die vraag wat jy vra se antwoord sal eintlik virskil met elke geweer en tipe koeel.

Ek het eenvoudige benadering as dit kom by herlaai.

Eerstens die geweer, ek wil die werks verrigting uit die roer uit haal waarvoor hy gebou is. Maw as ek 243 het wil ek hom nie laai dat hy so stadig soos 'n 303 is nie, en as ek 303 wil ek hom nie druk om by 270 te probeer uitkom nie.

Nee ek wil die volle potensiaal uithaal waarvoor daardie geweer gebou is.

Tweedens ek laai nie net met een handleiding nie. Somchem is 'n baie lekker gemaklike boekie, maar is ook die mees onvoledige boek in die wereld!
Ek het Lyman, Hornady, VHT en keller reloading manuals saam met die Somchem boek om te bepaal, wat is die maximum spoed wat binne druk perke is met spesifieke koeel in die spesifiek geweer en dan ook met vergelykbare dryf middels.

IETS WAT EK GLAD NIE KAN KLEIN KRY NIE IS DAT MENSE NIE DIE KONSEP KAN BEGRYP DAT DAAR 'N SEKERE DRUK NODIG IS OM SEKERE SPOED TE KAN BEHAAL EN SONDER AL DIE FANCY TOOLS EN MEET APARATE IS DIT DIE ENIGSTE WARE INDIKASIE VAN HOEVEEL DRUK DAAR IN DIE SISTEEM IS. Die Somchem se max gewig kryt is eintlik useless informasie en behoort uit gelaat te word. Voordat enige iemand my nou kruisig die rede dat ek dit s? is dat elke persoon wat herlaai 'n chronograaf moet he en van onder af opwerk tot by waar hy wil wees sonder om die max te oorskry wat vir sy geweer geld.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Nou die vraag is dit die moete werd vir een duim verskil om die ding tot in die rooi te druk. Ek s? nee.

Dis nooit die moeite werd om verby die drukperk te gaan nie.

Aan die ander kant met die voorbeeld hierbo
270 met 140gr koeel. gezero op 100m
Teen 2836ft/sec drop op 300m 14.9" en op 350m 22.75"
Teen 2980ft/sec drop op 300m 13.0" en op 350m 20.05"
Nou raak dit 2 duim op 300m en amper 3 duim op 350m, tog is albei ladings nog heeltemal veilig en binne druk perke. Nou in die geval s? my gesonde verstand vir my laai die ding soos wat hy sy beste potensiaal gebruik.

So laai die geweer op daardie lading waar hy die BESTE presteer in terme van spoed en akuraadheid maar binne veiligheids perke
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Maar daai wat jy nou aangehaal het Christo het ek gesit om te wys dat hele 2gr kryt maar net 80ft/sec meer spoed gaan gee in Pit se geweer soos ons nou hier het. Dit is hoekom gewig kruit glad nie akurate manier is van maximums bepaal nie.

Gewoonlik met meeste roere sal daar twee ladings wees wat 'n optimale loop tyd het vir die koeel. Gewoonlik lae snelheid en dan snelheid wat ho?r is beide binne die spesifikasies en drukperke. Baie min gewere slaan daardie node 3 maal.

Dan kry jy geweer soos die 9.3 x62 Asb Arnoldus moenie my kruisig nie. As jy na die roer kry is daar paar goed wat heelwat belangriker is as met ander roere. Loop lengte vir 1. Dis 'n geweer wat volgens otimale looplengte gebou moet word. Die perfekte dryfmiddel en primer. Hoekom s? ek so?

As jy kyk na 286gr koeels en jy gebruik S341 kryt is jou spektrum weidte van spoed (slegs 150ft/sec tussen min en max) en druk so klein dat jy die node net eenkeer sal slaan. Nou as jou loop die verkeerde lengte is sal daardie node op die laagste snelheid wees. Tog as jy die regte looplengte het sal dit optimale snelheid binne drukperke kan bereik.

Ek bly dit s? herlaai is veel meer as net doppe vol gooi en punte in druk. Dit is 'n wetenskap en dit hang maar af met watse toewydig jy dit doen watter sukses jy gaan behaal
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by PITSMIT »

dagse jagtersdok

jong baie dankie vir die goeie raad alhoewel herlaai en jag my passie is doen ek dit glad nie op die vlak wat jy nou verduidelik het nie. ek het regtig waardevolle inligting nou by jou gekry en Geno het ook nou die dag gese ek moet my H2o van my doppe bepaal so ek gaan dit doen en dan weer terugkom na jou toe dat ons daai saami specs van die kamer kan kry. jy praat van poeier wat in die nek le met n lading dan raak dit n kompres lading maar my lading le nog daar omtrent waar die skouer van die dop is so duidelik is ek ver van n kompres lading af.  ek hoor wat jy se van net jou inligting blindelings gebruik maar ek sal nie ek sal eerder my h2o bepaal en jou dan terugvoering gee dan kan ons kyk om verder te gaan.

wat is jou kennis van s361 op so n gewig punt vir die .270 of gaan ek nie regtig baat om van poeier te verander nie

groete
pitsmit 
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

My 270 is baie lief vir S365 en S355. Ek twyfek of S361 regtig vir jou beter resultate sal gee As S365, maar ek het nog nie met dit in die 270 Win gewerk nie, omrede dit nog nie vir my nodig was nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Wouter Roets »

Pitsmit

Wat Dok hier vir jou gese het is baie goeie raad en moet asb ag op geslaan word. As ek mag sal ek net graag wil aanheg by Dok. Nommer een is dat S361 in baie aplikasies n stadiger verbrandende poeier as S385 is! Die enigste rede vir die gebruik van n stadiger verbrandende poeier is in n dop waar jou huidige poeier nie by die 100% dopfulling kom nie en dan klaar op maksimum druk is. Nou dit is mos glad nie die geval in jou 270 nie! Die oplossing is mos nou klaar gegee aan jou dat jy jou lading met S365 kan verhoog om by n maksimum spoed uit te kom. Die akkuraadheid gaan afhang van die node/sweetspot wat verkry gaan word op n sekere spoed. as ek dit nie mis het nie het Geno dit klaar vir jou gegee, so werk maar net soontoe.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by fanie17 »

Pit
Onthou dit gaan nie net oor spoed nie maar ook oor akuraatheid.Die kruit S365 wat jy nou gebruik is die mees stabiele kruit vir 270,behalwe as jy op n ander manier wil laai b.v die kruit te gooi en nie te weeg nie.Gebruik die sweat spot metode om die beste akuraathied te kry en dan jou kronograaf vir die beste spoed,dan kan jy n goue middeweg kry
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Stefan764 »

fanie17 wrote: Gebruik die sweat spot metode om die beste akuraathied te kry en dan jou kronograaf vir die beste spoed,dan kan jy n goue middeweg kry
Oom Fanie

Ek verstaan nie so lekker hierdie stelling van oom nie?

Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lading vir my .270Win met S361 vir 140gr sst punte

Post by Jagtersdok »

Die sweetspot metode is presies die regte spoed om die node te slaan dis hoe jy dit doen. Daar is nie goue middeweg nie

As jy die sweetspot metode presies reg doen dan slaan jy die perfekte lading met die perfekte spoed. Nou kom die finetuning net met die seating depth.

O hel dis hoekom ons dit nou net wiskundig uitwerk sodat jy nie 30 onnodige koeels uitskiet nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Post Reply