Page 1 of 3

Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 3:47 pm
by Finfan
Al die getroude manne, deel bietjie julle stories oor hoe julle vir mammie oortuig hoekom die volgende geweer broodnodig is, hoekom jy nie genoeg geld het om haar op n 2de honeymoon te vat nie terwyl jou kluis vol gewere staan, watse persentasie van die volle bedrag sy DINK jy vir die nuwe toevoeging tot die versameling betaal het? Kom laat ons bietjie lag en tips vang. Ek luister graag...

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 3:51 pm
by VdWalt
Ek en Ma het kry nog elke keer nuwe boee op die selfde tyd en die 223 is hare, en die
wildsvleis is vir skoonma wat cholesterol het......

(en nie Gerrie of Barry gaan my, my storie laat verander nie)

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 3:52 pm
by WerMos
Jy hoor dan pelle skryf vir mekaar fakture uit om vir mamma te wys hoe goedkoop die goedjies is! hehe :laugh: :laugh:

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 5:46 pm
by win270
Vertel haar liewers die waarheid en gun haar iets wat soortgelyke genot (nie noodwendig waarde in Rand) aan haar verskaf. Hoe langer jy die waarheid wegsteek of "suinig" daarmee omgaan, hoe erger gaan die gevolge eendag wees. Jou kinders behoort met dieselfde waardes grootgemaak word - betoon respek teenoor mekaar. Dit werk maar net die beste.

Jammer, ek weet my advies is nou nie in die gees van jou plasing nie.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 6:14 pm
by Frikkie Coetzee
In my huis dra ek die broek.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 6:20 pm
by VdWalt
Gromit wrote:In my huis dra ek die broek.
... en met daai attitude trek jy hom seker nie baie uit nie .... ++>: ++>:

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 6:28 pm
by Philip J
Ek dra die broek in my huis. My vrou het gesê ek mag maar so sê :laugh:

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 7:19 pm
by Heinz Petersen
Skietgoed sake bespreek ek nie sommer by die huis nie. Wat die oog nie sien nie sal die hart nie pla nie.
My vrou sê vir my dat solank my speelgoed duurder raak en nie jonger nie, het sy nie n probleem nie.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 7:21 pm
by 222 Sako
VdWalt wrote:
Gromit wrote:In my huis dra ek die broek.
... en met daai attitude trek jy hom seker nie baie uit nie .... ++>: ++>:
++>: ++>: ++>:
Skerp een!

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 7:25 pm
by Pappabeer
Dries101 wrote:Die probleem is hoe om hom in die huis te kry sonder dat vroulief oplet

Maklik.

Maak soos n kennis van ons op Stellenbosch. Elke keer, wat gereeld is, wat hy n nuwe gun koop, sit hy die besem in n geweersak en loop by die huis uit. Dan sê hy vir sy vrou die wapensmid gaan gou n verstelling maak aan die geweer.

Dan gooi hy die besem terug oor die muur, en kom met die nuwe roer terug kluis toe. Vanaand knik hy maar net kop as die vrou kla oor hoe die tuinboy altyd die besem op die gras vergeet...

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 7:52 pm
by hencohugo
Ek wil net se ek is die vrou en die laaste advies van duurder as jonger stem ek 100% mee saam!!!!!!!!! Groete Henco se vrou

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:10 pm
by Pvdw
Ek het nou al 3 handwapens vir my vrou gekoop. Sy herlaai saam met my en ek koop gereels vir ons .22 ammo. Ek wys haar gereeld die small pistol primers en die kruit wat haar 9mm aan die skiet hou. Solank daar genoeg ammo vir haar pistool en 22 revolver is is sy happy.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:19 pm
by junglejulian
Frikkie ek is maar vars getroud.Na honeymoon gooi ek my broek vir my vrou en se^ vir haar trek hom aan..Sy se^ ek is mal sy gaan mos nooit in hom pas nie.Goed se^ ek,nou weet sy wie dra die broek in die huis..
Net daarna gooi sy vir my die sexy honeymoon panty en se ek moet dit aantrek.Ek se^ toe vir haar sy in mal ek gaan mos nooit daar inkom nie!
Reg se^ sy,as ek nie vinnig my attitude verander nie gaan ek nooit weer daar inkom nie!!

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:22 pm
by Christo
In teorie moet ek net soveel aan die huis spandeer soos aan my gunne. Dit werk goed en ma is ook gelukkig. Sy weet waar ek is, anders as die manne wat golf speel.

Sy gun my meeste van die plesiertjies.

Dankie my vrou. as ek moes kies tussen ma en my gunne kies ek haar, sy sal toelaat dat ek weer later kan gunne koop. Ek laaik haar.

