Lading weeg of gooi

fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Daars n spreekwoord wat se ,jy is nooit te oud om te leer nie,Ek het die week by,seker een fan die hoogs aangeskrewe herlaaiers in die land n ding gehoor wat my laat dink.Hy se dat as jy met n goeie ,powde measure,jou kruit goei jy beter akuraatheid kry as om dit te weeg.Die bewering is dat daar baie redes is dat elke weeg nie die selfde volume het as die vorige een nie wat akuraatheid kan op neuk,maar as jy volume gooi dit elke keer die selfde is.Ek het dadelik so n gooier gekoop en probeer.Ek het nog nie daar mee geskiet nie maar het wel gesien dat na ek al die doppies gegooi het die kruit tot op presies dieselfde vlak in die doppies gele het ,anders as waneer ek dit geweeg het met n elektroniese skaal want dan was die kruit op verskilende dieptes in die dop.Wat is julle gevoel en ervaring.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Wouter Roets »

Faan

My opinie is dat dit goed werk met balkryt maar ek het defnetief n probleem daarmee as dit kom met stafiekryt.

Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Nico Harris »

Oom Fanie...as jy sommer met die oog lan sien die kruit le op verskillende plekke in die doppe dan moet daar n redelikke verskil wees. ek het dit al gesien...maar ek tik elke doop se gat so twee keer op die tafel, net sodat die kruit mooi settle en dan is almal maar dieselfde in die dop. ek het lank n rcbs powder measure gebruik en daar is goed wat mens kan doen om hom akkurater te laat gooi. ek gebruik nou al my lyman dps3 vir 3jaar en my max spread op velocity is defnitief laer as met die powder measure.

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by DSBW »

Ek het nie die spesialis kennis om die potensi?le verskille in volume te debatteer nie, maar wel die praktiese ervaring dat daar absoluut geen merkbare verskil tussen die twee metodes is nie. Ek moet nog 'n skut leer ken wat vir my die verskil van maksimum .3 grein in 'n lading kan demonstreer d.m.v. 'n groeppering, en ook terselftertyd enige ander faktore wat die afwyking kan veroorsaak te kan uitskakel.

Ek het 'n baie ou RCBS "powder measure", niks "fancy" nie, en sy standaard deviasie oor enige 20 ladings, of 50, of hoeveel ookal jy wil meet, is nooit meer as .3 grein nie, 90% van die tyd tussen .1 en .2, irrelevant van die tipe kruit wat gebruik word. Daar was 'n tyd gelede 'n artikel op 6mmbr webtuiste wat gehandel het oor die "Houston Warehouse" baan, waar die beste groepperings ooit geskiet is, daar het die skuts konstant .001 duim groepperings oor 100 yards geskiet. Waarmee het hulle gelaai? "Powder measures", welliswaar van die bestes op die mark, maar as jy gaan lees oor die logika daarvan om dit te gebruik, maak dit perfekte sin.

Die metode om elke lading af te weeg het hoogstens tot gevolg dat jy die sogenaamde "halo" effek bewerkstellig, basies gee dit jou psigologies meer selfvertroue in jou ladings, siende jy dan nou elke ladinkie so perfek afgeweeg het, maar dit kan nie 'n merkbare verskil in jou groeppering veroorsaak nie, veel eerder die perfekte dop voorbereiding, kwaliteit toerusting, goeie optiese stelsel, goeie skiet metode, ordentlike sit posisie, skiebank, perfekte kondisies ens.

Dit is my opinie, as 'n ander ou glo die afweeg van ladings maak van hom 'n superster, goed so, maak mos nie saak hoe ons by die goeie resultaat uitkom nie, solank ons net daar uitkom!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Gerhard »

Dis nogal interesant.

Op my pistool ammo, 9mm, 38 Super, 40 S&W en 45 ACP laai ek met n Dillon Square Deal press wat n multi stage press is.

