Page 1 of 1

'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 12:00 pm
by tau
Wooi = Ware mooi verhaal.

Vanoggend kom hier 'n drywer werk soek by ons na so klein onderhoud met my Pa gaan vul hy vorms in as ons dalk 'n opening het sal ons hom kontak. Hy bring toe die vorms terug en ons ontvangsdame vra hom vir sy ID dat sy 'n copy by die aansoek kan aanheg. EK kom van buite en weet van niks met die sien ek daar le so koerant roeletjie by die ontvangstoonbank, kompleet soos losleekers in 'n ou kafee. EK tel dit op en voel dit is vol iets. Maak oop en dadelik begin ons kleurling klerk te lag dat die trane spat. Lekker vars pakkie Dagga. Die man gaan ongelukkig nie die werk kry nie, ek het wel nou dedelik die goed loop verbrand in ons braai buite die kantoor en seker gemaak niemand kom in nie ek het al die deure en ruite toe gemaak net om seker te maak niemand kry die reuk buite nie ek voel nou rustiger. >:+

Re: 'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 2:15 pm
by Wouter Roets
John

Ek vir een glo jou tweede gedeelte van die sorie nie vir n oomblik nie! O0

Smoke and fly groete
Wout

Re: 'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 2:43 pm
by vriell
tau wrote:Wooi = Ware mooi verhaal.

Vanoggend kom hier 'n drywer werk soek by ons na so klein onderhoud met my Pa gaan vul hy vorms in as ons dalk 'n opening het sal ons hom kontak. Hy bring toe die vorms terug en ons ontvangsdame vra hom vir sy ID dat sy 'n copy by die aansoek kan aanheg. EK kom van buite en weet van niks met die sien ek daar le so koerant roeletjie by die ontvangstoonbank, kompleet soos losleekers in 'n ou kafee. EK tel dit op en voel dit is vol iets. Maak oop en dadelik begin ons kleurling klerk te lag dat die trane spat. Lekker vars pakkie Dagga. Die man gaan ongelukkig nie die werk kry nie, ek het wel nou dedelik die goed loop verbrand in ons braai buite die kantoor en seker gemaak niemand kom in nie ek het al die deure en ruite toe gemaak net om seker te maak niemand kry die reuk buite nie ek voel nou rustiger. >:+
MMmmm....Na wat ruik dit ? Hihihi

Re: 'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 2:49 pm
by tau
Wouter Roets wrote:John

Ek vir een glo jou tweede gedeelte van die sorie nie vir n oomblik nie! O0

Smoke and fly groete
Wout
Weet jy hoe moeilik is dit om eerlikwaar verbaas te lyk as jy nie eintlik verbaas is nie :laugh:

Re: 'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 3:07 pm
by Wouter Roets
John

Wat het jy toe ge-eet toe die munchies posvat? ;D

Re: 'n WOOI

Posted: Mon Aug 11, 2014 5:19 pm
by tau
Ek het so bietjie pink spookasem geeet.