Skaaphond

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
slang
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:11 pm

Skaaphond

Post by slang »

Naand

Ek het so n tyd trug by WA Hugo n skaaphond gekoop, hond was al so al die basiese goed geleer, maar het daai hond nou ontwikkel, dis die beste winskoop van my lewe gewees. Die hond is omtrent 2 ekstra werkers by die skaap en dan is hy nog goeie geselskap ook. Ek oorweeg om later nog n hond by te kry.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Skaaphond

Post by Sarel »

Daai honde is goud werd as hulle reg grootgemaak word!!

My ouma van tot met haar afstwerwe een gehad. Die hond het haar nie gelos nie. Kon selfs met die hond se gedrag sien wanneer sy nie lekker gevoel het nie!
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Skaaphond

Post by 222 Sako »

Slang as ek mag vra, wat kos so afgerigte hond en waar bly WA? Ek het nog altyd een gehad wat my help, maar my laaste een is doodgery. As mens hulle eers gewoond is kan jy nie weer sonder hulle. Alles gebeur net baie gouer as jy met hulle skaap werk.

Geniet hom, lekker boer.
slang
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:11 pm

Re: Skaaphond

Post by slang »

WA bly by Heidelberg in die kaap, my hond was halfpad afgerig en het 10k gekos, maar as ek sien wat hy werd is vir my sou ek dubbel betaal het. Hy is soos n kind vir my,
Plant
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm

Re: Skaaphond

Post by Plant »

Slang, ek het so jaar terug vir my Pa een van WA se honde gekoop - die hond was "tweedehands" aangesien ek hom by iemand anders gekoop het maar WA het hom afgerig. Klink aanvanklik na baie geld, maar beste belegging wat ek gemaak het in laaste paar jaar. Pa kla wel dat hy nog nie hekke oopmaak en ook nie kan voermeng nie.
Post Reply