Page 1 of 2

Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:18 am
by Marc
Dagse

Vergun my gou die geleentheid om bewyse te lewer vir die rede van my afwesigheid hier die laaste twee weke
Ons was bevooreg om by Oom Jan Vos van Vosburg te gaan Springbokke voorsit, van die lede van ons groep doen dit al jare en is hulle al huis vriende, maar vir my was dit my heel eerste properse voorsit. En wat ‘n belewenis was dit toe nie

Ek moet begin deur vir Petrie van Grey Gost Gear my mees opregte dank te betuig vir sy puik diens en top klas produkte. Hy het vir ons uitrusting gesorg en jare se herineringe gaan vasgegryp bly in daai keps en hemp maat. Tot my spyt het ons nooit ‘n mooi groep foto kon neem nie….dit was net eenvoudig te koud om di manne te maak stilstaan vir vyf minute

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/85a9fc23-cea4-4ec4-941c-4f37e06193dd_zps723380c5.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0546_zps460670ae.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0545_zpse3b440a2.jpg

Met ons aankoms was ek weg geslaan deur die netheid en gasvryheid by die deur, orals was werkers besig om te vee en skoon te maak. Selfs die skietpunt se gronde is gehark en alles staan n doel waar hy staan. Oom Jan het uit sy pad gegaan om ons welkom te laat voel. Nog iets waarvoor ek baie respek het is dat Oom Jan die eerste aand saam ons kom sit het en die reëls duidelik aan ons opgelê het. Daar was maar geen onduidelikheid oor hoe dinge gaan afloop nie. Elke man sorg dat hy sy eie stoel uitkies tussen die meer as genoeg wat beskikbaar is.
Die skietbaan is eersteklas en alles was reeds uitgesit toe ons arriveer, jy bring net jou roer saam.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0558_zpsb56f9000.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0559_zps0fbc8a51.jpg

Die verblyf is in ‘n ou plaas huis met 6 slaapkamers waarvan een on suite is, ‘n voorhuis, eetkamer, kombuis en groot kuier area met braai en kroeg.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0567_zps4edbbbc0.jpg


So breek dag een aan ons is sonop in die veld, binne ‘n halfuur is tien man elkeen in sy baie noukeurig geplaasde vooraf geboude “skuiling” afgesit en daar is twee manne te perd wat constant sorg die bokke nie in dooiemans land vashaak nie. Jy los ook jou bokke waar hulle lê en as die ruiters omkom beduie jy waar hulle geval het en die manne sny gou keel, trek die pens en skuif die karkas onder ‘n bossie in. Die kampe is groot en daar is meer as genoeg veilige skiet vlakke by elke punt. Die skuilings is behoorlik gebou met bossies wat natuurlik daar voorkom en is so 1m hoor. Geen bok gaan jou gewaar daar binne nie, weereens ‘n testament na hoe fyn die hele jag werklik beplan is. Geen detail is oorsien om die bokke te probeer uitoorle nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0605_zps38d9f546.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0570_zpsdffc7a1f.jpg

Die skiet is was baie lekker, bokke het kort kort omgekom en was skote nie werklik verder as 150m nie. Ek het met my .243Win met ‘n KD geskiet en kon met elke rondte minimum twee bokkies uitsoek. By hierdie tiepe van jag kom ‘n Knal demper tot sy absolute reg en wil ek amper sê dis ‘n noodsaaklikheid as jy baie bokke vinnig wil afhaal.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0583_zps33ca99c5.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0579_zpsf54f9366.jpg


Bokke word elke twee ure of so opgetel deur die bakkie en na die slag area geneem wat in die hoek van die kamp onder ‘n paar verdwaalde Peperbome geskied. Vinnig vinnig is die karkasse skoon en agter op die ander bakkie toegegooi onder ‘n seil. Die was een van die bes georganiseerdste jagte waarop ek nog was. Hy loop soos ‘n masjien.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0596_zps417cb674.jpg

Kyk min dinge wen 'n vars Springbok lewer oor die kole

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0580_zpsa4065cf2.jpg

Die nadeel is dat die plaas baie gesog is en die manne wat hier kom is manne wat elke jaar terugkom, jou enigste hoop om hier reg te kom is om soos ek aan te sluit by ‘n reeds bestaande bespreeking.

My eerste Voorsit was ‘n goue ondervinding en ek gaan verseker weer so iets aanpak in die toekoms 8)

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0598_zpscae415ac.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0606_zpsa05cde29.jpg

En ons kon ons naam op die muur kry, of dit 'n goeie ding was weet ek nie ;D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0613_zps16345a6f.jpg

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:26 am
by henried
Baie goed, lyk koud.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:30 am
by Cobus(Cobb)
Yo Marc, dit lyk bobaas, mooi fotos ook...sal graag daai "skuilings" wil sien...

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:32 am
by sako 30-06
Dit lyk darem maar lekker verseker iets op my bucket list.

