Page 1 of 1

Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 6:48 pm
by dolla
My pa, Robbie, het n jag gereel vanaf donderdag tot sondag. (21- 24 Aug.) Ongelukkig kon ek nie saam gaan nie omdat ek skool gehad het. Ek dink teen die naweek se kant het pappa my bietjie begin jammer kry :laugh: . Saterdag toe se hy ek en my ma moet deurkom. Daar gekom, camo klere aan gaan trek en op die gameviewer gespring. +- n uur later toe sien ons n trop sebras ongeveer 800m ver teen die hang van die berg.

Ek, my pa en die 2 phs het afgeklim en deur n ruig deel van die berg begin af beweeg na die kloof toe. Net toe ons deur die spruitloop wou gaan, die sebras toe ongeveer 400m van ons af, kom daar uit die bloute n trop waterbokke links uit die loop reguit in die rigting van die sebras!! Ons vries...en sit so stil dat hulle ons glad nie gewaar nie vir maklik 15minute.

Inus, die ph, stel toe voor dat ons terug beweeg en n ompad van 500m vat om die waterbokke te vermy. Toe ons uiteindelik weer die sebras in sig kry, is die vervloekte waterbokke weer tussen ons! Ons neem toe stelling onder n kareebos in en begin strategie gespreek. Dit is nie bosveld nie en die kareebome staan 30-50m uitmekaar, die gras is kort en daar is blerrie baie KLIPPE! Toe, begin die groot pret! Hande- 4-voet begin ons kruip. Stadig maar seker... op n stadium kruip ons 30m van 2 waterbok koeie af verby en uiteindelik kry ons n bos waar ek die sebras in sig het.

Na vele aanle pogings en geweer weer laat sak, die adrenalien wat al meer pomp, stap daar n mooi groot merrie in n oop kolletjie in.
Pappa se: ###!!! #$@!@# Skiet die sebra!! :o Ek hou my asem op...en die skoot loop!

Dit lyk of sy soos Ruiter in swart se perd op haar agterpote gaan staan en vlieg skerp links om berg af. Sekondes later storm die trop waterbokke berg op met n span sebras saam met hulle. Nou's ons deurmekaar...en die soektog begin. Ek weet my skoot was reg. Ons begin berg af loop en kyk, maar spore tussen die klippe is min en van bloed, geen spoor! Inus roep die werkers op die radio en se hul moet die beagles saam bring.

Hulle daag op met Iempie en Boesman, die twee oulikste woefies!! Na n paar draaie vat hulle die spoor. Een aan oom inus se hand, en die ander een help die vlermuis vlieg. Ek en my pa val amper oor mekaar soos ons probeer by hou! Nie eers 150m verder, kry ons haar waar sy klaar dood, onder n boom le.

Die bevrediging van n 2 en n half uur lange walk, stalk en leopard crawl, is duidelik op my gesig gesien toe ons begin fotos neem.Dit was fantasties om op Thaba Bonozi te gaan jag. Alle dank aan oom Inus, wat n briljante ph is, Pieter, Iempie en boesman en pappa wat sy beursie oop gemaak het.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 6:55 pm
by Frikkie Coetzee
Mooi gedoen daar Dolla

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 6:58 pm
by dolla
Baie dankie oom!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 7:01 pm
by alecjohnson
Baie mooi vertel, baie geluk!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 7:55 pm
by Proudprado
Pragtig.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:24 pm
by Flip Nel
Baie Geluk

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:28 pm
by ROBBIE1
>:D , gewonder hoe lank ons gaan wag vir die storie! Dit was werklik n besonderse ervaring, baie geluk my vlooi, trots op jou!

Ek moet self se, meer profesioneel het ek nog nie n Ph gekry nie, Inus wel gedaan!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Tue Aug 26, 2014 11:08 pm
by Frikkie Coetzee
Robbie. Is dit jou dogter?

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 6:08 am
by Johan308
Baie geluk!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 6:19 am
by sako 30-06
Jy kan maar n storie vertel,baie mooi gedoen.

Baie geluk met jou pragtige Sebra.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 7:12 am
by VdWalt
BAie geluk met mooi zebra en skoot (Jy moet maar in die toekoms
jou Pa se stories ook vir hom skryf.... LOL )

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 8:11 am
by japievan
Baie geluk.

Hoop jy en jou pa het bokke oorgelos vir my die kommende naweek. Geniet dit regtig om daar by Inus te gaan jag.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 8:27 am
by henried
Baie geluk. Is daai Beagles?

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 9:01 am
by ROBBIE1
Gromit ja dis ha pa se meisiekind daai!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 9:22 am
by NEGE3
Baie geluk. Mooi gedoen Robbie.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 9:28 am
by bush hat
Baie geluk Dolla en paps Robbie...dis 'n pragtige merrie daai ! Ek en Y3 sien julle een van die dae ! Groetnis !

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 2:31 pm
by dolla
Hehe baie dankie almal. Ja oom bush hat... ek kan nie meer wag nie!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Wed Aug 27, 2014 2:55 pm
by Piet Pille
Geluk Dolla (en Robbie).

Mooi geskiet en lekker vertel. Dis die storie in jou geheue wat die prentjies in die foto-album hulle waarde gee.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Sat Aug 30, 2014 12:13 pm
by KalahariKlong
Baie geluk, mooi gemaak.

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Mon Sep 01, 2014 9:53 am
by Geno
Baie geluk Dolla! Jou Pa maak jou reg groot!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Mon Sep 01, 2014 11:21 am
by JAGTERSREG-JRM
Dolla

Baie geluk met n mooi streep donkie, altyd lekker om op die regte manier te jag en sukses te behaal. Jy sal moet begin jou pa se baba afvry.......lyk vir my die 7x64 raak jou se baba

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Mon Sep 01, 2014 11:52 am
by ROBBIE1
Praat jy Kobus, ma daai sal my babatjie bly, het mos vir haar die 243 gekoop maar sy staan stewig agter daai ou 7x64 Mausertjie hoor!

Re: Lekkerste walk en stalk nog ooit!!

Posted: Mon Sep 01, 2014 12:07 pm
by dolla
Ek stem saam oom Geno hehehe baie dankie vir almal se posts...