So laaste enetjie ingewerk vir die seisoen

Post Reply
User avatar
Gamkaboer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Sep 02, 2014 11:10 am

So laaste enetjie ingewerk vir die seisoen

Post by Gamkaboer »

So Donderdag oggend spring ek, my goeie vriend Stephan en my Pa in Steph se bakkie en skiet deur Sandrivier Musina se kant toe. Eet n vinnge brekkie op Kranskop en arriveer toe so 11 uur op die plaas. Pragtige wereld daai. Ons pak af en gooi toe gou n draai by die skietbaantjie en toets al die roere en toe gaan ons in veld toe. Kry n rooibok en ek vat skoot volgende is Stephan met n mooi ram.

Die aand het ons gaan jakkalse roep en het hulle ingekom soos hase maar die bos was te ruig vir n ordentlike skoot. Vati kanse nie.

Vrydag is ons so 11 uur in veld toe en ry toe so bietjie rond en verken die wereld. Ons sien n troppie wilde beeste raak en wel toe begin ons stalk. ek en steph redeneer nog of ons werklik so groot ding nodig het en hy se skiet net en wel ja daar klap n mooi hart skoot. Ons skiet toe n n bul wat in die hogery prysklas was... :confused:

Middag later is ons weer uit en stephan kry toe n sms met n order vir nog n rooibok uit pta uit. Kry n troppie en hy en die gids is agterna en in die klipkoppe in. 15min later klap die skoot. Kopskoot nogal.

Die aand gaan roep ons weer jakke maar die keer kom net n klomp duikers in. Maar die jakke antwoord baie naby as ons die howl speel. Klein snuite sal volgende jaar les op se.

Saterdag was n lekker rustige dag en ons het die naweek afgesluit met n rivier geselligheid en die aand so bietjie vasgetrap om n skaaprib en tjoppies.

Lekker man lekker kan klaar nie wag vir volgende jaar nie. ++>: ++>:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Gamkaboer on Wed Sep 03, 2014 9:12 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gamkaboer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Sep 02, 2014 11:10 am

Re: So laaste enetjie ingewerk vir die seisoen

Post by Gamkaboer »

Sien ek sal nou eers moet werk aan die fotos resize.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: So laaste enetjie ingewerk vir die seisoen

Post by win270 »

Dit klink en lyk na 'n groot sukses. Baie geluk. Hoekom is Mei 2015 nog so ver? ++>:
Post Reply