Daai een springbok het mooi horings.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:47 am
by Marc
Cobus(Cobb) wrote:Yo Marc, dit lyk bobaas, mooi fotos ook...sal graag daai "skuilings" wil sien...
Ek moes dalk gese het nes, dis 1m in deursnit sirkel vormige ding ;D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0637_zps76f77dd5.jpg

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 9:49 am
by Marc
henried wrote:Baie goed, lyk koud.
Dit was leeukoud gewees, ons het drie keer so ysreentjie op ons gehad !

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 10:17 am
by slagdop
Sjoe maar daai lyk lekker. Hoe werk so 'n voorsit bedryf, vat jy al die bokke wat jy skiet of word die surplus gelewer vir die mark. Wat ek bedoel is betaal jy vir al jou bokke of net die wat jy van die plaas af wegneem?

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 10:38 am
by Marc
slagdop wrote:Sjoe maar daai lyk lekker. Hoe werk so 'n voorsit bedryf, vat jy al die bokke wat jy skiet of word die surplus gelewer vir die mark. Wat ek bedoel is betaal jy vir al jou bokke of net die wat jy van die plaas af wegneem?
Waar ons geskiet het vat jy wat jy skiet, ek weet nie of daar ander plase is wat dalk by jou sal oorkoop nie. Teen die prys wat ons geskiet het hou ek elk geval alles wat voor my "Nessie" val ;D

Ons het R27/kg betaal met vel aan, ramme was gemiddeld tussen 20-24kg en ooie 14-18kg.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Sat Jul 12, 2014 11:57 am
by slagdop
Hoekom ek so vra is dat die plaas waar ek elke jaar skiet , die boer vra dat ons so veel moontlik moet skiet en die wat ons nie vat nie hy 'n afset voor het. Ek weet nou nie wat verder in die toekoms gaan gebeur nie met die nuwe wetgewing. Sal moet uitvind of sy plaas slaghuis geregistreer is.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:49 am
by jamalley
Ek kan getuig dit was baie koud, want ek was self daardie naweek op 'n voorsit jag in ide Prieska /Vosburg omgewing.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:54 am
by Marc
jamalley wrote:Ek kan getuig dit was baie koud, want ek was self daardie naweek op 'n voorsit jag in ide Prieska /Vosburg omgewing.
Jammer ons het mekaar nie raakgeloop nie ;D Paar van ons manne het die naam hoog gehou op die dorp >:+

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 9:03 am
by FCLoretz
Dankie vir die deel Marc. Lyk sommer heel spiekeries

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 11:18 am
by tau
Lekker man!!!

Die Silencer maak 'n helse verskil en daai eerstebok wat met 'n kopskoot val maak dat no.2 hom so aankyk of hy mal is en dan kap jy hom ook no.3 besef gewoonlik teen hierdie tyd dat dit slim sal wees om eerder weg te kom voor hy ook omval.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:43 pm
by Marc
tau wrote:Lekker man!!!

Die Silencer maak 'n helse verskil en daai eerstebok wat met 'n kopskoot val maak dat no.2 hom so aankyk of hy mal is en dan kap jy hom ook no.3 besef gewoonlik teen hierdie tyd dat dit slim sal wees om eerder weg te kom voor hy ook omval.
As mens hulle van agter af begin bymekaar maak kan 'n man ook nogal 'n mooi trossie bokkies bymekaar maak ;D

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:56 pm
by G-force
Marrc dit lyk na n baie lekker jagplek.Baie geluk aaan julle!

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 9:28 pm
by JPS
Baie geluk Marc,

Jy is gelukkig om in daai groepie in te om lyk of die manne om mooi sal oppas.

Mooi bokke wat julle geskiet het.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Mon Jul 14, 2014 9:35 pm
by Marc
Dankie manne, dis 'n baie lekker plek

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Tue Jul 15, 2014 9:20 am
by Johannes Schoeman
Baie mooi storie, laat weet hoe smaak die springbokke van daai wereld.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Tue Jul 15, 2014 9:28 am
by Varmint King
Dankie vir die storie Mark..

Dit klyk sommer baie lekker... juk my vinger sommer

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Tue Jul 15, 2014 9:32 am
by Frederik
Baie geluk en dankie vir die deel van die ondervinding.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Tue Jul 15, 2014 9:45 am
by BRNO (Pierre)
Lekker ou maat!! Julle het mooi gemaak.

Ek het ook vroeer die jaar op n ander plaas my eerste werklike voorsit jag gehad, en stem saam dis darrem vir jou n lekker gedoente. Ekself sal ook weer dit wil doen volgende jaar.

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Tue Jul 15, 2014 12:03 pm
by Peet M
Hallo
Hoeveel mense was julle gewees.Dit lyk baie lekker sal graag daar wou wees

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Fri Aug 15, 2014 6:47 am
by Jan-Hendrik
SHOE DIT LYK NA N VREK LEKKER PLEK DAAI.BAIE GELUK MAN

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Fri Aug 15, 2014 8:00 am
by vriell
So moet 'n voorsit jag mos werk ! Mooi gedoen....

Re: Vosburg Voorsit 2014

Posted: Fri Aug 15, 2014 8:46 am
by jamalley
Marc, ek is volgende naweek weer oppad in daai rigting