Ek, my pa en die 2 phs het afgeklim en deur n ruig deel van die berg begin af beweeg na die kloof toe. Net toe ons deur die spruitloop wou gaan, die sebras toe ongeveer 400m van ons af, kom daar uit die bloute n trop waterbokke links uit die loop reguit in die rigting van die sebras!! Ons vries...en sit so stil dat hulle ons glad nie gewaar nie vir maklik 15minute.
Inus, die ph, stel toe voor dat ons terug beweeg en n ompad van 500m vat om die waterbokke te vermy. Toe ons uiteindelik weer die sebras in sig kry, is die vervloekte waterbokke weer tussen ons! Ons neem toe stelling onder n kareebos in en begin strategie gespreek. Dit is nie bosveld nie en die kareebome staan 30-50m uitmekaar, die gras is kort en daar is blerrie baie KLIPPE! Toe, begin die groot pret! Hande- 4-voet begin ons kruip. Stadig maar seker... op n stadium kruip ons 30m van 2 waterbok koeie af verby en uiteindelik kry ons n bos waar ek die sebras in sig het.
Na vele aanle pogings en geweer weer laat sak, die adrenalien wat al meer pomp, stap daar n mooi groot merrie in n oop kolletjie in.
Pappa se: ###!!! #$@!@# Skiet die sebra!!
Dit lyk of sy soos Ruiter in swart se perd op haar agterpote gaan staan en vlieg skerp links om berg af. Sekondes later storm die trop waterbokke berg op met n span sebras saam met hulle. Nou's ons deurmekaar...en die soektog begin. Ek weet my skoot was reg. Ons begin berg af loop en kyk, maar spore tussen die klippe is min en van bloed, geen spoor! Inus roep die werkers op die radio en se hul moet die beagles saam bring.
Hulle daag op met Iempie en Boesman, die twee oulikste woefies!! Na n paar draaie vat hulle die spoor. Een aan oom inus se hand, en die ander een help die vlermuis vlieg. Ek en my pa val amper oor mekaar soos ons probeer by hou! Nie eers 150m verder, kry ons haar waar sy klaar dood, onder n boom le.
Die bevrediging van n 2 en n half uur lange walk, stalk en leopard crawl, is duidelik op my gesig gesien toe ons begin fotos neem.Dit was fantasties om op Thaba Bonozi te gaan jag. Alle dank aan oom Inus, wat n briljante ph is, Pieter, Iempie en boesman en pappa wat sy beursie oop gemaak het.


