9mm P matryse

Post Reply
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

9mm P matryse

Post by GERT vd M »

Ek het toe vir my die Glock 19 Gen 3 (nuut) gekoop. Ek het n " die " stel uit n boedel gekoop maar daar is nie n sizing / decapping die by nie (LEE) My vraag is nou of ek my .38 sp se sizing die kan gebruik (LEE) om die 9mm P doppe mee te size en decap Op die die staan geskryf: LEE 38-357 F1
By die stel wat ek gekoop het as n 9mm stel is ook n LEE 45ACP-K3 Seating plus n 9mm seating die ( dit is wat my mislei het want daar is mos 3 dies in en die houer is gemerk 9mmP

Hoop iemand kan my raad gee . My kennis van handwapen laai is maar beperk
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mm P matryse

Post by Alwin »

Gert.

Nee, jammer, die 38/357 sizer gaan nie werk nie. Die rede is omdat die 38/357 se dop paralelle (reguit) wande het en die 9mmP het tapse wande. Jou naaste handelaar behoort maklik ene te kan kry. Indien nie, skakel Camdix in Krugersdorp. Hulle pos (of eerder koerier) dit maklik. Die laaste opsie, is om van die VSA af te bestel. Titan Reloading (www.titanreloading.com) of Brownells (www.brownells.com) is gewilde opsies. Net die poskantoorstaking kan invoere 'n pyn maak.

Sterkte!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 9mm P matryse

Post by Pvdw »

Gert die 9mm is .355 en die 38 is .357. Ek sal eerder om ni3 net veilig te wees nie maar ook om die regte wegspring punt te kry verseker 'n nuwe of goeie 2de handse 9mm stel aanskaf.

As dit kom by handwapen matryse is LEE baie moelik om te klop. Nuut is hulle so 500-550 en 2de hands is 'n bilike prys so R300-350.

Doen jouself di3 moete en begin reg.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 9mm P matryse

Post by GERT vd M »

Dankie vir die antwoorde om my op die regte pad te bring. Nog komentaar is welkom soos: "ek het vir jou n stel of ek het so n carbide sizer die :) " Maar dit moet lee wees. Weet nie of die ander vervaardigers ook in carbide maak nie. Sien hulle verkoop vir so 28 Am dollars
Groete
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mm P matryse

Post by Alwin »

GERT vd M wrote:Dankie vir die antwoorde om my op die regte pad te bring. Nog komentaar is welkom soos: "ek het vir jou n stel of ek het so n carbide sizer die :) " Maar dit moet lee wees. Weet nie of die ander vervaardigers ook in carbide maak nie. Sien hulle verkoop vir so 28 Am dollars
Groete
Gert
Meeste ander vervaardigers maak wel "carbide" (TC) "sizer dies" As jy dit billik 2de hands kry, kan jy enige fabrikaat vat, dit sal werk. Maar ek verkies ook LEE. Myne het al baie duisende gelaai, sonder enige nukke of grille. En ek praat net van die 9mm. Die ander handwapen (en geweer) kaliber LEE matryse werk ook uitstekend. Maar ek het ook verskeie ander fabrikate..
Post Reply