Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post Reply
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Goeie môre.

Ek sal begin om onverskoning te vra vir my onnosele vraag. Ek het die afgelope 2 dae probeer 'search' vir my antwoord, maar het geen geluk nie. Op die oomblik het ek 'n .303 geweer. Ek kan 'n .223 geweertjie vir 'n bargain kry. Ek sal my toegewyde jagstatus moet doen aangesien ek net toegewyde sportskiet het, en geen plekke oop op artikel 15 nie. Wat ek graag wil weet is, watse wild 'insluitende probleem diere' mag met die bogenoemde kaliber gejag word ? Ek wil met my motivering begin en wil al die feite reg hê. Ek jag in Mpumalanga en KZN as dit dalk ook gaan help. Baie dankie.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 700
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Jaco vdW »

Die logiese vertrekpunt is om die onderskeie provinsies se jagordonansies en regulasies te kry. KZN s'n sal jy by KZN jagtersvereniging kan kry - hulle is baie goed met hul admin. Die dame se naam is Carol as ek reg onthou...

Ek weet jy jag nou nie in die Wes-Kaap nie, maar net as n voorbeeld / riglyn kan jy hulle regulasies en ordonansies van die internet af kry op Cape Nature se webtuiste. In hulle regulasie noem hulle n klomp wild wat gejag moet word met n geweer van 6,5mm of groter. Dus kan jy aflei dat alle ander wild gejag mag word met n kaliber kleiner as 6,5mm wat dus jou .224 insluit.

.223 Rem is n erkende probleemdier Kaliber, so daarmee sal jy geen problem hê nie.

Motiveer hom verder vir gereelde oefening - laer koste van ammo, minder terugskop, geraas, ens.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Baie dankie vir jou antwoord Jaco, ek waardeer die terugvoer. Ek het Mpumalanga se wetgewing afgelaai en bestudeer toe ek vir my .22 gemotiveer het. Ek sien nêrens waarna ek opsoek was nie, maar ek kyk dalk teen my eie ooglede vas. Daar word net genoem van die 'Big five' wat nie met 'n kaliber kleiner as 'n 0.375" gejag mag word nie. Ek het voorheen al raakgelees dat geen wild groter as 'n Springbok met 'n .224 geskiet mag word nie. Ek wil maar net die feite reg hê as ek motiveer. Dankie vir die advies sovêr.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Pappabeer »

In KZN is blesbokke en Springbokke nie wild volgens die regulasie nie, en het jy dus nie n jaglisensie vir hulle nodig nie. Hulle is ook tegnies vrygeskeld van enige ander riglyne wat betrekking het op die jag van wild ( ordenary game, protected game, specialy protected game)

Email my by dewald6555@gmail.com dan stuur ek vir jou my .222 se motivering. Daar is redelik omvattende detail daarin. Ek kan ook die KZN ordenansie vir jou aanstuur.

Soos Jaco noem, gaan aan oor koste en oefening en kinders en vrou en en en.

Nog n punt van motivering is die skiet van Wilde makoue en kolganse op gesaaide lande, sowel as die beheer van probleemdiere in KZN, nl Ystervark, Jakkals ens. wat ook nie as wild in die ordenansie geklassifiseer is nie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Baie dankie Dewald.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 700
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Jaco vdW »

Hier is die voorbeeld waarna ek verwys het in die Wes-Kaap se regulasie - dus kan jy enige ander wild wettig met die .223 Rem in die Wes- Kaap jag.

Noem defnitief ook van die kolganse en makou soos Dewald sê. In die Wes Kaap se regulasie word hulle spesifiek vry gestel van n paar verbode jagmetodes.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Dankie Jaco
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by tripodmvr »

Met TSS kan jy die 223 motiveer vir skyfskiet. Jy hoef nie na jag behalwe van pesdiere te verwys nie. Doen jou toegewyde jagters wanneer dit jou dan pas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Dankie vir jou reply Tripod. Ek het toegewyde sport skiet by S.A.D.P.A. Hulle gee nieendoserings vir slot aksies nie. Ek sal my TJS by Laeveld doen. Ek is 'n klaar 'n lid by hulle.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by tripodmvr »

Maak so. Die' opleiding is gewoonlik baie leersaam en gee inligting oor jag en skiet wat jou in die toekoms baie kan help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Wild wat met 'n .223 slot-aksie geweer gejag mag word.

Post by Killzone »

Ek stem saam, dankie Tripod.
Post Reply