;D

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 12:47 am
by Heinz Petersen
Christo wrote:In teorie moet ek net soveel aan die huis spandeer soos aan my gunne. Dit werk goed en ma is ook gelukkig. Sy weet waar ek is, anders as die manne wat golf speel.

Sy gun my meeste van die plesiertjies.

Dankie my vrou. as ek moes kies tussen ma en my gunne kies ek haar, sy sal toelaat dat ek weer later kan gunne koop. Ek laaik haar.

;D
Smeer daai heuning dik. Die hoofpad na die volgende skietwinkel is oop.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 2:58 am
by Finfan
win270 wrote:Vertel haar liewers die waarheid en gun haar iets wat soortgelyke genot (nie noodwendig waarde in Rand) aan haar verskaf. Hoe langer jy die waarheid wegsteek of "suinig" daarmee omgaan, hoe erger gaan die gevolge eendag wees. Jou kinders behoort met dieselfde waardes grootgemaak word - betoon respek teenoor mekaar. Dit werk maar net die beste.

Jammer, ek weet my advies is nou nie in die gees van jou plasing nie.
Dankie vir jou advies, ek sal dit volg eendag as ek getroud is en kinders het, maar vir nou wil ek net lekker lag vir die ouens se stories. Dit was tog die doel van die onderwerp onder "vir die lagspiere".

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 5:20 am
by sako 30-06
Ek dink gewere is soos visstokke koop en katrolle.

My vrou weet ek skiet en vang vis maar sy weet nie waarmee nie.
So as ek iets nuuts koop sit ek dit maar net in die garage of in die kluis,as sy nie uitvra nie dan se ek niks nie.

Met die pistool was dit bietjie anders,want ek dra hom elke dag.
Maar ek het haar verduidelik dis vir ons beskerming en sy was baie happy daarmee(sy vra eintlik nou al vir my het ek my pistool by my,want sy voel veiliger).Ek het haar toe die Edgars kaart gegee en gese sy kan koop wat sy wil.So sy was happy en ek was happy.

mmm,nou wat gaan ek vir haar se as ek n haelgeweer of .243 koop?

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 5:54 am
by Finfan
Pappabeer wrote:
Dries101 wrote:Die probleem is hoe om hom in die huis te kry sonder dat vroulief oplet

Maklik.

Maak soos n kennis van ons op Stellenbosch. Elke keer, wat gereeld is, wat hy n nuwe gun koop, sit hy die besem in n geweersak en loop by die huis uit. Dan sê hy vir sy vrou die wapensmid gaan gou n verstelling maak aan die geweer.

Dan gooi hy die besem terug oor die muur, en kom met die nuwe roer terug kluis toe. Vanaand knik hy maar net kop as die vrou kla oor hoe die tuinboy altyd die besem op die gras vergeet...
Dis vir my n baie mooi storie.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 6:37 am
by Speelmansjagter
My vrou het my donderdag uit ge-aaa, omdat ek nie vir haar blomme gekoop het nie. Toe ek vra watter dag ek dan vergeet het, se sy vir my; it's bosses day today.

Ek jok nooit vir my vrou nie, ek vertel haar ten minste 'n jaar later wat ek gekoop het, hoe min ek daarvoor betaal het, en hoe baie dit nou al kos.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 7:15 am
by vernon
My biggest fear is when I die

My wife will sell my Guns for what I told her they cost.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 7:17 am
by GvA
Win270, jou raad is spot on. Hoe meer ek deel, hoe meer kan ek speel!

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 11:04 am
by Chris Swart
Ek lieg NOOIT oor die prys nie.

Ek gaan soek bloot die heel duurste advertensie, wat ek dan vir haar wys, om vir haar te wys hoe groot bargain die ding dan nou is. >:D

(Hierdie taktiek is nie beperk tot skietgoed nie)

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 12:47 pm
by Frikkie Coetzee
junglejulian wrote:Frikkie ek is maar vars getroud.Na honeymoon gooi ek my broek vir my vrou en se^ vir haar trek hom aan..Sy se^ ek is mal sy gaan mos nooit in hom pas nie.Goed se^ ek,nou weet sy wie dra die broek in die huis..
Net daarna gooi sy vir my die sexy honeymoon panty en se ek moet dit aantrek.Ek se^ toe vir haar sy in mal ek gaan mos nooit daar inkom nie!
Reg se^ sy,as ek nie vinnig my attitude verander nie gaan ek nooit weer daar inkom nie!!
Sien ek moes kies. Sy of skiet. Gaan my gewere mis.

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 5:46 pm
by Pvdw
Gaan my gewere mis.
Kan jy asb fotos en pryse plaas Frikkie. ek stel belang ;)

Re: Mammie vs Gewere

Posted: Sat Oct 18, 2014 6:01 pm
by Hein M.
My vrou het 'n trop perde. Say no more. Sy is dus doodstil as ek geweer-goete koop ;)

Mooiloop!