Vergun my gou die geleentheid om bewyse te lewer vir die rede van my afwesigheid hier die laaste twee weke
Ons was bevooreg om by Oom Jan Vos van Vosburg te gaan Springbokke voorsit, van die lede van ons groep doen dit al jare en is hulle al huis vriende, maar vir my was dit my heel eerste properse voorsit. En wat ‘n belewenis was dit toe nie
Ek moet begin deur vir Petrie van Grey Gost Gear my mees opregte dank te betuig vir sy puik diens en top klas produkte. Hy het vir ons uitrusting gesorg en jare se herineringe gaan vasgegryp bly in daai keps en hemp maat. Tot my spyt het ons nooit ‘n mooi groep foto kon neem nie….dit was net eenvoudig te koud om di manne te maak stilstaan vir vyf minute
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/85a9fc23-cea4-4ec4-941c-4f37e06193dd_zps723380c5.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0546_zps460670ae.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0545_zpse3b440a2.jpg
Met ons aankoms was ek weg geslaan deur die netheid en gasvryheid by die deur, orals was werkers besig om te vee en skoon te maak. Selfs die skietpunt se gronde is gehark en alles staan n doel waar hy staan. Oom Jan het uit sy pad gegaan om ons welkom te laat voel. Nog iets waarvoor ek baie respek het is dat Oom Jan die eerste aand saam ons kom sit het en die reëls duidelik aan ons opgelê het. Daar was maar geen onduidelikheid oor hoe dinge gaan afloop nie. Elke man sorg dat hy sy eie stoel uitkies tussen die meer as genoeg wat beskikbaar is.
Die skietbaan is eersteklas en alles was reeds uitgesit toe ons arriveer, jy bring net jou roer saam.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0558_zpsb56f9000.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0559_zps0fbc8a51.jpg
Die verblyf is in ‘n ou plaas huis met 6 slaapkamers waarvan een on suite is, ‘n voorhuis, eetkamer, kombuis en groot kuier area met braai en kroeg.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0567_zps4edbbbc0.jpg
So breek dag een aan ons is sonop in die veld, binne ‘n halfuur is tien man elkeen in sy baie noukeurig geplaasde vooraf geboude “skuiling” afgesit en daar is twee manne te perd wat constant sorg die bokke nie in dooiemans land vashaak nie. Jy los ook jou bokke waar hulle lê en as die ruiters omkom beduie jy waar hulle geval het en die manne sny gou keel, trek die pens en skuif die karkas onder ‘n bossie in. Die kampe is groot en daar is meer as genoeg veilige skiet vlakke by elke punt. Die skuilings is behoorlik gebou met bossies wat natuurlik daar voorkom en is so 1m hoor. Geen bok gaan jou gewaar daar binne nie, weereens ‘n testament na hoe fyn die hele jag werklik beplan is. Geen detail is oorsien om die bokke te probeer uitoorle nie.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0605_zps38d9f546.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0570_zpsdffc7a1f.jpg
Die skiet is was baie lekker, bokke het kort kort omgekom en was skote nie werklik verder as 150m nie. Ek het met my .243Win met ‘n KD geskiet en kon met elke rondte minimum twee bokkies uitsoek. By hierdie tiepe van jag kom ‘n Knal demper tot sy absolute reg en wil ek amper sê dis ‘n noodsaaklikheid as jy baie bokke vinnig wil afhaal.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0583_zps33ca99c5.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0579_zpsf54f9366.jpg
Bokke word elke twee ure of so opgetel deur die bakkie en na die slag area geneem wat in die hoek van die kamp onder ‘n paar verdwaalde Peperbome geskied. Vinnig vinnig is die karkasse skoon en agter op die ander bakkie toegegooi onder ‘n seil. Die was een van die bes georganiseerdste jagte waarop ek nog was. Hy loop soos ‘n masjien.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0596_zps417cb674.jpg
Kyk min dinge wen 'n vars Springbok lewer oor die kole
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0580_zpsa4065cf2.jpg
Die nadeel is dat die plaas baie gesog is en die manne wat hier kom is manne wat elke jaar terugkom, jou enigste hoop om hier reg te kom is om soos ek aan te sluit by ‘n reeds bestaande bespreeking.
My eerste Voorsit was ‘n goue ondervinding en ek gaan verseker weer so iets aanpak in die toekoms
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0598_zpscae415ac.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0606_zpsa05cde29.jpg
En ons kon ons naam op die muur kry, of dit 'n goeie ding was weet ek nie
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Vosburg%202014/IMG_0613_zps16345a6f.jpg
