Page 1 of 1

Invoer van goodies....

Posted: Tue Jul 22, 2014 7:58 am
by GenXX
Wie van julle het al goetters ingevoer, ek praat nou nie van wapens en ammo nie maar meer van by- en toebehore? Ons plaaslike verskaffers kan ons maar uitbyt op prys, ek hoop nie ek trap op tone nie as ek dit sê nie, maar as mens na Amerikaanse pryse kyk, selfs met die wisselkoers, kan mens scopes, rangefinders ens goedkoper land as plaaslik, of stir ek nou? Ek is maar nog nuut hier so julle moet sê as ek moet loop strooi praat op n ander plek... ;) ;)

Re: Invoer van goodies....

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:11 am
by tripodmvr
Gaan search die oderwerp. Dit is so dat jy persoonlik dinge goedkoper kan inbring. Jy sit dan egter met waarborg probleme ens. Lees maar wanneer jy die posts opgespoor het

Re: Invoer van goodies....

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:17 am
by Fanta300
Genxx, ek stel voor jy doen eers 'n soek op ou skrywes op die forum. Hierdie onderwerp is maar taamlik sensetief en is al tot vervelens toe hier bespreek.

Maar welkom in elk geval. Ek is seker jy gaan baie hier leer.

Re: Invoer van goodies....

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:29 am
by GenXX
Fanta300 wrote:Genxx, ek stel voor jy doen eers 'n soek op ou skrywes op die forum. Hierdie onderwerp is maar taamlik sensetief en is al tot vervelens toe hier bespreek.

Maar welkom in elk geval. Ek is seker jy gaan baie hier leer.
Dankie...

Re: Invoer van goodies....

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:31 am
by henning
GenXX wrote:Wie van julle het al goetters ingevoer, ek praat nou nie van wapens en ammo nie maar meer van by- en toebehore? Ons plaaslike verskaffers kan ons maar uitbyt op prys, ek hoop nie ek trap op tone nie as ek dit sê nie, maar as mens na Amerikaanse pryse kyk, selfs met die wisselkoers, kan mens scopes, rangefinders ens goedkoper land as plaaslik, of stir ek nou? Ek is maar nog nuut hier so julle moet sê as ek moet loop strooi praat op n ander plek... ;) ;)
Genxx, plaaslike besighede moet n wins toon om sy bestaan te regverdig, so moet die word "uitbuit" nie te ligtelik gebruik nie.

Groete
Henning