Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by win270 »

Noudat die huidige jagseisoen aan die verbygaan is, neem ek aan elkeen van ons manne en dames het planne vir die maande wat voorlê ter voorbereiding van 2015 se jagseisoen.

Vertel gerus wat julle beplan om te doen en watter terkortkominge (dalk flaters) julle sal wil regstel voor 2015 se seisoen begin ...

Ek het intussen vir my 'n skaflike verkyker aangeskaf, net om vlg keer nog beter die veld en diere te verken. Dan wil ek nog meer gaan oefen op die skietbaan wanneer daar kans is. Dis mos baie gerusstellend as jy presies weet wat die kombinasie van jou geweer, ammunisie, teleskoop en jyself kan doen en konsekwent kan doen as jy weer gaan jag. Intussen hou ek die gewere skoon en lees jagverhale tot vervelens toe!

Lekker gesels . . .
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by FCLoretz »

Ek wil 'n eintlik 'n bok skiet in 2015. Ek het darem 'n varkie geskiet. Maar dit is omtrent die omvang van my sukses gewees vir die 2014 seisoen wat verby is
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Supacow »

Ek gaan begin vlieghengel ;D
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by BRNO (Pierre) »

Nee man. Ek is verseker nog lus om die jaar iets plat te trek.
Veiligheid eerste manne!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by FCLoretz »

Supacow waar bly jy? Dan gaan ons verby Henrie ry en dan kan ons almal gaan fly fish. So lekker Jaracal geelvis trip.

Ek weet Peet, Frikkie, Henrie, Rooster, Carl en ek in die gauteng omgewing vang vis op vlieg.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by FCLoretz »

BRNO (Pierre) wrote:Nee man. Ek is verseker nog lus om die jaar iets plat te trek.
Wanneer ry ons en waarheen gaan ons? ;D
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Riebeeker »

Manne hier is jul kans vir 2015:

Ons NG Kerk hou 'n fondsinsameling. Die pryse is:

1. Jagpakket in 2015 naby Aranos wat insluit 1 Gemsbok, 5 Springbokke, verblyf vir 4 mense, etes en bewerking van vleis ingesluit;
2. Jagpakket in 2015 naby Gochas wat insluit 1 Gemsbok, 5 Springbokke, verblyf vir 4 mense, etes en bewerking van vleis ingesluit;
3. Jagpakket in 2015 naby Beaufort Wes wat insluit 1 Blouwildebees, 1 Blesbok en 2 Springbokke, verblyf in selfsorgakkommodasie;
4. SAVAGE AXIS geweer in die kaliber van jou keuse - geborg deur SAFARI & OUTDOOR STELLENBOSCH

E-pos my by andre@riebeekcellars.co.za vir meer detail. Net 500 kaartjies teen R250 elk. Sluitingsdatum 5 September 2014 en Trekkingsdatum 6 September 2014.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by NEGE3 »

In die somer maande hengel ek so een keer per week. Ek het hierdie jaar gebruik en al die roere gebou wat ek nog altyd wou gehad het. Weens 'n tekort aan tyd kon ek slegs vir die 6.5x55 'n lading uitwerk. Die res van die roere moes ek met fabrieks ammunisie die werk laat doen. Ek is reeds deur die eerste rondte met herlaai waarmee Deon my help met behulp van QL. As ons hiermee klaar is sal dit weer elke tweede week die skietbaan se beurt wees.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1890
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by jaracal »

Supacow wrote:Ek gaan begin vlieghengel ;D
Nou praat jy. Altyd lekker om 'n vis met 'n vlieg te jag ;D
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5135
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Pvdw »

Verseker draai die wielle Sterkfontein toe agter die geelvis aan. nr14,16 en 18 miere,klipspringer cadis en nr12 sprinkane gaan ek weer met hulle koppe smokkel.