Hier toets ek elke 50 rontes dat die ladings dieselfde bly. Soos die kruit minder raak verander die gewig vandie kruit wat gegooi word.

Met my geweer ammo herlaai ek op n single stage press gebruik ek n RCBS powder measure en n trinkler.

Die powder measure word so gestel dat hy net bietjie minder as die verlangde gewig kruit gooi. Dan gaan die kruit op die skaal en met die trinkler word kruit by gesit totdat ek my regte gewig kruit het.

Die kruit word dan met n tregter in die dop gegooi.

Is nogal interesant dat die selfde gewig kruit nie altyd die selfde "volume" in die dop vol maak nie agv di manier van hoe die kruit in die dop in gaan...

Ek laai nie vir bench rest nie en ek is gelukkig met my een duim en kleinder groepe op my jag gewere ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Kom ek brei bietjie uit oor my bogenoemde stelling. As ek dink oor die twee metodes dan is dit vir my logies dat iets soos klein Ballbearings minder beienvloed sal wees as jy dit in n gegewe volume/spasie ingooi en jy behoort redelike konstante hoefeelhede te kry. Ruil die Ballbearings met bv .22 doppies en ek voel dat die hoefeelhede defnetief minder konstant sal wees vanwee die fisiese eienskappe van die meduim. Die vorm van die twee meduims sal defnetief n invloed he op hoe hulle reageer op hierdie metode van meet. Kom ons vat ook nou die feit dat daai .22 doppies fisies gesny word om hulle op volume te kry, en die proses volgens my nie gewens is nie, waar die Ballbearing nie naastenby so erk geraak word nie.

Nou die boonste gedeelte gaan oor my gevoel en die volgende gedeelte gaan oor fisiese meting.

Ek het die stafiekryt se gewigte gemeet met n elektroniese skaal en boogskaal so dit behoort n goeie aanduiding te gee van die werklikheid. Met metings van die Lyman Powder measure met dieselfde volume poeier in die poeierhouer het ek variasies van 0.1 na 0.2gr gekry met stafiekryt en nie eintlik iets beduidend met balkryt nie. Wanneer die inhoudsvlakke van die poeierhouer redelik begin val het het hierdie verskille so hoog gegaan as 0.5gr met 0.3 en 0.4gr nader aan die gemiddeld. Balkryt het met die wisseling in die poeierhouer soms na 0.1gr gegaan maar nog steeds oor die algemeen goed gelyk met die meeste op nul.

Ek het hierdie toetse destyds gedoen toe ek my elektroniese skaal aangeskaf het en nog nie weer vergelyk nie. Dit is heel moontlik dat daar aansienlike beter powder measures op die mark is met beter resultate, maar die een wat ek het is nie vir my goed genoeg as dit kom by stafiekryt nie. 0.1gr kan ek nog laat gaan maar enige iets meer raak vir my te veel. Nee dit maak nou nie van my n superster nie dalk net iemand wat wel so bietjie dink oor die goed. Selfvertoue in jou komponente en in jou toerusting is seker een van die belangrikste faktore as dit kom by akkuraad skiet.

Ons almal is tog op die forum om kennis te deel en ondervinding uit te ruil. As daar n powder measurer daar buite is wat beter resultate konstant as skale gee sal ek defnetief belang stel, want skale is ook defnetief nie die Alfha en Omega nie.

Groete
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Fri Mar 11, 2011 9:21 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Geno »

Wouter Roets wrote: Selfvertoue in jou komponente en in jou toerusting is seker een van die belangrikste faktore as dit kom by akkuraad skiet.
+1 op dit wat Baas Wout s?...
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by Stefan764 »

Baie baie interessante topic. Ek het self al baie daaroor gewonder. Ek gaan die topic fyn dophou...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Beyers »

Die rede hoekom ek destyds balkruit gekies het was juis agv van die powder measure wat nie konstante massa kruit met stafie kruit gegooi het nie. Balkruit het net makliker gegooi. Met die elektroniese skaal maak dit nie saak nie. 52.5gr is tog 52.5gr maak nie saak of dit lood of vere is nie.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by THOMAST »

