308 win data
-
shanenel
- Sr. Member

- Posts: 377
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:56 am
308 win data
Dagse kan iemand dalk help met 308 win 125 gr Nosler ballistic tip herlaai data.Ek sien die pakkies se "hunting ".
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 win data
Ek sal slegs kopskoot skiet op wild of dit vir ongedierte beheer gebruik. Jy gaan die' koele vinnig skiet en vleisskade gaan erg wees op lyfskote. Na 200m gaan hulle vinnig spoed verloor en heelwat val.
Begin met 41gr S335. Maak TPL sodat so 6mm skag in die dopnek is.
Begin met 41gr S335. Maak TPL sodat so 6mm skag in die dopnek is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Iemand wat onderstaande deur QL wil hardloop?
Loop lengte gemeet vanaf kroon van loop tot teenaan slotgesig van toe slot (Nie die fabrieks gegewe lengte nie): 66cm en 1:12 twist
Dop kapasiteit van n gevuurvormde dop(H20): 35ml (Dit is nou tot heelbo in die nek.)
Die Tipe koeel en gewig wat gebruik gaan word: Sierra Pro Hunter 150g Spitzer
Tipe Kruit wat gebruik gaan: S335
Die absolute maksimum TPL magasynkas lengte beperking aangesien ek uit die magesyn kas wil voer: 71.9mm
Tipe Primers: CCI 200
En dan belangrik: Minstens 2 verskillende ladings, met bogenoemde komponente, wat se spoed gemeet is.
43.0g S335 gemiddelde spoed van 2703.25 met vier skote
44.3g S335 gemiddelde spoed van 2763.20 met vyf skote

Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 win data
Riebeeker, dit lyk asof jou S335 uit helfte aaptwak bestaan. Dit is baie pap en daarom is die dop vol by die hoogste node wat jy kan kry. Druk is op 51K psi en met 44,9gr en jy moet mik vir 2800vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Ek dink ek sal die res moet rook. Nee, alle grappies op 'n stokkie. Ek dink ek verstaan die dop kapasiteit verkeerd. Ek het by ons laboratorium een van my doppe gevat en chock en blok vol water gemaak, miniskus wat bol staan bo en toe die hoeveelheid water gemeet. Daar is nog baie spasie oor in die dop as ek 44.3gr kruit gooi en die basis van die punt raak nog nie daaraan nie.
Is die aanbeveling dat ek moet mik vir 2800vps en dat 44.9 gr my daar gaan kry?
Is die aanbeveling dat ek moet mik vir 2800vps en dat 44.9 gr my daar gaan kry?
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 win data
Ek het jou 35ml water as 54gr gewig en dit klop redelik met dit wat QL as basis aanvaar. Die idee is om die leë geskiete dop te weeg en dan dit gelykvol te maak en weer te weeg. Gebruik klein bietjie seep om oppervlakspanning te breek.
Die 44,9gr is wat jy moet gebruik en dan sal dit naby aan 2800vps gee. Die spoed is waar die node is.
Die 44,9gr is wat jy moet gebruik en dan sal dit naby aan 2800vps gee. Die spoed is waar die node is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Aha nou verstaan ek. Ek sal die dop weeg soos voorgestel en laat weet. In elk geval ook toets met 44.9. Dankie vir die moeite.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: 308 win data
Naand Riebeeker
Ek het S341 in my 308 gelaai met 125gr Hornady punte, 47,5gr het mooi gewerk
Groete
Izak
Ek het S341 in my 308 gelaai met 125gr Hornady punte, 47,5gr het mooi gewerk
Groete
Izak
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Great, sal terugvoer gee oor hoe naby ek aan 2800 vps gekom het, sonder om druk op te tel.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Net vir die interresantheid, Somchem dui in hul nuuste boekie aan dat die maksimum op S335 vir 'n 150gr punt 44.2gr kruit is.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 308 win data
Ek het die leë dop en vol dop geweeg en kry:
3.705g = 57.177gr
3.705g = 57.177gr
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF