More manne!
Ek is die gelukkige eienaar van 'n Beretta OverUnder S56 (onlangs gekoop en die geweer is in goeie kondisie) en wonder wat die regte manier is om hierdie geweer skoon te maak en in 'n goeie kondisie te hou dat hy lank sy baas sal dien.
Help asb slim manne...
Zach
Haelgeweer skoonmaak vrae
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Haelgeweer skoonmaak vrae
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___

-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer skoonmaak vrae
Koop vir jou `n bore snake. Ek trek hom so twee keer deur elke loop as ek klaar geskiet het en olie dan die kamers liggies met `n olielappie wat ek sommer om my pinkie draai. Laasgenoemde is om roes te voorkom as gevolg van sweet wat aan mens se hande en vingers vasklou terwyl jy aan die patrone vat voor hulle in die kamer in gaan. Dit werk perfek, selfs met 115-jaar oue staal en Damascus lope, en ek het nog nooit enige probleem met roes of korrosie gehad nie. Ek trek net weer die bore snake deur die lope voor ek gaan skiet en alles is slaggereed.
Meeste modern OU's se lope is gechroom aan die binnekant so roes is baie minder van `n probleem as wat dit vantevore was. Ek weet egter nie of jou S56 se lope gechroom was of nie, so "better be safe than sorry". So twee keer per jaar haal ek alles uitmekaar, skroef af wat kan afskroef, en maak ordentlik skoon en olie soos nodig.
Dis belangrik dat jy `n ligte soort van ghries of soortgelyks aan die "hinge pin" smeer, en daarna sorg dat hy gesmeer bly. Die lope draai/skanier om die hinge pin en hy vat baie stress. Ek gebruik hier Hoppe's Gun Grease. Eerste buisie wat ek gekoop het hou my nou al 12 jaar. Mens hoef nie baie op te sit nie, net genoeg om alles mooi gesmeer te hou.
Ek stoor al my dubbels onderstebo (lope na onder) in my kluis. Dit voorkom dat surplus olies en dergelike dinge in die hout in week. Ek vee ook my snap caps met `n olielap af voor ek hulle in die geweer sit.
Hierdie is wat nog altyd vir my gewerk het.