Menere, soos al bespreek is sal die sferiese of balkruit meer konstante gewig per volume gee agv die fisiese verskille wanneer dit deur 'n poeier meter gegooi word.
Nog so 'n paar punte:
Wanneer 'n sg "powder measure" gebruik word het jy 'n kolom dryfmiddel wat 'n sekere digtheid sal h?. Met elke rotasie van die sentrale buis wat die dryfmiddel afmeet is daar egter 'n kompaktering wat plaasvind in die kolom dryfmiddel, wat dan die gewig per volume verhouding sal verander. Dit is veral opmerklik in die poeier gooiers/"powder measures" wat 'n vertikale silinder bevat, soos bv. die RCBS Uniflow en ander. Die poeier gooiers wat 'n horisontale silinder bevat soos bv Lyman of Farrel (Rolls Royce van poeier gooiers) is minder geneig tot sulke variasies.
Om die kompatering van die dryfmiddel in die hoof kolom te verminder het sekere poeier gooiers 'n sg "baffle" of plaatjie wat die vloei van die poeier reguleer en dus die volume/gewig verhouding meer konstant hou.
Daar is egter ander faktore ook.
Wanner dryfmiddel vervaardig en getoets word vir energie inhoud word dit gedoen by 'n sekere temperatuur (22?C) en humiditeits of vogtigheids vlak (60%).
As jy nou op 'n warm, doe? dag jou patrone laai, droog die dryfmiddel effe uit en veloor dus gewig per volume (dink aan biltong maak op mikro skaal) As jy nou die gewig meet en uitgooi gaan jy meer volume dryfmiddel in die dop plaas as wat jy sou op 'n koeler meer vogtige dag. Dan maak die gebruik van 'n poeier meter meer sin, want jy werk op suiwer volume.As jy die poeier meter vol maak, kompakteer die dryfmiddel  so veel as moontlik voor jy begin en dit sal variasies in gewig verminder.
Ek probeer om my patrone te laai wanneer die temperatuur so na aan 22?C is as Demmit aan 'n vloekwoord en die humiditeit so na aan 60% is. As die patroon eers gemaak is is hy mos verseel en dan maak die vog en temperatuur niks meer aan die dryfmiddel in die patroon nie.
Elke bietjie help, en 'n klomp bietjies help sommer baie!
Die variasies sal egter op redelike kort afstande nie so sigbaar wees nie, maar wel op langer afstande.
Last edited by THOMAST on Sat Mar 12, 2011 10:27 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Louis102 »

THOMAST wrote: Ek probeer om my patrone te laai wanneer die temperatuur so na aan 22?C is as Demmit aan 'n vloekwoord en die humiditeit so na aan 60% is .... As die patroon eers gemaak is is hy mos verseel ...
Thomast

Indien die blik met dryfmiddel se prop dig verse?l is en in 'n koel plek (soos bv. 'n kluis) geb?re word, hoeveel invloed het humiditiet en temperatuur daar buite, regtig?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by THOMAST »

Louis, as die dryfmiddel in die blik verseel is sal temp en humiditeit geen invloed daarop h? nie, net soos wanneer die patroon klaar gelaai is. Dit is egter die tyd wat die dryfmiddel onverseel is, maw in die poeiergooier of skaal pan waar daar 'n verskil kan toetree. Party manne los sommer die dryfmiddel in die poeier gooier oornag.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Hein M. »

Dawie Blaauw wrote: Ek het nie die spesialis kennis om die potensi?le verskille in volume te debatteer nie, maar wel die praktiese ervaring dat daar absoluut geen merkbare verskil tussen die twee metodes is nie. Ek moet nog 'n skut leer ken wat vir my die verskil van maksimum .3 grein in 'n lading kan demonstreer d.m.v. 'n groeppering, en ook terselftertyd enige ander faktore wat die afwyking kan veroorsaak te kan uitskakel.

