Mods moet maar edit indien nodig....
Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel se antwoorde
* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.
* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het 'n plan uitgewerk.
* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën..
Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.
* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het..... Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie.
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afro geraak het van skrik.
* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.
Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.
* Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos HÃndel. HÃndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis
hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.
* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.
* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.
* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.
* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.
* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.
* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.
* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.
* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.
Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel antw
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
My kennis van geskiedenis sal nooit weer dieselfde wees nie. My nou self nat ge ....
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
Ekt self nou n paar dinge geleer.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
As jy maar net al die antwoorde kan kry wat kinders op skool skryf.
Lekker gelag nou.
Lekker gelag nou.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
GvA
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Sat Jan 01, 2011 4:46 pm
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
Klassiek! Ek gaan nie nou die natkolletjie toets pass nie!
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
Het jy dalk nog sulke lekker lag antwoorde
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel
Bleddie snaaks hoor! Lekker gelag nou
