Watter speserye vir wilds droee wors?

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag
Ek moet nou wors stop, droee wors van waterbok...watter speserye is goed om te gebruik? Ek oorweeg ook om bees brisket vet in die mengsel te maal....Ek sal ook nou moet biltong maak van die waterbok en hoor graag watter speserye verkies julle lede...koljander basis speserye vind ek lekkerder as naaltjie basis...ek hoor graag van julle wat al klaar die pad gestap het...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by mariusr »

Ja jy moet bees brisket vet insit vir droewors en paar skaap sterjies as jy kan kry.Ek hou baie van Crown se safari droewors speserye.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Johan Nel »

Gert Odendaal wrote:Goeie dag
Ek moet nou wors stop, droee wors van waterbok...watter speserye is goed om te gebruik? Ek oorweeg ook om bees brisket vet in die mengsel te maal....Ek sal ook nou moet biltong maak van die waterbok en hoor graag watter speserye verkies julle lede...koljander basis speserye vind ek lekkerder as naaltjie basis...ek hoor graag van julle wat al klaar die pad gestap het...

Gert
Gert,
Deli Spice het 'n "Kudu wors/sausage" speserypak wat mooi loop met wildsboerewors en droëwors. Vir my werk sewe dele wildsvleis met drie dele beesvet(brisket) of skaapvet mooi vir droëwors (Gewigsgewys).
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Dankie Johan/Maruis

Ek sal dan Brisket gebruik, die speserye sal ek gaan soek by `n winkel hier in Witbank, Hyper Packaging, ek sal kyk of hulle van die speserye het wat julle genoem het, dankie vir die brisket /vleis verhouding Johan ek sal dit so gebruik...behalwe die speserye by die biltong wonder ek of daar bruin suiker ook moet bykom, en miskien Balsamic asyn saam met die druiwe asyn?

Ek hoor graag...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Johan Nel »

Gert Odendaal wrote:Dankie Johan/Maruis

Ek sal dan Brisket gebruik, die speserye sal ek gaan soek by `n winkel hier in Witbank, Hyper Packaging, ek sal kyk of hulle van die speserye het wat julle genoem het, dankie vir die brisket /vleis verhouding Johan ek sal dit so gebruik...behalwe die speserye by die biltong wonder ek of daar bruin suiker ook moet bykom, en miskien Balsamic asyn saam met die druiwe asyn?

Ek hoor graag...

Gert
Wit Balsamic asyn loop mooi, maar is vrek duur in vergelyking met druiwe asyn.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by mariusr »

Daai speserye pakkies het alles in behalwe as jy nou jou eie "mix"wil maak? Vir biltong gebruik ek fyn sout,swart peper,koljander en bietjie bruinsuiker.Ek sprinkel die vleis met bruin asyn en bietjie wostersous gemeng.Droewors koop ek maar altyd die pakkies en volg instruksies. Moet net nie in droewors baie asyn gooi nie anders het jou wors so suur smaak as droog word? Ek gooi daar ook bietjie wostersous by.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Dankie Marius..ek hou van die "woestersous" idee by die droee wors... :) Ek sal laat weet hoe dit uitgekom het..wil die naweek wors stop..
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by WILLEBEES »

More Gert
Ek gebruik ook Safari soos wat die ander manne hierbo noem.
'n Vol batch gee jou 30kg vleis. Saam met die batch pack, asyn en water is dit 33kg.
Ek gebruik 60% wild, 20% bees trimmings en 20% bees brisket vet.
By die mengsel gebruik ek rooi wyn asyn of bruin asyn (natuurlik gefermenteer, nie die "imitation" tipe nie), asook ekstra 30ml sout, 50ml fyn swartpeper, 10ml neutmuskaat en 15ml fyn naeltjies.
Ek maak dit so vir die laaste sowat 4 jaar en het nog net goeie komplimente gekry.
Hierdie droee wors is net beter as jy natuurlike skaapderm gebruik en nie die sintetiese tipe nie.
Ek maak self ook volgende naweek 2/3/Aug 2 batches.
Sterkte en groetnis
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Willbees
Baie dankie vir die terugvoer ek waardeer, ek het vandag die Crown National se mengsel gekoop, ek het die druiwe asyn(bruin) en Woestersous en Balsamic asyn , ek het growwe swart peper maar sal definitief kyk vir die volgende batch vir die bybenodighede, ek beplan om die praktyk baie ernstig te maak omdat ek `n groot mark het waar ek afset het vir die produkte...ek geniet dit baie om vleis te verwerk, so eksperimentering is nou aan die orde van die dag...as ek eendag tyd het sal ek vir myself ook biltong en droee wors maak...ongelukkig het ek nie enige bees trimmings nie...sal dit enigsins afbreek maak aan die Waterbok droee wors as ek nie bees insit nie?