Ek het 'n baie ou RCBS "powder measure", niks "fancy" nie, en sy standaard deviasie oor enige 20 ladings, of 50, of hoeveel ookal jy wil meet, is nooit meer as .3 grein nie, 90% van die tyd tussen .1 en .2, irrelevant van die tipe kruit wat gebruik word. Daar was 'n tyd gelede 'n artikel op 6mmbr webtuiste wat gehandel het oor die "Houston Warehouse" baan, waar die beste groepperings ooit geskiet is, daar het die skuts konstant .001 duim groepperings oor 100 yards geskiet. Waarmee het hulle gelaai? "Powder measures", welliswaar van die bestes op die mark, maar as jy gaan lees oor die logika daarvan om dit te gebruik, maak dit perfekte sin.

Die metode om elke lading af te weeg het hoogstens tot gevolg dat jy die sogenaamde "halo" effek bewerkstellig, basies gee dit jou psigologies meer selfvertroue in jou ladings, siende jy dan nou elke ladinkie so perfek afgeweeg het, maar dit kan nie 'n merkbare verskil in jou groeppering veroorsaak nie, veel eerder die perfekte dop voorbereiding, kwaliteit toerusting, goeie optiese stelsel, goeie skiet metode, ordentlike sit posisie, skiebank, perfekte kondisies ens.

Dit is my opinie, as 'n ander ou glo die afweeg van ladings maak van hom 'n superster, goed so, maak mos nie saak hoe ons by die goeie resultaat uitkom nie, solank ons net daar uitkom!
Dawie,

Ek stem 100% saam.  Het al baie gelees oor hierdie onderwerp en selfs die mees ervare jaggeweer herlaaiers is hierdie feite eens.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Louis102 »

THOMAST wrote: ... Dit is egter die tyd wat die dryfmiddel onverseel is, maw in die poeiergooier of skaal pan waar daar 'n verskil kan toetree ...
Thomast

Soveel so dat ons dit met ons herlaai toerusting kan meet?  In een lading?  Ek sal uiters verbaas wees.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by THOMAST »

Louis, soos ek genoem het sal hierdie variasies seersekerlik nie oor gewone jag/skiet aftstande opgetel word nie.
Dit sal interessant wees om 'n akurate afgemete hoeveelheid dryfmiddel te vat en dit dan bloot te stel aan variasies van temperatuur, vogtigheid en tyd en dan die uitwerking van die 3 elemente daarop te meet. Daar sal 'n verskil wees, hoeveel weet ek nie. Dit sal seker bepaal moet word onder laboratorium omstandighede.
Toe ek en 'n nog 'n paar manne deur Somchem se laboratoriums gegaan het, is hierdie faktore (humiditeit & temperatuur) aan ons uitegwys as konstantes wanneer hullie energie waardes van die dryfmiddel in 'n soort kaloriebom meet.Teen daardie konstante waardes sal die dryfmiddel 'n sekere enrgie waarde h? wat sal verander as die 2 faktore (temp& vogtigheid) verander word. Nou ja,dis die teorie, wat egter in die praktyk gebeur is onseker.
Daar is in die verlede al gerapporteer sal 'n sekere lot van 'n sekere dryfmiddel skielik druktekens begin wys het in wapens, waar dit nie gebeur het met 'n vorige lot dryfmiddel nie. Die skuld is dan toegestaan aan die variasie wat kan onstaan tussen verskillende lotte dryfmiddels (daar kan tot 6% variasie tussen lotte wees in uiterste gevalle). Nou dit is heel moontlik die hoof rede, maar soms wonder ek of die uitwerking van die omgewing (temp & vogtigheid) ook 'n bydraende faktor kon gewees het nie. Sou interssant gewees het om vas te gestel het of daar 'n korrelasie was mbt die omgewings faktore en die groep manne wat die druktekens ervaar het.
Last edited by THOMAST on Sun Mar 13, 2011 12:55 pm, edited 1 time in total.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Ek het n klompie patrone gelaai deur die kruit te gooi met n Redding competition powder measure.Ek het die ladings geweeg,Dit het elkeen verskil.Op die skietbaan het behalwe een skoot uit 10 almal teen mekaar geprint, die een skoot was so n sentimeter weg van die res van die groep.Ek het 50,5gr S365 in pmp doppe agter 150gr speer 270 punte gelaai.Die spoed was 1950vtsk ekhet egte druk begin kry.Sal afkom na 48gr en weer laat weet.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Wouter Roets »