Intussen moet ek in Oktober Heilbron toe om my neef te gaan help met plaagdiere. Die arme man kla van grondmanne,dassies, kraaie, kraansduiwe, ystervarke en jakke wat lol. Ek vat sommer die VENTER vol ammo saam.
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Karoo Klong »

Ek wil 'n tolhek in Aberdeen oprig sodat almal wat hier wil deurry die tolgeld met 303 doppe of punte moet betaal.
Johan van Wyk
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Heinz Petersen »

Ek het nog 9 koedoes se vleis wat verwerk moet word. so dit gaan my n tydtjie besig hou. Van volgende naweek begin ek weer jakke jag daar om my. Dan is daar nog lading ontwikkeling, teiken skiet, n nuwe skietbaan bou op die plaas.
Ek weet net nie wanneer ek gaan tyd vir myself kry nie.

Ooo dan is daar nog die vrou wat ook n lysie het. ( By daai tyd is dit weer jagtyd)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Reggie Gerber »

Hiers my lys

1: Silencers toets
2: Toets watter punte deur gras en takke nog reguit trek
3: Toets watter punt die beste doodmaak
4: Kyk of 308 beter is as 30-06
5: Toets watter metode die beste is vir lope inbreek

Dit sal my seker n rukkie besig hou.

En nee ek sal nie die resultate verkondig nie

Lekker dag

>:D >:D >:D >:D
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by william007 »

Ek wens myne was nou al verby maar daar le nog 4 jagte voor met kliente en dan nog n paar trofee jagte wat ook nog moet plaas vind.Maar hoe se hulle ek moenie kla nie nie
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by G-force »

Jakkalsjag tel nou lekker op die tyd van die jaar so baie van ons gaan nou eers begin jag.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Carl »

Supacow wrote:Ek gaan begin vlieghengel ;D
Ek gaan meer moet gaan hengel die somer!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by matewis »

Lekker Reggie!

Jy gaan moet kalmeerpilletjies kry...
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by J le Roux »

Nou moet ek gou nog 'n paar bokke skiet.

Daarna is dit visvang en daai klein wit balletjie. En lading soek vir 200gr Stewarts in my 30-06.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Katefbessie »

FCLoretz wrote:Supacow waar bly jy? Dan gaan ons verby Henrie ry en dan kan ons almal gaan fly fish. So lekker Jaracal geelvis trip.

Ek weet Peet, Frikkie, Henrie, Rooster, Carl en ek in die gauteng omgewing vang vis op vlieg.
Asb as die een gereel gaan word wil ek verseker saam... Niks lekkerder as geelvis op vlieg nie. Oord Nebo in die vaal is 'n blerrie lekker plek wat klomp ouens kan vat
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by Johan308 »

My lys begin met herlaai, volgende jaar wil ek met my eie patroone skiet. En dan nog een of twee roere aan te skaf!
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by matewis »

Gholfbal-groepe op 200
Silencer op my 270
Verder spaar vir my bosveld 308
Inrig van my herlaaikamer
Aktiewe lid van my nuwe klub
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by DWB »

matewis wrote:Gholfbal-groepe op 200
Silencer op my 270
Verder spaar vir my bosveld 308 - Hier is 'n probleem
Inrig van my herlaaikamer
Aktiewe lid van my nuwe klub
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by FCLoretz »

DWB wrote:
matewis wrote:Gholfbal-groepe op 200
Silencer op my 270
Verder spaar vir my bosveld 308 - Hier is 'n probleem
Inrig van my herlaaikamer
Aktiewe lid van my nuwe klub
Ek dink iets soos 8x57 sal baie beter werk?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by DWB »

Ou Matewis lieg vir homself. ..
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Die 2014 jagseisoen is aan die verbygaan . . . wat nou?

Post by matewis »

Hehe janee Deon dis nou weer n ander blik wurms daai!

Toemaar, ek moet nog laaaaank spaar so daars nog tyd vir oorreding..
Post Reply