Ek hoor graag van julle...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by DJC »

Dagsê Gert,

Ek is glad nie ekspert nie, het eers onlangs ook begin eksperimenteer: Ek het Freddie Hersch se original-droëwors spice en original-biltong spice gebruik vir Rooihartebees. Ek het maar net die resep op die pakkies gevolg; Die droëwors het ek so + 15% bees brisket by gemeng, en die hoeveelheid speserye soos op die pakkie gewys en natuurlik wostersous so met die oog geskat.
Ek het ook verlede week dieselfde speserye met die "pakkie resep" gebruik vir springbok biltong en droewors maar het geen ekstra vet by die springbok droewors gemeng nie. My skoonpa was by die meng proses en hy hou baie van asyn en wostersous en het te veel na my smaak by die droewors gegooi, persoonlik hou ek nie van asyn by die droewors nie, net matig wostersous - nou ja, nou sit ek met skoonpa se suur springbok droewors >:(

Dirk
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by mariusr »

Gert oor jou vraag oor vet? Wildsdroewors moet bees brisket of skaapstert kry want die vleis is baie droog.jou wors gaan soos biltong stokkies word en klip hard. Weet sommige ouens gebruik die holsum vet wat jy by die kettingwinkels koop maar die goed sit in jou vehemelte vas.Het ook al droewors geeet wat met varkvet gemaak was maar daar is blykbaar trick aan die speserye wat gebruik moet word? Was heel lekker! Moet ook nooit niertjie vet gebruik dit maak die wors galserig.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

DJC/Marius
Ek het vroeg vanaand die droee wors mengsel gemaal en die eindproduk rus nou in die yskas vir vanaand, ek glo dat jy nie dadelik die wors moet stop nie..die speserye en vleis moet eers goed rus sodat die smaak mooi deurkom...dit gee jou ook tyd as jy miskien te min speserye bygesit het om die fout reg te maak...ek het vanaand met so klomp waterbok maalvleis `n paar hamburger patties gemaak en dit was nou werklik baie,baie lekker...die waterbok vleis is ongelooflik geurig....ek sal van nou af maar liewer elkekeer `n waterbok koei skiet om biltong en wildsvleis geregte mee te maak...ek het vir Robbie geskakel en net seker gemaak oor die mengsels en spesery verhoudings. Dit lyk my ek is naby reg.... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by mariusr »

Mooi man! Waterbok is regtig lekker vleis mooi gedaan!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Dankie Marius, die droee wors hang, ek het klei getrap omdat `n mens dink jy weet hoe elke masjien werk ...om `n lang storie kort te maak, nou weet ek hoe die meule/wors stopper masjien werk... :laugh: :laugh: ek het die nek /rugstring biltonge ook solank in biltong opgesny en hang hulle vanaand...dit is heerlik om met vleis te werk...maar dit bly harde werk... ;D ;D die boude bly nog oor en ek sal Maandag die biltonge uitsny en die bene opsny om as bone-char vir Color case hardeningproses te gebruik...ons oond vorder fluks...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by mariusr »

Ja dis wragtig bleddie harde werk veral as jy nie hulp het nie? Maar as daai biltonge en wors eers hang is dit tog te mooi.Dan moet jy net versigtig wees vir die kinders en familie hulle eet hulle so van onder af op!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter speserye vir wilds droee wors?

Post by Gert Odendaal »

Nee, nee hierdie poging is `n spaar plan, daar moet `n eland en `n paar ander bokke aan die einde van die poging staan...ek wil nou eers `n mooi groot koei koop wat `n groter ratio vleis per gewig gee...wildsbokke is nie finansieel die moeitewerd om geld uit te maak nie...ek kan dit nou net doen omdat ek die groot waterbok koei as `n geskenk gekry het....

Ek weet darem nou die volgende, om vleis vinnig te verwerk in jou huis het n mens werklik net n masjien vleis saag nodig en die vleis meule (Trespade nr 22 tot 32..) met die twee items en `n goeie slagmes kan jy alles doen wat nodig is...as ek nou `n paar rand ekstra het vorentoe met die poging sal ek vir myself n nr.32 Trespade vleismeule aankoop, op die staduim gebruik ek `n goeie vriend sin...

Ek geniet dit werklik om die vleis verwerking te doen... ;D ;D

Volgende week wil ek `n varkboud en `n stuk maag deel rook in my roker...dit is nog `n deel van vleis verwerking wat ek graag meer wil leer van...

Ek hoor graag van jou..