Faan

Het jy die doppe geweeg?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Wouter
Nee ek het nie ,maar die groep het mekaar amper gesny, was net oor laai,dink ek
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Wouter Roets »

Faan

Al wat ek probeer bewerkstellig is of al die ander veranderlikes konstand was. Daai een flyer van jou kon dalk n dop gewees het wat onder of oor kapasiteit gewees het. Ons weet mos PMP kan mos maar redelik rondval as dit by dopkapasiteit kom.
Se my hoefeel was daai Redding powder meadure uit per lading? Ek neem aan nie veel nie.

Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Wouter
Nie baie nie,party was minder en party meer.Ek dink jy is reg oor die flyer.Ek gaan weer laai maar sal die doppe weeg en 48gr gooi sal kyk wat dan gebeur.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by JPS »

fanie17 wrote: Ek het n klompie patrone gelaai deur die kruit te gooi met n Redding competition powder measure.Ek het die ladings geweeg,Dit het elkeen verskil.Op die skietbaan het behalwe een skoot uit 10 almal teen mekaar geprint, die een skoot was so n sentimeter weg van die res van die groep.Ek het 50,5gr S365 in pmp doppe agter 150gr speer 270 punte gelaai.Die spoed was 1950vtsk ekhet egte druk begin kry.Sal afkom na 48gr en weer laat weet.
Oom Fanie,

Is daai spoed korrek? Slegs 1950vps? Ek het nie .270 nie maar ek dag hulle is viniger as .3006? en ek kry baie meer spoed met daai kombinasie op my .3006 met 150gr. punte en S365 kruit.

Groete
JP
300Winmag

Re: Lading weeg of gooi

Post by 300Winmag »

;D seker net 'n tik fout.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Sorry 2950vps
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lading weeg of gooi

Post by Pvdw »

Hi manne.

Ek het hierdie pos gelees en gevolg so deur die week.

Besluit toe om self te probeer.

Hier is my resultate.

Dryfmiddel S341
Doppe Win
Kaliber 30-30
Koe?ls Sierra 170 FN 30-30
Lading 33.0gr

5 gelaai met PMP slagdope en 5 met CCL 250

PMP slagdop met bg. formule.

1-2014ft/s(skoon loop)
2-2002
3-2005
4-2002
5-2005

CCI 250 slagdop met selfde formule

1-2063ft/s
2-2038
3-2063
4-2067
5-2057

Ek het wel elke lading wat gegooi is eers gou op die elektroniese skaal gesit en die wat meer as 0.2gr op of af is weer oorgegooi, dus was my maks. en min potensie?l so 0.4gr uitmekaar. . Ek het egter 2 keer ladings moes oorgooi wat beide 0.3gr onder was. Geen lading was hoog gewees nie, dus was my afweiking slegs 0.2gr. Die doppe met die primers was deurmekaar toe ek dryfmiddel gooi so daar was geen volgorde daar nie.

As ek na bg. trompsnelhede kyk lyk dit my tog die volume metode kan werk met die bal dryfmiddels 8) 8) 8)

Peet
Work to live, don"t live to work
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Lading weeg of gooi

Post by fanie17 »

Dit is baie goei spoed wat so naby mekaar is .hoe was die groepering.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Post Reply