Page 1 of 2
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 12:27 pm
by Rath1976
Dankie Ludwig,
Jou artikel is presies wat ek nodig gehad het om meer te leer oor hierdie kaliber.
Groete
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 12:48 pm
by Gawie(13mm)
Dankie Ludwig.
Ek het sopas my planne, waaraan ek 'n jaar lank werk, sterk in heroorweging begin neem.

Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:17 pm
by JTM
Ek het juis gewonder of mens die .284 op 'n Howa kort aksie kan bou. Veral met daai lang punte. Nou het ek mooi geleer, dankie!
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 3:31 pm
by Jean Marais
Hallo Ludwig
Met die ander langskiet nou agter die rug, wil ek en Dekker nou woord by die daad voeg met die 284 Win. Ek kyk op die oomblik na 'n Barnard aksie (PL). Wil volgende jaar beslis beter doen, want 'n standaard jaggeweer kom nie die mas op met daai ver skote nie. Kan ons dalk weer 'n slag bymekaarkom.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 3:46 pm
by Jean Marais
Ek PM jou binnekort. Baie dankie
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 3:54 pm
by Chevvy SS
Dankie!
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:00 pm
by Mariuss
Dankie vir die artikel. Ek oorweeg 284 Win as my vlg langafstand kaliber as my 6.5-284 se loop klaar is.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:01 pm
by Mariuss
Wat sou die ideale twist wees om 180 Hybrids mee te skiet ?
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:16 pm
by Jean Marais
Hoeveel spoed word ingeboet tussen 'n 1:9 en 1:8 groefdraai, of is dit nie noemenswaardig nie?
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:35 pm
by Jean Marais
So al wat die hoër groefdraai moontlik kan veroorsaak is 'n oorgestabiliseerde koeël in die ligter gewigsafdeling.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Wed Sep 03, 2014 7:47 am
by Mariuss
Dankie Ludwig
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Wed Sep 03, 2014 7:50 am
by Mariuss
Skies Ludwig, wat se spoed kan mens verwag om te kry met 180 gr Hybrids ? Temp en Baro ?
en watter poeier word aanbeveel 385 of 365 ?
en ongeveer hoeveel poeier ?
By voorbaat dankie.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Wed Sep 03, 2014 9:52 pm
by Mariuss
Baie dankie vir die info.
Sou mens kyk na Magnum primers op 'n 6.5-284 ?
Ek gooi tans 52.2gr S385 op 140 Hybrids wat my 2955fps gee met gewone primers.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Thu Sep 04, 2014 8:20 am
by Eugene
Mariuss wrote:Baie dankie vir die info.
Sou mens kyk na Magnum primers op 'n 6.5-284 ?
Ek gooi tans 52.2gr S385 op 140 Hybrids wat my 2955fps gee met gewone primers.
Ek het glad nie goeie ES in my 6.5x284 gekry met Magnum primers nie en ook nie met CCI BR primers nie. Ek kry die beste met Federal se 210 primers. Laaste keer wat ek gekyk het, was die ES minder as 10 gewees met 48,4gr S385 en FED210 primers.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Thu Sep 04, 2014 10:30 pm
by Willem Grobler
Baie dankie L , ek is nou al uit die wegspringblokke met d bou van myne en dis gerusstellend om te sien dat jy ook die bronne wat ek vir my besluit gebruik het, van waarde ag.
Lykmy ons is n paar manne wat jou nog gaan malmaak met vrae...
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Fri Sep 05, 2014 8:18 am
by Fritz
Jean Marais wrote:Hallo Ludwig
want 'n standaard jaggeweer kom nie die mas op met daai ver skote nie.
I beg to differ sir!!
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 8:07 am
by Fritz
Ludwig wrote:
Loop: Broughton Heavy Palma 5C 1:9 @ 30"
Koeel: 162gr Hornady A-Max
Doppe: 6.5-284 Lapua (69gr H20)
More Ludwig. Ek het so twee gevuurde doppe van my Shehane gemeet en hulle is 68.7gr met Nosler doppe. Ek vra toe dat Shaun sy Lapua doppe meet en hulle is 68gr. Het jy skelmpies 'n Shehane reamer ook daar by jou

Dit kan natuurlik die lot doppe wees wat jy het. Maar dit is nou vir my interessant en sal waardeer as jy dit kan bevestig wanneer jy kans kry.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 8:18 am
by Wouter Roets
Hallo Fritz
Met hoeveel het die doppe se lengtes verkort in die vuurvormingsproses indien wel? Hierdie kan dalk moontlik die rede wees vir die verminderde dopkapasiteit. Ek wil ook net seker maak, het die Shehane n 35 of 40 grade skouer?
Groetnis
Wouter
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 8:31 am
by Fritz
Wouter ek sal die lengtes meet en vergelyk. Kan ons dan nou maar aanvaar dat Ludwig eintlik die Shehane skiet? Ludwig, jy moet dalk volgende keer bietjie meer navorsing doen wanneer jy 'n geweer bou sodat sulke goed nie twee jaar later opduik nie

Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 8:38 am
by Wouter Roets
Luddie
Ek kan onthou dat die Shehane die taper uithaal maar was ontseker oor die skouer se helling. Glo die rekords sal spat as iemand n 40 grade skouer ontwerp maak

. Kan nie glo die standaard het so baie taper in gehad nie, maar glo dit kom moontlik in by die semi outo geweer waarin hy eerste in uitgekom het. Wat natuurlik van meer belang is met die dopkapasiteit is wat beskikbaar is met die koeel geseat en hier glo ek die Shehane sal die voordeel he al het die dop se lengte verkort met die vuurvorming proses.
Groetnis
Wout
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 9:10 am
by Fritz
Hier is my reamer print
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/JacoRheeder284Sreamerprint_zps9e26f2eb.jpg
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 9:24 am
by Wouter Roets
Luddie
Ek moes eintlik hierdie gesiggie

gebruik het. As ons anaal tegnies wil raak is daar wel so paar voordele aan die 40 grade skouer.
Groetnis
Wout
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 2:00 pm
by Wouter Roets
Hallo Fritz
Het jy dalk n idiee hoeveel dopkapasiteit hy gewen het met die verandering? Ek het gewonder wanneer die liggie vir sekere manne gaan begin aangaan in die sport.
Groetnis
Wouter
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 09, 2014 2:55 pm
by Fritz
Ek haal my vorige posts af om by die onderwerp te hou.
Re: 284 Winchester en Shehane
Posted: Tue Sep 30, 2014 8:46 pm
by Vaalboer
Dit lyk na die ideale kaliber tussen my 30-06 en die 243 AI.. veral vir langer afstand jag..
Wat sal julle voorstel? Die custom roete gaan of 'n 7mm-08 koop en laat uitboor?
My 243AI is my teikengeweer so hierdie sal meer vir jag wees.. die 30-06 sal maar die bosjag yster word..